Omdat jong Bothma, alles in ag genome, ’n berede polisieman in ’n kakie uniform was, met geelkoperletters op sy skouers, het ons ’n mate van gestremdheid in sy geselskap gevoel. Die feit dat ons nie juis so op ons gemak gevoel het nie, is gemanifesteer op die manier wat ons op ons riempiestoele gesit het – ’n bietjie meer gespanne en stywer as gewoonlik, met ons skouers wat nie eintlik aan die rugkant van die stoele geraak het nie. Dit kon ook gesien word op die ongewone manier wat Gysbert van Tonder as geskik beskou het – hy het uitgestrek op sy sitplek gesitlê. Dit was ’n geveinsery van geestelike tevredenheid wat enige polisieman met ’n bietjie ervaring, agterdogtig sou maak.
Dit was toe dat Chris Welman ’n opmerking gemaak het wat baie daartoe gehelp het om die spanning te verlig. Daarná, toe ons daaroor gepraat het, moes ons sê dat ons nie anders nie kon as om die manier wat Chris Welman die regte woorde gekies het, te bewonder. Natuurlik nie dat daar eintlik juis iets slims was op die manier wat Chris Welman gepraat het nie.
O nee, ons het almal gevoel dat die stelling wat Chris Welman toe gemaak het, iets was wat maklik binne die vermoë van enigeen van ons was. As ons net sou kon teruggesit, ’n bietjie gedink en ons gesonde verstand gebruik het – sou die opmerking van nature enigeen wat lank genoeg op ’n plaas gewoon het, te binne geskiet het.
“Die man oor wie jy regtig vrae moet vra,” het Chris Welman aan konstabel Bothma gesê, “is Gysbert van Tonder. Dis hy daardie, wat daar sit met sy bene oor die helfte van die vloer, met sy hande agter sy kop en sy elmboë uitgestrek. Deur net te kyk hoe hy daar sit, kan jy sien hy’s die grootste beessmokkelaar in die distrik.”
Wel, daaroor het ons almal lekker gelag. Want almal het geweet dat Gysbert van Tonder meer beeste oor die grens gesmokkel het as enige ander man in die Marico. Verder het ons geweet dat Gysbert van Tonder se pa gereeld beeste uit Ramoutsa, van anderkant die lyn af, ingebring het. Dit was selfs voor daar ’n behoorlike doringdraadheining was. En ons het ook geweet dat, in die jare wat nog sou kom, wanneer ons almal dood en vergete sou wees, Gysbert van Tonder se seuns nog steeds dieselfde ding sou doen.
Dit wat Chris Welman gesê het, het die gespanne stemming vir ons almal verlig – ook vir Gysbert van Tonder. Gevolglik kon Gysbert van Tonder, vereers, gemakliker en meer ontspanne in sy stoel wees, soos hy daar gesit het. Dit was nie vir hom nodig om langer so ’n ongeërgde houding in te neem nie. Daar moes nogal baie druk op sy nek- en beenspiere gewees het, om nie eers te praat van hoe swaar dit vir sy rugstring moes gewees het, om die liggaamshouding te handhaaf wat veronderstel was om sy traak-my-nie-agtigheid te toon te stel nie.
Ewenwel, Gysbert van Tonder het saam gelag oor dit wat Chris Welman gesê het.
En konstabel Bothma het ook gelag. Uit die manier wat hy gelag het, was dit duidelik dat die sersant by Bekkersdal vir hom gesê het om ’n ogie op Gysbert van Tonder te hou.
~
Daarna was dit oupa Bekker wat gepraat het. En hoewel sy storie verband gehou het met die gryse verlede, toe die werksverrigtinge van ’n polisiekonstabel nog deur die plaaslike veldkornet voorgeskryf was (klaarblyklik nogal suksesvol), het dit gelyk of die probleme wat konstabel Bothma ervaar het, nie juis anders was as die lotgevalle van die jong veldkornet in oupa Bekker se storie nie.
“Baie kêrels sou tevrede gewees het met die posisie van veldkornet,” het oupa Bekker gesê, “oor die eer wat in daardie dae daarmee saamgegaan het. Want een ding was seker: Selfs as jy nie ’n uniform gehad het nie, of nie ’n kantoor met ’n telefoon nie, of nie ’n beredepolisieperd met ’n wit ster op sy voorkop nie – ’n perd wat met die musiek by die Johannesburgse skou kon tyd hou – en selfs as jy een van jou eie perde met ’n gelapte saal moes ry, of ook met ’n broek wat op die sitvlak gelap was, het jy steeds ’n gedrukte sertifikaat gehad wat deur die president geteken is wat gesê het dat jy ’n veldkornet was. En jy kon daardie sertifikaat in ’n goue raam aan die muur van jou voorkamer hang.”
Maar die glans van rang en die las en druk van amp was nie ’n probleem vir daardie jong veldkornet nie, het oupa Bekker gesê. Wat hom die meeste gepla het, was dat, omdat dit sy werk was om wet en orde te handhaaf, hy op sy medemens moes verklik, hoe netelig ook al. En die gedagte dat hy, as gevolg van sy werk, afgesny was van intieme kontak met die mense om hom, het hom treurig gestem. Hy het daarvan gehou om vriende te hê, maar hy het agtergekom dat hy nie vriende kon hê nie – wel, nie ware vriende nie – nie meer nie, nou dat hy veldkornet was.
“Aan die einde …” het oupa Bekker gesê.
Ons sou verkies het dat oupa Bekker nie aangegaan het tot die einde nie, want die enigste vriend wat die veldkornet gehad het, aan die einde, was Sass Koggel – ’n skobbejak wie se gelyke in die geskiedenis van die Groot Marico daar maar min van was.
