Uit Selected Stories
deur Herman Charles Bosman
“Koos Nienaber het verlede week ’n brief van sy dogter, Minnie, gekry,” het Jurie Steyn vir ’n hele paar van ons aangekondig, daar waar ons in sy voorkamer gesit het. Dié kamer het as die Drogevlei poskantoor gedien. “Dis nou al twee jaar dat sy in ’n kantoor in Johannesburg werk. Mens sou nie so dink nie. Twee jaar ...”
“Wat het in die brief gestaan?” het At Naudé hom op die man af gevra.
“Wel,” het Jurie Steyn begin, “Minnie sê dat ...”
Jurie Steyn het gou agtergekom dat ons dit vermaaklik gevind het.
“As dit is hoe julle daaroor tekere wil gaan,” het hy toe uitgevaar, “gaan ek julle niks vertel nie. Ek weet wat julle almal dink terwyl julle op daardie verspotte manier so sit en lag. Wel, laat net een van julle probeer om die posmeester soos ek te wees, so tussen die melkery en ploeëry deur en die ontvang van verkeerde rekeninge van die suiwelfabriek af, en die varke wat die soetpatats uitgrawe – om selfs nie eers te praat van die kalfseisoen nie – en kyk dan hoeveel tyd jy gaan oorhê om ander mense se briewe oop te stoom en te lees.”
Johnny Coen wat nog jonk was en wat meer as net ’n bietjie in Minnie Nienaber geїnteresseerd was, het gou Jurie Steyn se gemoed gekalmeer.
“Jy weet ons skeer op dieselfde manier maar net die gek soos met elke posmeester in die Bosveld gedoen word,” het Johnny Coen gesê. “Ons bedoel niks daarmee nie. Dis sommer net ’n ou grappie.”
~
“Dit moet wees dat Koos Nienaber jou vertel het wat in sy dogter se brief gestaan het,” het Johnny Coen gesê. “Koos Nienaber het seker hier ’n draai gegooi en jou toe vertel. Anders sou jy mos nooit geweet het nie. Ek meen te sê. Jy kon onmoontlik geweet het.”
Dit was presies wat gebeur het, het Jurie Steyn bevestig.
Daarna het Jurie Steyn ons in die fynste besonderhede vertel wat in Minnie Nienaber se brief gestaan het, soos haar pa, Koos Nienaber, dit oorvertel het.
~
“Koos het gesê dat Minnie,” het Jurie Steyn gesê, “dat Minnie – wag, wag net so bietjie – so ja, hier is dit – ek het ou Koos gekry om dit vir my neer te skryf – dat Minnie gepsigo ... gepsigoanaliseerd is. Hier is dit, alles net so neergeskryf – sielsontleding.”
Ek sal nie ontken nie dat ons almal baie beїndruk was. Dit was nou iets waarvan ons nog nooit gehoor het nie. Jurie Steyn het gesien watter uitwerking sy mededeling op ons gehad het.
“Ja,” het hy herhaal, baie seker van homself – en ook sekerder van sy woorde – “Ja, in die goudstad Johannesburg, is Minnie Nienaber gepsigoanaliseerd.”
Ná ’n paar oomblikke van stilte het Gysbert van Tonder van homself laat hoor. Op daardie manier het Gysbert al baie uit sy beurt uit gepraat.
“Wel, dis nie die eerste keer dat so iets met ’n meisie wat alleen in Johannesburg woon, gebeur het nie,” het Gysbert gesê. “Een ding egter, haar ouers se deur sal altyd vir haar oop staan. Maar ek is verbaas dat ou Koos Nienaber dit vir jou genoem het. Hy is gewoonlik so trots.”
Ek het opgemerk dat Johnny Coen vir ’n oomblik bietjie bek-af gelyk het, totdat Jurie Steyn haastig verduidelik het dat hy dit nie só bedoel het nie.
Volgens wat Koos Nienaber hom vertel het – het Jurie Steyn gesê – het dit vir die mense in Johannesburg die mode geword om deur ’n nuwe soort dokter behandel te word; ’n dokter wat nie gepla was oor hoe siek jou liggaam was nie, maar wat omgesien het daarna om jou gemoed en gees reg te kry. Hierdie soort dokter kon enigiets wat verkeerd was met jou gees, regmaak, het Jurie Steyn verduidelik. En jy hoef nie juis siek te wees om deur so ’n dokter behandel te word nie. Dit was ’n heel modieuse ding gewees om te doen, het Jurie Steyn bygevoeg. Johnny Coen het verlig gelyk.