Slegs saam met Sass Koggel kon die veldkornet homself wees. Hulle het mekaar aanvaar soos wat hulle was, en in hulle verhouding met mekaar was dit nie nodig vir een van die twee om enigsins te veins en voor te gee nie. Hulle was aan teenoorgestelde kante van die wet.
Ten opsigte van hulle beroepe was die veldkornet daaraan toegewy om Sass Koggel gevange te neem, en Sass Koggel was vasberade dat die veldkornet nooit iets teen hom sou kry nie. Behalwe vir hierdie tegniese punt, egter, sou dit moeilik wees om twee getrouer vriende in die hele Marico te kry.
Dit was ’n lang verhaal wat oupa Bekker vertel het, en ons het met wisselende vlakke van belangstelling en aandag daarna geluister. Maar konstabel Bothma en Gysbert van Tonder het glad nie na oupa Bekker geluister nie. Hulle was te verdiep in wat hulle vir mekaar te sê gehad het. En terwyl hy met Gysbert van Tonder, die beessmokkelaar, gepraat het, was dit nodig vir die jong Bothma, die polisieman, om sy polisienotaboekie net een keer oop te maak.
Konstabel Bothma het sy notaboekie oopgemaak om ’n foto daaruit te haal wat hy aan Gysbert van Tonder oorhandig het. Gysbert het die ooreenkoms vir ’n paar oomblikke goed beskou, en toe gevra: “Trek na jou, nè?”
En in sy stem was daar slegs opregtheid.
Uit Bushveld Romance
deur Herman Charles Bosman
Dis ’n vreemde ding – het oom Schalk Laurens opgemerk – hoeveel moeite mense sal doen om hulle swakhede van die wêreld af weg te steek. Dikwels, natuurlik, is dit glad nie eers swakhede nie; dis net dat die mense wat hierdie eienaardighede het, dit nie weet nie. Nog iets wat hulle nie weet nie, is dat die wêreld die hele tyd bewus is van die dinge wat hulle dink hulle wegsteek.
Ek onthou ’n storie wat my oupa lief was om te vertel – oor iets wat gebeur het toe hy ’n seuntjie was. Natuurlik was dit lank gelede. Dit was voor die Groot Trek. Maar dit lyk of daar selfs in daardie dae baie probleme tussen die Boere en die Engelse was. Dit het baie te doene gehad met die slawe. Die Engelse regering wou die slawe vrystel, het my oupa gesê, en een man wat baie prominent was by die vergaderings wat gehou is om daarteen te protesteer, was Gert van Tonder.
Dit was so dat Gert van Tonder ’n baie knap kêrel en ’n goeie spreker was. En hy was dan ook op sy allerbeste wanneer hy oor ’n saak gepraat het waarvan hy niks geweet het nie. Dan het hy baie hard gepraat. Soos jy kan sien, was hy ’n goeie leier.
En so, toe die slawe vrygestel is, en ’n manifesto opgetrek is om aan die koning van Engeland gestuur te word, het die Boere van Graaff-Reinet dit eers na Gert van Tonder toe geneem vir sy handtekening.
Jy kan jou voorstel hoe verras almal was toe hy geweier het om dit te onderteken. Hy het daar gesit met die manifesto voor hom, en die pen in die hand, en hy het gesê dat hy van besluit verander het. Hy het gesê dat hulle miskien ’n bietjie oorhaastig was om aan die koning van Engeland oor so ’n onbelangrike saak te skryf.
“Selfs al is die slawe nou vry,” het hy gesê, “maak dit glad nie saak nie. Laat net een van my slawe optree asof hy vry is. Ek sal hom wys. Laat hy net probeer.”
Die plaasboere het vir Gert van Tonder gesê dat hy heeltemal reg was. Dit het nie regtig saakgemaak of die slawe vry was of nie. Hulle het gesê dat hulle dit reeds geweet het. Maar daar was ’n hele klomp ander griewe in die manifesto, het hulle verduidelik, en hulle wou dit aan die koning van Engeland stuur sodat hy kon weet dat, as die onregte teen hulle nie reggemaak word nie, hulle uit die Kaapkolonie sou wegtrek.
My oupa het altyd gesê dat almal nog meer verbaas was toe Gert van Tonder die pen neergesit het, heel ferm en beslis, en aan die Boere gesê het dat hulle maar kon trek, reg tot aan die anderkant van Afrika vir al wat hy omgee. Hy was heeltemal tevrede met die manier wat die koning van Engeland dinge gedoen het. Gert het gesê dat daar baie omtrent die Engelse bestuur was waarvoor hulle almal dankbaar behoort te wees.
Die uiteinde van al dié gebeure was dat, toe die Boere uit die Kaapkolonie weggetrek het, noorde toe, met hulle swaargelaaide waens, en hulle lang spanne osse, en hulle gewere, Gert van Tonder nie saam met hulle gegaan het nie.
My oupa het dikwels gepraat van hoe ’n nietige ding dit was wat Gert van Tonder daarvan laat weerhou het om in die geskiedenis as een van die leiers van die nasie onthou te word. Dit was alles as gevolg van een swakheid van hom – hy wou nie dat die mense moes weet dat hy nie kon lees of skryf nie.
Wanneer ek praat van mense en hulle eienaardighede, laat dit my altyd dink aan Stoffel Lemmer. Hy het ’n heel ander soort swakheid gehad. Wat so eienaardig van Stoffel Lemmer was, was dat as ’n meisie, of ’n vrou, net na hom sou gekyk het, hy seker was dat sy op hom verlief was. En wat dit erger gemaak het, was dat hy nooit die moed gehad het om na die meisie toe te gaan wat hy gedink het met hom ogies gemaak het nie.
’n Verdere vreemde ding van Stoffel Lemmer was dat hy net so verlief op die nooi was as wat hy hom verbeel het sy op hom was.
~
“Ek kon aan die kyk in Minnie Bonthuys se oë sien dat sy lief was vir my, oom Schalk,” het Stoffel Lemmer weer op ’n keer aangegaan, “en op die ferme manier wat sy haar mond toegemaak het wanneer sy my raakgesien het. Dis ’n feit dat ek nie eintlik kan sê dat sy na my gekyk het nie. Dit het alles so vinnig gebeur. Sy het net so ’n vinnige blik in my rigting gegee, en toe die venster toegeklap. Al die meisies wat op my verlief raak, doen dieselfde ding.”
Dit was maar net een voorbeeld van die soort goed wat Stoffel Lemmer aan my vertel het daar waar ons op my stoep gesit het. Dit was meestal in die aande. En dan sou hy in die skemerte uitkyk en sê, dat die skaduwees wat oor die doringbome gelê het, ook in sy hart was. Soos ek vir jou gesê het, ek het hom dikwels presies dieselfde ding hoor sê. Oor ander meisies.
Dit het altyd op dieselfde manier geëindig – met hy wat sê dat dit so ’n droewige ding was dat hy haar nooit sou kon vertel hoe lief hy haar gehad het nie. Hy het ook gesê hoe dankbaar hy was dat hy iemand soos ek gehad het wat na sy treurige storie sou luister, en wat hom verstaan het. Dit het ek ook al voorheen gehoor. Al baiemaal.
Wat vra jy? Het hy haar al ooit vertel? Wel, ek weet nie.
Die laaste keer wat ek Stoffel Lemmer gesien het, was in Zeerust. Dit was voor die kerk, net na die seremonie. En met die vasbeslote uitdrukking wat Minnie nog steeds op haar gesig gehad het toe die huweliksgaste die rys en konfetti oor haar en Stoffel gegooi het – nee, ek dink nie hy het ooit die moed bymekaar geskraap om haar te vertel nie.
Die Britse Ryk se Parlementêre Vereniging is ’n liggaam waarby enige Parlementslid binne die statebond geregtig is om aan te sluit. Dit borg welwillendheidsreise na verskeie dele van die empire, en vir 1935 was Groot Brittanje die plek van byeenkoms. Al die dominiums en Indië is gevra om afgevaardigdes te stuur. Elke parlement het sy eie verteenwoordigers verkies en ons parlement het ses genomineer. Ek is aangewys om hulle as leier te vergesel, en ek was glad nie onwillig nie, want sedert die Groot Oorlog was ek nog nie weer oorsee nie.
~
In Londen is ek luuksueus as ’n gas van die staat by Grosvenor House geïnstalleer. Ek is ’n luukse suite, met die Unie se wapenskild in kleur bokant my deur, aangewys.
Een van my eerste besoekers was ’n militêre man met grys hare wat Lord Vivian blyk te gewees het. Ek het hom laas in 1901 in ons geveg teen die 17de Lansiers gesien, toe hy gewond tussen die rotse gelê het. Na aanleiding hiervan het hy my as ’n erelid by Brooks geregistreer. Dit was die oudste klub in Londen en hy het gereeld daar ingeloer om te gesels.
’n Week later het die res van die Suid-Afrikaners en die Dominiumlede daar aangekom, en toe het afsprake om besienswaardighede te besoek, en toesprake en funksies wat gevolg het daartoe bygedra dat die gawe gasvryheid ons amper oorrompel het. Antieke gildes het ons in hulle gildehuise onthaal en ons het uit goud en silwer borde wat uit die Cromwelliaanse oorloë gedateer het, ons aandete geniet.
Ons het die House of Commons bygewoon en is na ’n honderd en een ander interessante plekke geneem. Ek was twee keer na Buckingham Paleis ontbied en twee keer moes ek ’n pluiskeil opsit en ’n manel aantrek, en in hierdie ongewone gewaad het ek ’n oudiënsie met sy majesteit koning George V gehad.
Hy het my vertel dat hy my boeke, Commando en Trekking On, langs sy bed in Windsor Castle gehou het, en hy het aangebied om die Distinguished Service Order aan my toe te ken. Dit was nie vir my moontlik om dit te aanvaar nie, want die Nasionale regering het in 1926 ’n wet bekragtig wat burgers van die Unie verbied het om eretekens te ontvang. Ek het die Prins van Wallis een of twee keer by St James se paleis gesien. Hy het gespannender as ooit voorgekom, en nooit kon ek dink dat ek eendag, op ’n manier, in oordeel oor hom sou sit nie.
Daar was ’n Suid-Afrikaanse krieketspan in Engeland wat op daardie stadium reeds ’n toetswedstryd gewen het. Tydens ’n noenmaal by Claridge’s het ek op ’n heildronk beantwoord deur te sê dat ek daardie oggend in die straat ’n koerantplakaat gesien het met die woorde: “Engeland staar ’n ramp in die gesig”. Verhoudinge met Mussolini was gespanne as gevolg van die Abessiniese avontuur en ’n opgewonde Fransman het uitgeroep: “Liewe hemel, dit beteken oorlog met Italië!” Dit was egter maar net die stand van die kriekettelling.
Op ’n ander geleentheid het so omtrent dertig van ons voor Grosvenor House gestaan en wag op karre wat ons moes optel om na verskeie plekke geneem te word. ’n Hele paar seuns en meisies het daar rondgestaan elkeen gewapen met ’n handtekeningboek en ’n vulpen.