“Na gelang van wat Koos Nienaber my vertel het,” het Jurie Steyn gesê, “toets hierdie nuwe soort dokter nie meer jou hart deur daarna met ’n soort rubberpyp-ding te luister nie. In plaas daarvan vra hy jou net wat jy die vorige nag gedroom het. En daarna werk hy alles uit met behulp van ’n droomboek. Maar dis ook nie net ’n gewone droomboek nie, wat sal verklaar dat, as jy laasnag van ’n trop beeste gedroom het, dit sal beteken dat daar vorentoe doodsgevaar op iemand wag wat jy nog nie ontmoet het nie ...”
“Wel, ek het ’n paar nagte vantevore gedroom dat ek ’n trop Afrikanerbeeste oor die Bechuanalandse grens aangejaag het,” het Fritz Pretorius gesê. “Net soos ek al baie voorheen gedoen het, op ’n nag toe daar nie veel van ’n maan was nie. Behalwe, wat snaaks aan die droom was, was dat ek gedroom het dat ek die beeste in die protektoraad ingesmokkel het, in plaas van daaruit. Kan jy jou voorstel dat ’n Marico-boer so ’n onnosele ding soos dit sou doen? Ek veronderstel die droom beteken dat ek besig is om van my kop af te raak of so iets.”
~
Ná At Naudé gesê het hoe verbaas hy was dat Fritz Pretorius in ’n droom vertel is wat almal in elk geval van hom geweet het – en daar niks van gekom het nie ná Fritz Pretorius se uitnodiging aan At Naudé om daardie opmerking buitekant die poskantoor te gaan herhaal – het Jurie Steyn verder verduidelik wat die nuwe soort behandeling was wat Minnie Nienaber van die nuwe soort dokter ontvang het, en dat sy dit glad nie nodig gehad het nie.
“Dis nie die gewone soort droomboek, soos daardie Napoleon se droomboek waaraan my vrou soveel waarde geheg het voordat ons getroud is nie,” het Jurie Steyn voortgegaan. “Dis ’n droomboek wat deur professors geskryf is. Minnie het in die afgelope tyd allerhande vrese ondervind. Sommer lawwe soort vrese, het haar pa gesê. Niks om jou oor te bekommer nie. Ek dink enigeen uit die Groot Marico wat so lank soos Minnie Nienaber in Johannesburg gebly het, sou net soos sy bang geword het.
“Die enigste ding wat vir my egter ’n raaisel is, is dat dit haar so lank gevat het om bang te begin raak.”
by Herman Charles Bosman
There is a queer witchery about the moon when it is full – Oom Schalk Lourens remarked – especially the moon that hangs over the valley of the Dwarsberge in the summertime. It does strange things to your mind, the Marico moon, and in your heart are wild and fragrant fancies, and your thoughts go very far away. Then, if you have been sitting on your front stoep, thinking these thoughts, you sigh and murmer something about the way of the world, and carry your chair inside.
I have seen the moon in other places besides the Marico. But it is not the same there.
Braam Venter, the man who fell off the Government lorry once, near Nietverdiend, says that the Marico moon is like a woman laying green flowers on a grave. Braam Venter often says things like that. Particularly since the time he fell off the lorry. He fell on his head, they say.
Always when the moon shines full like that, it does something to our hearts that we wonder very much about and that we never understand. Always it awakens memories. And it is singular how different these memories are with each one of us.
Johannes Oberholtzer says that the full moon always reminds him of one occasion when he was smuggling cattle over the Bechuanaland border. He says he never sees a full moon without thinking of the way it shone on the steel wire-cutters that he was holding in his hand when two mounted policemen rode up to him. And the next night Johannes Oberholtzer again had a good view of the full moon; he saw it through the window of the place he was in. He says the moon was very large and very yellow, except for the black stripes in front of it.
And it was in the light of the full moon that hung over the thorn-trees that I saw Drieka Breytenbach.