Ons het gedink dat die kinders besef het dat die Ouere Staatsmanne van die Empire hulle in die stad bevind het, en ons het heel selfbewus vir die jongspan gewag om genoeg moed bymekaar te skraap om ons vir ons handtekeninge te vra. Na ’n rukkie het die handtekeningjagters nog steeds daar eenkant gestaan totdat daar ten einde laaste ’n pragtige jongedame haar verskyning uit die hotel gemaak het. Sy was ’n filmster en onmiddellik was sy omring deur haar bewonderaars met hulle boeke en penne in gereedheid. Ons het ietwat bedremmeld en skaapagtig in ons karre geklim.
Ons het deur baie dele van Engeland en Skotland getoer. In Glasgow het die vrugteverspreidingsindustrie my met ’n banket onthaal, uit hoofde van my amp as minister van Landbou in beheer van die uitvoer van produkte uit Suid-Afrika. Ek het die gewone toespraak afgesteek en onder andere melding gemaak van verkoeling, bemarking, verpakking en ander verwante onderwerpe. Ek het verder aangegaan en hulle vertel hoe my pa sy jeug in Skotland deurgebring het, en omtrent sy groot bewondering vir Robert Burns. Ek het hulle vertel dat hy baie van Burns se gedigte in Afrikaans vertaal het, en ek het hulle ook vertel dat, as ’n klein seuntjie, ek onder die indruk was dat die gedigte deur my pa in Afrikaans geskrywe was, en dat ’n kêrel met die naam van Burns, dit in swakkerige Engels vertaal het.
Hulle het dié storie baie geniet. Dit het daartoe gelei dat ek per motor na Ayr toe geneem is om daardie middag die Burns Cottage en die Burns museum te besigtig. Die eerste ding wat ek met die inloopslag gesien het, was ’n verbleikte manuskrip agter glas. Ek kon my oë nie glo nie, want die dokument was in my pa se handskrif. Dit was my pa se vertaling van Tam O’ Shanter. Die kurator kon nie verklaar hoe dit daar beland het nie, behalwe vir die feit dat ’n dame uit Kaapstad dit jare gelede daarheen aangestuur het.
Ek het omgedraai en aan die vriend wat my van Glasgow gebring het, gesê: “Jy sien, het ek jou nie vertel dat my pa daardie strofes in Afrikaans geskryf het nie? en hier is dit nou.”
Dit was ’n reuse sukses.
Uit Mampoer
deur Herman Charles Bosman
Dit was ’n goeie mampoer, gemaak van kareebessies, nog halfgroen en vol dik sap, wat gepluk was net voordat verbleking begin het, en ons het dinge gesê wat veel wysheid bevat het.
“Dit was soos die skaduwee van ’n blommetjie op haar linkerwang,” het ek Hans Kriel hoor sê, en onmiddellik het ek my ore gespits om te luister, want ek het geraai van wie hy gepraat het.
“Is dit op die onderste deel van die wang?” het ek gevra. “Twee klein pers merkies?”
Want in daardie geval sou ek verseker weet dat hy van die nuwe kafeemeisie in die Zeerust-kafee gepraat het. Ek het haar nog net een keer gesien, deur die spieëlruit, en omdat haar voorkoms vir my aantreklik was, het ek na die toonbank toe gegaan en vir ’n rol boertabak gevra, wat sy toe gesê het hulle nie in voorraad gehad het nie. En toe sy gesê het dat hulle ook nie koedoebiltong in voorraad gehou het nie, was ek te verleë om vir enigiets anders te vra. Eers daarna het ek daaraan gedink dat ek mos kon ingaan, gaan sit het en ’n koppie koffie en ’n paar harde beskuite bestel het. Maar toe was dit te laat. Ek het gevoel dat sy teen daardie tyd kon sien dat ek van hierdie deel van die Marico afkomstig was, hoewel ek my hoed redelik ver agter op my kop gedra het.
“Het jy – het jy met haar gepraat?” het ek na ’n rukkie vir Hans Kriel gevra. “Ja,” het hy gesê, “ek het ingegaan en haar vir ’n rol boertabak gevra, maar sy het gesê dat hulle nie roltabak verkoop nie en ook nie koedoebiltong nie. Die laaste paar woorde het sy so ietwat smalend gesê. Ek het gedink dat dit nogal snaaks was, want ek het nie vir koedoebiltong gevra nie. Ek het toe daar voor by ’n klein tafeltjie gaan sit en ’n paar harde beskuite en ’n koppie koffie bestel. Sy het my ’n paar klein, droë, plat koekies met letters daarop gebring; die letters kon ek nie mooi lees nie. Haar naam is Marie Roussouw.”
“Jy moes ’n hele klomp goed vir haar gesê het om haar naam te kon uitvind,” het ek gesê, met iets in my stem wat Hans Kriel agterdogtig moes gemaak het.
“Hoe weet jy van wie ek praat?” het hy skielik op aangedring.
“Ag nee wat, dit maak nie saak nie, kom ons vra vir Krisjan Wilman om ons glase weer vol te maak.”
Ek het vir die ander geknipoog en ons het almal gelag, want teen hierdie tyd het Hans Kriel half skuins op die riempiesbank gesit, met sy skouers baie hoog opgetrek, en dit het gelyk of sy hele liggaam op sy een elmboog gerus het. Dit was nie lank daarna nie dat hy sy elmboog geskuif het, sodat ons hom van die vloer af moes optel en na die voorkamer toe moes dra, waar ons hom in ’n hoek op ’n paar luiperdvelle laat lê het.
Maar voor dit gebeur het, het hy nog verder oor Marie Roussouw, die nuwe meisie in die kafee, gepraat. Hy het gesê hy het daar verbygeloop en haar deur die spieëlruit gesien, en daar was ’n blompot met pers blomme op die toonbank, en hy het twee merkies op haar wang raakgesien, en die twee merkies het vir hom baie mooi gelyk, soos twee klein skaduweetjies van die pers blomme.
“Sy is baie mooi,” het Hans Kriel gesê. “Haar oë het diep dinge in hulle, soos daardie donker poele agter Abjaterskop. En toe sy een keer vir my geglimlag het – ek dink per ongeluk – het dit gevoel of my hart oor die vlaktes gesnel het soos die skaduwee wat ons met sononder gesien het.”
“Jy moet lig loop vir daardie donker poele agter Abjaterskop,” het ek hom gewaarsku, “ons weet daardie poele het hekse in hulle.”
Ek het gevoel dat dit ’n jammerte was dat ons hom kort daarna binne toe moes dra. Want die mampoer het begin om Hans Kriel behoorlik aan die praat te kry.
Soos dit toe gebeur het, was Hans Kriel nie die enigste een wat daardie aand probleme met die riempiesbank opgetel het nie. ’n Hele paar van ons is binne toe gedra. En wanneer ek terugdink aan daardie Nagmaal, is my helderste herinneringe nie wat die predikant by die kerkdiens gesê het nie, of selfs nie oor Krisjan Wilman se mampoer nie, maar hoe baie rond die swart kolle op die bleekgeel luiperdvel was. Hulle was so rond dat hulle, elke keer wat ek na hulle gekyk het, aan die tol was.
In die oggend het Krisjan Wilman se vrou ons wakkergemaak en vir ons koffie gebring. Ek en Hans Kriel het langs mekaar op die luiperdvelle gesit, en so tussen die gedrink van sy koffie deur, het Hans Kriel vreemde dinge gesê. Hy was nog steeds besig om oor Marie Roussouw te praat.
“Net na sononder die aand het ek van die voorstoep af opgestaan en haar by die kafee gaan sien,” het Hans Kriel gesê.
“Dit mag so wees dat jy van die voorstoep af opgestaan het,” het ek geantwoord, “maar jy het nooit van hierdie luiperdvelle af opgestaan nie. Nie van die oomblik af wat ons jou hierheen gedra het nie. Dis die waarheid.”
“Ek het na die kafee toe gegaan,” het Hans Kriel my geïgnoreer en gesê, “en dit was baie donker. Sy was alleen daar. Ek wou uitvind hoe sy daardie merkies op haar wang gekry het. Ek het gedink sy is baie mooi selfs sonder hulle. Maar met daardie merkies is Marie Roussouw die wildste en die pragtigste ding in die hele wêreld.
“Ek veronderstel sy het haar wang gesny toe sy ’n kind was,” het ek voorgestel. “Miskien toe ’n bottel van haar pa se mampoer ontplof het.”
“O nee,” het Hans Kriel in alle erns geantwoord. “Nee, dit was iets anders. Toe ons daar alleen saam in die kafee was, het ek haar gevra. En skielik het dit gelyk asof die hele plek met maanlig verlig was, en tussen ons was daar nie meer ’n toonbank nie, en daar was ’n vreemde lag in haar oë toe sy haar gesig naby myne gebring het. En sy het gesê: “Ek weet jy sal my nie glo nie. Maar dit is waar die duiwel my gesoen het. Satan het my daar gesoen toe ons agter Abjaterskop was. Moet ek jou wys?”
“Dit was wat sy aan my gesê het,” het Hans Kriel voortgegaan, “en ek het toe geweet dat sy ’n heks was. En dit was ’n lelike, sondige ding om op ’n heks verlief te wees. En toe het ek haar in my arms geneem, en gefluister, terwyl ek die hele tyd aan die bewe was: ‘Wys my,’ en ons koppe het hoog op deur die skaduwees uitgestyg. En alles het baie vinnig beweeg, vinniger as die skaduwees van Abjaterskop met sononder. En ek het geweet dat ons agter Abjaterskop was, en dat haar oë inderdaad donker poele was, met lang riete wat aan die some groei. Toe het ek Satan tussen ons sien inkom. En hy het hoewe en ’n gevurkte stert gehad. En daar het vlamme by hom uitgekom. En hy het vooroor gebuig en Marie Roussouw op haar wang gesoen, daar waar daardie merke was. En sy het gelag. En haar oë het van opgeruimde plesier gedans. En ek het ontdek dat dit die hele tyd ek was wat haar gesoen het. Nou wat dink jy daarvan, Schalk?”
Ek het natuurlik gesê dat dit die mampoer was. En toe het ek geweet waarom ek so ongemaklik geslaap het. Dit was nie die kolle op die luiperd wat soos wiele gedraai het nie, maar omdat dit Satan was wat die hele nag daar langs my geslaap het. En ek het gesê dat dié ontdekking ook nie vir my iets nuuts was nie. Ek het altyd so iets van hom vermoed.
Maar ek het ’n plan gekry. En terwyl die ander met ontbyt besig was, het ek uitgegaan met die voorwendsel dat ek Manie Burghers moes gaan help om sy osse by die kerkplein uit te span. Maar in plaas daarvan het ek na die kafee toe gegaan, en omdat ek geweet het haar naam was Marie Roussouw, kon ek die kafeemeisie gevra het, toe sy gekom het om my bestelling te neem, of sy familie was van die Roussouws van Rysmierbult, en ek kon haar vertel dat ek ook so vêraf verwant was aan daardie familie. In die daglig was daar niks van die snaaksigheid aan die kafee waarvan Hans Kriel gepraat het nie. Alles het heel normaal en alledaags gelyk. Selfs die pers blomme was nog op die toonbank. Hulle het so ’n bietjie verwelk gelyk.