Drieka was tall and slender. She had fair hair and blue eyes, and lots of people considered that she was the prettiest woman in the Marico. I thought so, too, that night I met her under the full moon by the thorn-trees. She had not been in the Bushveld very long. Her husband, Petrus Breytenbach, had met her and married her in the Schweizer-Reneke district, where he had trekked with his cattle for a while during the big drought.
Afterwards, when Petrus Breytenbach was shot dead with his own Mauser by a worker on his farm, Drieka went back to Schweizer-Reneke, leaving the Marico as strangely and as silently as she had come to it.
And it seemed to me that the Marico was a different place because Drieka Breytenbach had gone. And I thought of the moon, and the tricks it plays with your senses, and the stormy witchery that it flings at your soul. And I remembered what Braam Venter had said, that the full moon is like a woman laying green flowers on a grave. And it seemed to me that Braam Venter’s words were not so much nonsense, after all, and that worse things could happen to a man than that he should fall off a lorry on his head.
And I thought of other matters.
‘I saw her again, Oom Schalk,’ he said, ‘I saw her last night. In a surpassing loveliness. Just at midnight. She came softly across the veld towards my tent. The night was warm and lovely, and the stars were mad and singing. And there was low music where her white feet touched the grass. And sometimes her mouth seemed to be laughing, and sometimes it was sad. And her lips were very red, Oom Schalk. And when I reached out with my arms, she went away. She disappeared in the maroelas, like the whispering of the wind. And there was a ringing in my ears. And in my heart there was a green fragrance, and I thought of the pale asphodel that grows in the fields of paradise.’
‘I don’t know about paradise,’ I said, ‘but if a thing like that grew in my mealie-lands, I would pull it up at once. I don’t like this spook nonsense.’
I then gave him some good advice. I told him to beware of the moon, which was almost full at the time. Because the moon can do strange things to you in the Bushveld, especially if you live in a tent and the full moon is overhead, and there are weird shadows among the maroelas.
The berries of the karee-boom (Oom Schalk Lourens said, nodding his head in the direction of the tall tree whose shadows were creeping towards the edge of the stoep) may not make the best kind of mampoer that there is. What I mean is that karee brandy is not as potent as the brandy you distil from moepels or maroelas. Even peach brandy, they say, can make you forget the rust in the corn quicker than the mampoer you make from karee berries.
But karee-mampoer is white and soft to look at, and the smoke that comes from it when you pull the cork out of the bottle is pale and rises up in slow curves. And in time of drought, when you have been standing at the borehole all day, pumping water for the cattle, so that by evening the water has a bitter taste for you, then it is very soothing to sit on the front stoep, like now, and to get somebody to pull the cork out of a bottle of this kind of mampoer. Your hands will be sore and stiff from the pump-handle, so that if you try and pull it out, the cork will seem as deep down in the bottle as the water in the borehole.
Many years ago, when I was a young man, and I sat here, on the front stoep, and I saw that white smoke floating away slowly and gracefully from the mouth of the bottle, and with a far-off fragrance, I used to think that the smoke looked like a young girl walking veiled under the stars. And now that I have grown old, and I look at that white smoke, I imagine that it is a young girl walking under the stars, and still veiled.
I have never found out who she is.
‘Always, on a clear night, when I see those bright stars in a row, I look for a long time at the lowest star, and there seems to be something very friendly about the way it shines. It seems to be my star, and its light is different from the light of the other stars … and you know, Schalk, Annie Steyn had such red lips. And such long, soft hair, Schalk. And there was that smile of hers.’
Afterwards the stars grew pale and we started rounding up the donkeys and got ready to go. And I wondered what Annie Steyn would have thought of it, if she had known that, during all those years, there was this man, looking up at the stars on nights when the sky was clear, and dreaming about her lips and her hair and her smile. But as soon as I reflected about it, I knew what the answer was also. Of course, Annie Steyn would think nothing of Jan Ockerse. Nothing at all.
And, no doubt, Annie Steyn was right.
deur Herman Charles Bosman
Daar is ’n vreemde betowering omtrent die maan wanneer hy vol is – het oom Schalk Lourens opgemerk – veral die maan wat oor die vallei van die Dwarsberge in die somernagte hang. Dit doen eienaardige dinge aan die gees, die Marico-maan, en in jou hart is daar wilde en geurige fantasieë, en jou gedagtes sweef baie ver weg. Dan, as jy daar op jou voorstoep sit, en hierdie gedagtes bepeins, sug jy en prewel iets oor die weg van die wêreld, en dra jou stoel binnekant toe.