En toe skielik het ons aan die praat geraak, en ek het haar die ding gevra wat ek gebrand het om te weet.
“Daardie merk op jou wang, juffrou,” het ek gesê, “kan jy my vertel waar jy dit vandaan gekry het?”
Marie Roussouw het haar gesig baie na aan myne gebring, en haar oë was soos donker poele met lig wat in hulle dans.
“Ek weet jy sal my nie glo nie,” het sy gesê, “maar dit is waar Satan my gesoen het. Toe ons saam agter Abjaterskop was. Moet ek jou wys?”
Uit No Ouspan
deur Deneys Reitz
Dit het gelyk of ons in Suid-Afrika ook ’n gevaarlike situasie in die gesig gestaar het. Italië het 200 000 soldate in Abessinië gehad en ons het verwag dat hulle op die punt gestaan het om Kenia binne te val, en mettertyd ons eie land, want ten tyde was daar nie veel wat gedoen kon word om hulle te stop nie. Kenia het ’n paar bataljonne Askari’s gehad, en aan die begin van die oorlog het die Suid-Afrikaanse weermag tot ’n groot mate net op papier bestaan, hoewel generaal Smuts koorsagtig aan die werk was om ’n nuwe weermag op die been te bring, en vrywilligers het heel entoesiasties aangesluit.
Intussen het die rassistiese Afrikaner-ekstremiste openlik gejubel oor die terugslae wat die Britte getref het. In die parlement en regoor die land het hulle verkondig dat Engeland slegs ’n stuiptrekkende kadawer was, en dat Hitler binne ses weke sy vredesvoorwaardes in Londen sou stel. Die Britse Empire was aan die verbrokkel en hulle was van plan om ’n Afrikaner- diktatorskap te skep en generaal Smuts en sy volgelinge sou daarna, volgens gestapo-riglyne, tot verantwoording geroep word.
En ’n vreemde beweging het ontstaan om hierdie bedreiging te implementeer. Dit was bekend as die Ossewa Brandwag. Daar is gesê dat hulle ledetal ’n kwartmiljoen getel het en dat hulle gedurende die nag in die geheim gedril het en dat hulle hulself besig gehou het met bomgooiery, sabotasie en ander ondermynende optrede – wat heel vreemd aan die normale karakter van die Afrikaanse mense was. Hulle voorneme was openlik om ’n organisasie te stig wat op die Nazi-sisteem gemoduleer was, en wat beheer sou oorneem die oomblik wanneer Groot Brittanje oorrompel is.
Generaal Smuts en ek en die meeste van ons kollegas het die mening gehuldig dat ons Afrikaanssprekende burgers uiteindelik te verstandig sou wees om permanent op ’n dwaalspoor gelei te word deur dié vreemdsoortige propaganda. Uit ervaring het ons gevoel dat, in ’n land soos die Unie, dit ’n fout sou wees om martelaars op ’n goedkoop manier te skep, en dus het ons die Ossewa Brandwag en ons teenstanders vryheid van beweging gegee. Hulle oordrewe rassistiese geesdrif het vir ons na bygelowige betowering geklink soos iets wat mens in Lagos en die Goudkus sou kon vind.
Nie almal aan ons kant het met ons saamgestem nie, en daar was ’n tyd toe ek dit nie kon durf waag om êrens gesien te word nie sonder dat ’n welmenende, ontstoke en senuagtige persoon op my afstorm en daarop aandring dat elke Ossewa Brandwag-heethoof op die plek geskiet moes word en dat al die lede van die opposisie se parlementslede en die politieke leiers dadelik in die tronk gestop moes word.
Generaal Smuts het my vertel dat hy soortgelyke dringende versoeke moes verduur, en dat sy reaksie gewoonlik was: “Los dit aan ons oor, los dit aan ons oor; ons weet wat ons doen. Moet asseblief nie oorboord gaan nie.”
Ons is mettertyd deeglik in die gelyk gestel. Nou (in 1943) het die Ossewa Brandwag so te sê verdwyn, en die verskeie republikeinse groepe wat skielik verskyn het met die hoop op ’n spoedige Duitse oorwinning, is op die oomblik besig om so met mekaar te redekawel dat ons skaars aan hulle dink.
Ek het deurentyd daarna gestrewe om so ver as moontlik, ons onderlinge stamdwaashede te vermy, maar af en toe was dit tog nodig om daaraan aandag te gee – vir die Suid-Afrikaanse politieke agtergrond se onthalwe. Ek het slegs hierdie finale woord oor die onderwerp. Ons wit populasie is minder as driemiljoen. Hiervan is omtrent 55 persent van Hollandse afkoms, en 40 tot 45 persent is van Britse herkoms. Omtrent die helfte van die Hollandse groep staan afsydig teenoor ons oorlogsywer. Hulle is van mening dat die oorlog alleenlik Groot Brittanje se saak is en dat dit niks met ons te doen het nie, en ons het nie die reg om hulle in die draaikolk in te sleep nie.
Maar tog was iets soos 35 persent van ons soldate en 35 persent van ons ongevalle in Abessinië en Libië, Afrikaners.
En daar is ’n ander lys, en daar mag dalk te kort geskiet word aan goeie smaak en subtiliteit om dit ’n ongevalle lys te noem. Dit is die kennisgewings van verlowings en huwelike tussen Afrikaanse en Engelse paartjies wat daagliks in koerante verskyn. Dit wys daarop dat hulle deurentyd vermeng en ondertrou en dat dit teen ’n verhoogde tempo plaasvind, en teen 1960 of daar rond sal selfs die rassistiese politici hulle nie van mekaar kan onderskei nie.