Ek het die maan al op ander plekke gesien en nie net in die Marico nie, maar dis nie dieselfde op ander plekke nie.
Braam Venter, die man wat van die regeringslorrie afgeval het, daar naby Nietverdiend, sê dat die Marico-maan soos ’n vrou is wat groen blomme op ’n graf lê. Braam Venter sê dikwels sulke dinge. Vernaamlik sedert daardie tyd toe hy van die lorrie afgeval het. Hulle sê dat hy op sy kop geval het.
Altyddeur, wanneer die volmaan só skyn, doen dit iets aan ons harte, waaroor ons ons baie verwonder en wat ons nooit verstaan nie. Altyddeur wek dit herinneringe op. En dit is eienaardig hoeveel verskillende herinneringe elkeen van ons koester.
Johannes Oberholtzer sê dat die volmaan hom altyd aan een geleentheid herinner toe hy beeste oor die Betchuanalandse grens gesmokkel het. Hy sê dat hy nooit na ’n volmaan kyk sonder om terug te dink aan hoe dit op die staal draadkniptang in sy hand geskyn het toe twee berede polisiemanne na hom toe aangery gekom het. En die volgende nag kon Johannes Oberholtzer weer die volmaan goed beskou; hy het daarna gekyk deur die venster van die plek waarin hy was. Hy het gesê dat die maan baie groot en baie geel was, behalwe dat daar swart strepe voor die maan was.
En dit was in die lig van die volmaan wat oor die doringbome gehang het, wat ek Drieka Breytenbach gesien het.
Drieka was lank en slank. Sy het blonde hare en blou oë gehad, en baie mense het haar beskou as die pragtigste vrou in die Marico. Ek het ook so gedink, daardie aand toe ek haar onder die volmaan by die doringbome ontmoet het. Sy was nog nie vir baie lank in die Bosveld nie. Haar eggenoot, Petrus Breytenbach, het haar in die Schweizer-Reneke-distrik ontmoet en met haar getrou, toe hy gedurende die groot droogte vir ’n rukkie met sy beeste daarheen getrek het.
Agterna, toe Petrus met sy eie Mauser deur ’n werker op sy plaas doodgeskiet is, het Drieka teruggekeer Schweizer-Reneke toe en het sy só die Marico, net so vreemd en stil as wat sy daarheen gekom het, verlaat.
En vir my was dit asof die Marico ’n ander plek was, want Drieka Breytenbach was nie meer daar nie. En ek het aan die maan gedink, en hoe hy met jou sintuie die poets bak, en die stormagtige betoweringe wat hy na jou siel toe slinger. En ek onthou weer wat Braam Venter gesê het, dat die volmaan soos ’n vrou is wat groen blomme op ʼn graf lê. En dit het vir my gelyk dat Braam Venter se woorde, alles in ag genome, nie soveel onsin is nie, en erger dinge kan met ’n man gebeur as om op sy kop van ’n lorrie af te val.
En ek het aan ander aangeleenthede gedink.
Uit Veld Maiden
“Ek het haar weer gesien, oom Schalk,” het hy gesê, “ek het haar laasnag gesien. In lieflikheid sonder weerga. Net so om en by middernag. Sy het sagkens oor die veld na my tent toe gekom. Die nag was warm en lieflik, en die sterre was verspot en vol sang. En daar was sagte musiek waar haar wit voete aan die gras geraak het. En soms het dit gelyk of haar mond gelag het en soms was dit treurig. En haar lippe was baie rooi, oom Schalk. En toe ek my arms na haar uitgesteek het, het sy weggegaan. Sy het in die maroelas verdwyn, soos die fluistering van die wind. En daar was ’n gelui in my ore. En in my hart was daar ’n groen geur, en ek het gedink aan die bleek, onverganklike affodille wat in die velde van die paradys groei.”
“Ek weet nie van paradys nie,” het ek gesê, “maar as ’n ding soos daardie in my mielieland groei, sou ek hom daar en dan uitgetrek het. Ek hou nie van hierdie spookagtige nonsies nie.”