Dit is my siening van die plaaslike politiek.
Uit Polfyntjies vir die proe
deur C. Louis Leipoldt
Die peulvrugte is miskien die oudste kos wat aan die mensdom bekend is.
My ou Tannie, wat oor my skouer kyk onderwyl ek skryf, skud haar kop.
“Sover ek verstaan,” sê sy op die nare, soetsappige manier wat sy het wanneer sy my wil verpletter, “het ons liewe Heer gesê dat Hy die plante wat saad gee en al die bome waaraan daar boomvrugte is, vir ons gegee het as voedsel. Dit sê mos so in Genesis 1 vers 29.”
“Heeltemal reg, Tannie,” antwoord ek, nie uit die veld geslaan nie, “maar Tannie vergeet dat peulvrugplante ook saadplante is, en die wetenskaplike wysneuse beweer dat nie grasplante, soos koring en rog nie, maar peulvrugplante, soos lensies en ertjies, ons allereerste kos was.”
“Hulle sê baie,” snou Tannie my toe. “Vandag praat hulle oor vitamines, waarvan die Heilige Skrif niks af weet nie. Alles sommer gesegdes.”
“Ek stem volkome saam wat die vitamines betref, Tannie. Maar asseblief nou – ek moet hierdie stuk klaar hê voor vanaand.”
Terloops, Tannie is een van die weinige kokke wat ek ken wat weet hoe om met ertjies te werk. Ek het dit aan haar te danke dat ek tussen ertjies en ertjies kan onderskei en goed die verskil leer ken het tussen ertjies wat die naam werd is en ertjies wat net so goed akkers kon gewees het.
Kook-ertjies, ertjies wat geskik is vir die tafel, is jong ertjies; nie dié wat gewoonlik as kook-ertjies aangebied word en waarvoor ’n mens in hierdie dae van gekontroleerde groente deur jou nek moet betaal nie. Regte kook-ertjies is jonk, sag, maagdelik groen, sappig en mollig. Jy kry hulle gewoonlik net as jy self ’n ertjiery in jou tuin het. Wag nie totdat die peule dik en vet is nie; hoe minder die peul op ’n watersugtige skepsel se dybeen lyk, hoe beter geskik is hy vir die pot. Waak dus sorgvuldig oor die ertjies, en sodra die peule blyk gee dat hulle van plan is om uit te dy, pluk hulle en haal die klein ertjies uit. Dan kry jy jong ertjies soos die kenner hulle verkies; en glo my, daar is geen groente wat by hulle kan kers vashou nie.
Om sulke jong ertjies klaar te maak vir die tafel vereis kundige verstand en wat Tannie noem “’n slag”. Omtrent eersgenoemde stem ek saam. Wat “slag” veronderstel – daaroor kan ’n mens lank redekawel sonder om eintlik tot ’n aanneemlike besluit te kom. Ek weet van ’n ou aia, wat volgens die algemene erkenning van die gesinne vir wie sy as kok gedien het, ’n merkwaardige “slag” gehad het om tertjies pragtig goudgeel te kleur. Toe sy my egter die geheim van haar slag vertel … nou ja, van dié tyd af is ek altyd ’n bietjie senuweeagtig wanneer ek goue tertdeeg op tafel teëkom.
Om terug te keer tot die jong ertjies: moet hulle om hemelsnaam nie was nie. Dit is moontlik dat daar in die peul ’n ruspertjie skuil, maar dan wys jy hom maar net dat hy nie daar hoort nie, en basta. Dit is al wat eintlik nodig is. Sit dan die ertjies in ’n kastrol, met genoeg water – of liewer ’n bietjie goeie vleissop – om hul dors te les wanneer die hitte kom. Maak die deksel toe en laat hulle kook in hul eie vogtigheid sonder enige byvoegsel van watter aard ook al. Om kruisement, suurlemoenskil, neutmuskaat of wat ook al by te voeg, is ’n aanstoot vir hulle en ’n laster op jou eie smaak. En moenie te lank laat kook nie. Heel jong ertjies – en ek praat nou net van hulle – het nie meer as ’n kwatier kookhitte nodig nie. Sodra hulle papsag is, haal hulle van die vuur af, strooi ’n grypie suiker en sout oor en voeg ’n klont botter by – natuurlik van die allerbeste wat daar te kry is. Skud die kastrol, sonder om die deksel af te haal, totdat die ertjies behoorlik geolie is met die botter. Dis dadelik op. Arrie, dis darem een van die puik geregte wat jy ’n gas kan voorsit.
As die ertjies ouer, uitgeswel en meer lywig is, kan die kok hulle ook op hierdie manier voorberei. Inderdaad, dit is die gewone manier om ertjies gaar te maak. Maar die kundige kenner hou nie baie daarvan nie. Die uitgegroeide ertjie het nie die sagte sapperigheid van die baba-ertjie nie, en daarom word hy doodgedruk met kruisement wat die ertjiesmaak oorstelp. Nee, gebruik die mondige ertjie vir sop or puree. ’n Voortreflike sop kan daarvan gemaak word, die sogenaamde Potage St. Germain. Basis daarvan is ’n goeie consommé, liefs van hoenderbene en kalfsvleis. Kook die ertjies op die reeds genoemde manier en stamp hulle fyn. Kook hulle dan ’n halfuur lank in die sop; gooi deur ’n vergiettes en klits tot die sop egaal en ferweelagtig is. Voeg spesery, sout en peper by en laat weer opkook. Sodra dit borrel, voeg ’n koppie room of twee koppies melk by en dis dadelik op met stukkies geroosterde brood.