Ek het hom goeie raad gegee. Ek het hom gesê om op sy hoede te wees vir die maan, wat juis toe amper vol was. Omdat die maan vreemde dinge met jou in die bosveld kan doen, veral as jy in ’n tent woon en die maan is hoog bo in die lug en daar is spookagtige skadu’s tussen die maroelas.
Uit Mampoer
Die bessies van die kareeboom (het oom Schalk Laurens gesê, en met sy kop in die rigting van die hoë bome, waarvan die skadu’s na die rant van die stoep gekruip het, geknik) mag nie die beste soort mampoer wat daar is, maak nie. Wat ek bedoel is dat kareebrandewyn nie so sterk soos die brandewyn is wat jy van moepels en maroelas stook nie. Selfs perskebrandewyn, so sê hulle, kan ’n mens die roes in die koring gouer laat vergeet as die mampoer wat jy van kareebessies maak.
Die kareemampoer is wit en sag om na te kyk, en die walmpies wat uit die bottel kom wanneer jy die prop uittrek, is bleek en styg met stadige kronkels boontoe. En in droogtetye, wanneer jy die hele dag by die boorgat gestaan en water vir die beeste gepomp het, sodat, teen die aand, die water vir jou bitter gesmaak het, dan is dit heel behaaglik om op die voorstoep te sit, soos nou, en om iemand te kry om die prop uit die bottel van daardie soort mampoer te trek. Jou hande sal seer en styf wees van die pomp se handvatsel, soveel so, dat as jy probeer om prop uit te trek, dit sal voel asof dit net so diep in die bottel as die water in die boorgat is.
Baie jare gelede toe ek ’n jongman was, en ek hier op die voorstoep gesit het, en die wit rook stadig en grasieus uit die bottel se bek met ’n wasemrige geurigheid sien wegdryf het, het ek gedink dat die rook soos ’n jong meisie gelyk het, wat gesluierd onder die sterre gewandel het. En nou dat ek oud geword het, en na die wit rook kyk, stel ek my voor dis ’n jong meisie wat onder die sterre loop, steeds gesluierd.
Ek het nooit uitgevind wie sy is nie.
Uit Starlight on the Veld
“Gedurig, op ’n helder aand, wanneer ek daardie ry sterre sien skitter, kyk ek vir ’n lang ruk na die onderste ster, en dit lyk of daar iets baie vriendeliks is aan die manier wat dit skyn. Dit lyk of dit my ster is, en sy lig is anders as die lig van die ander sterre … jy weet, Schalk, Annie Steyn het sulke rooi lippe gehad. En sulke lang, sagte hare, Schalk. En daar was daar daardie glimlag van haar.”
Daarna het die sterre dof geraak en ons het aanstaltes gemaak om die donkies aan te keer en reggemaak om te vertrek. En ek het gewonder wat Annie Steyn daarvan sou gedink het, as sy geweet het dat, gedurende daardie jare, daar hierdie man was, wat opgekyk het na die sterre op aande wanneer die lug skoon was, en gedroom het van haar lippe en haar hare en haar glimlag. Maar toe ek daaroor gepeins het, het ek gou ook geweet wat die antwoord was. Natuurlik, Annie Steyn sou niks van Jan Ockerse gedink het nie. Niks nie.
En, sonder twyfel, sou Annie Steyn reg wees.
From Selected Stories
by Herman Charles Bosman
Chris Welman started feeling sorry for Oupa Bekker then.
‘Was it really as altered as all that, Oupa?’ he asked.
‘Altered?’ Oupa Bekker repeated. ‘Take the hotel, now. It used to be a wood and iron building with a long verandah. Now it was a double-storey brick building. And where there had been a hitching-post in front of that, that we children used to swing on, there was now one of those upright iron box things that have to do with electricity. Electricity – why, in the old days we hardly even had paraffin-lamps.’
It all sounded quite sad. But then, as Gysbert van Tonder remarked, there had to be such a thing as progress. We couldn’t expect the world to just stand still, for Oupa Bekker’s sake, or for any of our sakes, for that matter, either.