Sommige kookboeke sê dat die kundige kok hierdie sop moet kleur deur die byvoeging van spinasiesap om dit ’n mooi groen aanskyn te gee, maar ek is bepaald daarteen, net soos ek daarteen is dat ons ooit ertjies of enige groen groente moet affronteer deur dit met koeksoda te kook. Groen-ertjiesop hoef nie blaargroen te wees nie; hoe meer room of melk bygevoeg word, hoe minder groen sal dit wees – maar dit sal nie minder lekker smaak nie.
My ou tannie val my weer in die rede: “Verbeel jou, wie maak nou ertjiesop sonder uie? Jy het mos nie die minste begrip van wat paslik is nie … Hoekom vertel jy nie vir mense …”
Nou ja, daar is ’n sekte van die kokke wat eers gesnipperde uie, ’n gesnipperde prei, ’n skyfie suurappel en ’n snyseltjie foelie in botter braai, dit by die ertjiepuree voeg en alles dan saam as sop opkook. Dit is suiwer ’n kwessie van smaak, en ek is liberaal en verdraagsaam genoeg om so ’n manier van doen nie as ketters te beskou nie. Maar self verkies ek my Potage St. Germain sonder uie en seldery en foelie. ’n Gesamentlike groentesop staan by my hoog aangeskryf … maar dit is eintlik nie ’n groen-ertjiesop nie.
Van ketters gepraat: kettery is, volgens die woordeboeke, die moedswillige verwerping van alomerkende geloofsleerstellings. Daar bestaan nie sulke leerstellings in die kookkuns nie, ander sou daar geen kookkuns wees nie. Deur proefneming en ondervinding leer die kok, en soms deur toeval.
As oom Karools, wat gedurende die vorige oorlog in Frankryk was en daar aangeleer het om kaas oor sy sop te strooi, altyd sy ertjiesop met kaas daaroor eet, dan voel ek nie geneig om hom dadelik in ’n geruit San Benito na die brandstapel te sleep nie. Die kêrel het sy leeftyd en sy eie smaak – en daarmee weer basta.
Maar die smaak van groen-ertjies is uiters karaktervol, en ek ag dit nutteloos en onnodig om dit te probeer “verbeter” deur allerhande by- en toevoegsels.
Dis iets anders as ons met droë ertjies te doen het, maar hulle vereis ’n aparte hoofstuk.
It was a simple story that Gerrit van Biljon told me, and he took a long time over it, and when he had finished with the telling, it was like no story at all. And that was one of the reasons why I liked his story.
‘I am planting bluegum trees,’ Gerrit van Biljon said, ‘in those holes that I am digging. For shade.’
I was speechless.
‘But trees, Neef Gerrit’ I said, ‘trees! Surely the whole Marico is full of trees. I mean, there’s nothing here but trees. We can’t even grow mealies. Why, you had to chop down hundreds of trees to clear a space for your homestead and the cattle-kraal. And they’re all shady trees, too.’
Gerrit van Biljon shook his head. And he told me the story of how he met his wife Sarie on her father’s farm in Schweizer-Reneke, in front of the farmhouse, under a tall bluegum. It was a simple story of a boy and a girl who fell in love. Of initials carved on a white tree-trunk. Of a smile in the dusk. And hands touching, and a quick kiss. And tears. Oh, it was a very simple story that Gerrit van Biljon told me. And as he spoke I could see that it was a story that would go on for ever. Two lovers in the evening, and a pale wind in a tall tree. And Sarie’s red lips. And two hearts haunted for ever by the fragrance of the bluegum trees. No, there was nothing at all in that story. It was the sort of thing that happens every day. It was just something foolish about the human heart.
‘And if it had been any other than a bluegum tree,’ Gerrit van Biljon said, ‘it wouldn’t have been the same thing.’
I knew better, of course, but I did not tell him so.
Then Gerrit explained that he was going to plant a row of bluegums in front of his house.
‘I’ve ordered the plants from the Government Test Station in Potchefstroom,’ he went on. ‘I’m getting only the best plants. It takes a bluegum only twelve years to grow to its full height. For the first couple of years the trees will hardly grow at all, because of the stones. But after a few years, when the roots have found their way into the deeper parts of the soil, the trunks will shoot up very quickly. And in the late afternoons I shall sit under the tallest bluegum, with my wife beside me, and our children playing about. The wind stirring through a bluegum makes a different sound from when it blows through any other tree. And a bluegum’s shadow on the ground has a feeling altogether different from any other kind of shadow. At least, that’s how it is for me.’
Gerrit van Biljon said that he didn’t even care if a pig occasionally wandered away from the trough at the back of the house, at feeding time, and scratched himself on the trunk of one of the trees. That was how tolerant the thought of the bluegums made him feel.
‘Only,’ he added, rather quickly, ‘I only hope the pig doesn’t overdo it. I don’t want him to make a habit of it, of course.’
‘Perhaps I will even read a book under one of the trees, some day,’ Gerrit said, finally. ‘You see, outside of the Bible I have never read a book. Just bits of newspaper and things. Yes, perhaps I will even read a book. But mostly – well, mostly I will just rest.’
So that was Gerrit van Biljon’s story.
~
As he had prophesied, the bluegums, after not seeming to want to grow at all, at first, suddenly started to shoot up, and they grew almost to their full height in something over eight years.
And I often saw Sarie sitting under the tallest tree, with her youngest child playing on the grass beside her, and I was sure that Gerrit van Biljon rested as peacefully under the withaak by the foot of the koppie at the far end of the farm as he would have done in the bluegum’s shade.