‘I went to look for the place that we children used to call the river,’ Oupa Bekker went on, ‘and that we used to fish in, and that people used to lead water into their gardens from, and that had a bridge over it.’
Well, we knew what was coming, of course. And we almost wished that Oupa Bekker wouldn’t go to the length of telling us about it. Because they would have put pipes there, of course. And the stream would have been covered up. And where the bridge had been, there would now be a new power station. Or a glue factory.
We would rather not think what there was on the site of the garden wall that Jurie Steyn and Chris Welman and Gysbert van Tonder had spoken about earlier.
The piece of garden wall that every person who spent his childhood in a village remembers. A red-brick and honeysuckle wall, or a white-washed wall wildly rich with convolvulus.
‘After I had had dinner in the hotel,’ Oupa Bekker proceeded – and without his having to say so, we gathered that he did not eat much: his voice told us all that – ‘I went to the bioscope. I had been there earlier in the day, and it had said that there would be an afternoon show.
‘It was a picture about cowboys and Indians, or about cowboys and something. Or it might not even have been cowboys. I’m not sure. Seeing that the talking was all in English, I couldn’t understand very much of it.
‘But there was a coach in the picture, like the Zeederberg coaches they used to have here in the old days, before they had trains, much. And there was a fat man in the picture with a black manel who had other fat men under him. And he looked important, like a raadslid that they had in that village when I was a boy. And that fat-man-with-the-manel’s job seemed to be to work out for the other fat men what was the best way to rob that Zeederberg coach, every time.
‘And after a while, sitting in that bioscope, I began to get quite happy again, and I didn’t mind so much that my home town had changed. Because the places they had there, on the picture, where all those things were going on, were just like my village had been when I was a boy. And there was the same sort of riding on horses, that I remembered well. And the hotel in the picture had the same kind of verandah. And although I didn’t actually see any children swinging on the hitching-post, they might have been, but the picture just didn’t show it. Anyway, I knew it was the same hitching-post. I mean, I would know it anywhere.
‘And I was pleased to see the bridge, too. It was exactly the same bridge that we had over our stream, in the old days. And there was a young fellow who wasn’t as fat as the fat-man-in-the-manel’s men, and who seemed to be on the opposite side from what they were on, and got in their way, every time. And the young fellow stood on that very bridge that I remembered from my childhood. He stood on the bridge with a lovely girl in his arms. And if you had looked under the bridge, I’m sure there would have been the same pieces of tree-trunk washed up under the side of it.
‘And afterwards, when there was shooting in the hotel, it was exactly the same paraffin lamps and candles that they had there that used to be in the village hotel in the old days, before they made it into two storeys.’
~
Afterwards, Oupa Bekker said, when it came to the end of the picture, and that lovely girl got married to the young fellow who wasn’t as fat as the man-in-the manel’s men were fat, he felt happier than he had done for a considerable while – happier than he had felt at any time since he got off the train, that morning, and saw that the road over the rise was tarred.
‘Because the church they got married in was the old church just as I had known it,’ Oupa Bekker said. ‘It was like the church used to be, before they made it three times bigger and moved it to the other end of the plein.’
~
And when he went back to the station in the evening, Oupa Bekker said, descending the rise with the light wind that he knew so well blowing about him, it was with much satisfaction that he realised how, through all those years, his home town had not changed.
‘But that bioscope itself,’ Jurie Steyn said. ‘That must be quite a new thing, I should imagine. They certainly couldn’t have had a bioscope in that village when you were a boy.’
‘No,’ Oupa Bekker said. ‘Where they built that bioscope there was, before that, when I was a boy, a stretch of garden wall with a creeper over it.’
Click Here to Play Podcast
Uit Selected Stories
deur Herman Charles Bosman
Chris Welman het toe jammer begin voel vir Oupa Bekker.
“Het dit regtig so baie verander, Oupa?” het hy gevra.
“Verander?” het Oupa Bekker herhaal. “Vat nou maar die hotel. Dit was eers ’n hout en yster gebou met ’n lang stoep. Maar nou was dit ’n dubbelverdieping baksteengebou. En waar daar voor die gebou ’n perdereling was waaraan ons kinders gewoonlik kon swaai, was daar nou een van daardie regop ysterboks-goed wat met elektrisiteit te doen het. Elektrisiteit – nee man, in die ou dae het ons beswaarlik paraffienlampe gehad.”
Dit het alles regtig droewig geklink. Maar toe, soos Gysbert van Tonder opgemerk het, was daar darem iets soos vooruitgang. Ons kon nie verwag dat die wêreld net moes stilstaan vir Oupa Bekker se onthalwe nie, of wat dít betref, ook nie vir enigeen van ons se onthalwe nie.
“Ek het toe na die plek gaan soek wat ons kinders gewoonlik die rivier genoem het,” het Oupa Bekker voortgegaan, “waarin ons gewoonlik vis gevang het, en van waaruit die mense gewoonlik water na hulle tuine toe afgelei het, en waaroor daar ’n brug was.”
Nou ja, ons het natuurlik geweet wat aan die kom was. En ons het amper gewens dat Oupa Bekker liewer nie so ver sou gaan om ons daarvan te vertel nie. Want hulle sou natuurlik pype daar ingesit het. En die waterstroom sou nie sigbaar gewees het nie. En waar die brug was, sou daar nou ’n nuwe kragstasie wees. Of ’n gomfabriek.
Ons wou liewer nie dink wat daar op die plek was waar die tuinmuur voorheen was nie; daardie muur waarvan Jurie Steyn en Chris Welman en Gysbert van Tonder vroeër gepraat het.
Die stuk tuinmuur wat elke persoon, wat sy kinderjare in ’n dorpie deurgebring het, onthou. ’n Rooi baksteen- en kanferfoeliemuur, of ’n afgewitte muur oortrek met purperwinde in volle blom.
“Ná ek aandete in die hotel genuttig het,” het Oupa Bekker verder aangegaan – en aan sy stem kon ons aflei dat hy maar min geëet het – “het ek ’n bioskoop toe gegaan. Ek was vroeër in die dag daar, en hulle het gesê dat daar ’n middagvertoning sou wees.
“Dit was ’n prent oor cowboys en Indians, of cowboys en iets. Of miskien was dit nie eers cowboys nie. Ek is nie seker nie. Aangesien hulle Engels gepraat het, en kon ek nie veel daarvan verstaan nie.
“Daar was ’n koets in die prent, soos die Zeederberg-koetse wat hulle vroeër jare, voor die treine, hier gehad het. En daar was ’n vet man in die prent met ’n swart manel wat ander vet mans onder hom gehad het. En hy het belangrik gelyk, soos ’n raadslid in die dorp toe ek ’n kind was. En dit het gelyk of die vet-man-met-die-manel se jop elke keer was om vir die ander vet ouens uit te werk wat die beste manier was om die Zeederberg-koets te beroof.
“En ná ek vir ’n rukkie in die bioskoop gesit het, het ek weer heel gelukkig begin voel, en ek het nie soveel omgegee dat my tuisdorp verander het nie. Want die plekke wat hulle daar in die prent gehad het, waar al daardie dinge besig was om plaas te vind, was net soos my dorp toe ek ’n kind was. En daar was dieselfde soort van perderyery, wat ek goed kon onthou. En die hotel in die prent het dieselfde soort stoep gehad. En hoewel ek nie eintlik kinders aan die perdereling sien swaai het nie, kon dit gewees het dat die prent hulle net nie gewys het nie. In elk geval, ek het geweet dit was dieselfde perdereling. Ek bedoel, ek sal dit enige plek herken.
“En ek was ook bly om die brug te sien. Dit was presies dieselfde brug wat ons in die ou dae oor die stroom gehad het. En daar was ’n jong kêrel wat nie so vet as die vet-man-in-die-manel se ouens was nie, en wat gelyk het of hy aan die teenoorgestelde kant as hulle was, en hy het elke keer in hulle pad gekom. En die jong kêrel het op daardie brug wat ek uit my kinderdae onthou, gestaan. Hy het op daardie brug gestaan met ’n mooi meisie in sy arms. En sou jy onder die brug kon kyk, is ek seker dat daar dieselfde stukke boomstompe onder die brug vasgespoel sou wees.
“En daarna, toe daar ’n geskietery in die hotel was, was daar presies dieselfde paraffienlampe en kerse soos dié wat gewoonlik in die ou dae in die dorpshotel was, voordat hulle dit in twee verdiepings verander het.”
~
Daarna, het Oupa Bekker gesê, toe die prent geëindig het, en die mooi meisie met die jong kêrel wat nie so vet as die man-in-die-manel se ouens was nie, getrou het, het hy gelukkiger gevoel as voor hy na die bioskoop gegaan het – gelukkiger as enige tyd sedert hy daardie oggend van die trein afgeklim het en gesien het dat die pad oor die bult geteer was.
“Want die kerk waarin hulle getroud is, was die ou kerk net soos ek dit geken het,” het Oupa Bekker gesê. “Dit was net soos die kerk waaraan ek gewoond was, voordat hulle dit drie keer groter gemaak en na die ander kant van die plein verplaas het.”
~
En toe hy daardie aand terug stasie toe gegaan het, het Oupa Bekker gesê, en hy met die bultjie afgeloop het, het die ligte windjie wat hy so goed geken het, liggies om hom heen geswaai. Met groot bevrediging het hy toe besef dat sy tuisdorp, ná al die jare, nie verander het nie.
“Maar daardie bioskoop self,” het Jurie Steyn gesê. “Dit moes nogal iets heel nuuts gewees het, sou ek dink. Hulle kon sekerlik nie ’n bioskoop in daardie dorp gehad het toe jy ’n kind was nie.”
“Nee,” het Oupa Bekker gesê. “Waar hulle daardie bioskoop gebou het, was daar, toe ek ’n kind was, ’n stuk tuinmuur met ’n rankplant daaroor.”
Oupa Bekker told us about how he had once gone back – very many years later – to revisit a village where he had lived as a child. Jurie Steyn asked him how many years, but he did not answer. He pretended to be too deaf to hear Jurie Steyn’s question.
That was a peculiarity of Oupa Bekker. He not infrequently, by implication, made claims to great age. But he never allowed himself to be pinned down into stating how old he actually was, in terms of years. It seemed that he wanted to give himself a certain measure of room for manoeuvering in, on that score.
Nor did Oupa Bekker acquaint us with the name of the little place that he went back to, to have a look at, after an interval of many years. But that did not matter. Since, for each of us, they were the remembered scenes of our own childhood that Oupa Bekker spoke about.
‘Of course, there was a railway station now, which, of course, there hadn’t been before,’ Oupa Bekker said.
‘Yes, and tarred streets, and a filling station with petrol pumps,’ Chris Welman said.
‘And a fish and chip shop, and a milk bar with high stools,’ Gysbert van Tonder said.
‘And where there had been an old garden wall of red bricks with honeysuckle growing over it – ’ Jurie Steyn began.
‘No, not honeysuckle,’ Chris Welman interrupted him, ‘but a creeper with those broad leaves and blue flowers. I forget what it’s called now.’
‘And the wall isn’t red brick,’ Gysbert van Tonder said, ‘but a whitewashed earth wall.’
~
They were in general agreement, however, that whatever building had been erected on the site of that old garden wall must be something pretty awful, anyway.
Oupa Bekker took our remarks in bad part.
‘Who’s telling this story – me or the lot of you?’ he asked.
Then he went on to say that from the station there was a bit of a rise before you got to the village itself.
‘And so you decided to walk,’ Jurie Steyn said, ‘so you could enjoy each moment of it, recalling how you had run over the veld there as a carefree boy.’
‘Yes,’ Oupa Bekker snapped. ‘That’s what I did do. I did walk. But the way you’re carrying on, I’m sorry now that I didn’t take a taxi instead.’
That shut Jurie Steyn up for a while. And so Oupa Bekker told us how, having deposited his suitcase in the railway cloakroom, he set off along that road, which was tarred now (as Chris Welman had said it would be), and there was a soft wind blowing, that was always there, on the rise, when in the village in the hollow the air was very still.
And Oupa Bekker said that he thought what a strange thing it was that, after all those years, the same wind should still be there. You think of wind as something that blows and is gone, Oupa Bekker said. And yet after so many long years, there, on the rise, there that wind still was, and not changed in any way.
So Chris Welman said that was how it always was. When you revisited a place after a long interval, the first impression you always got was that it hadn’t changed. The first building you would see, as likely as not, would be the church. And the church steeple would look just like it did when you were a child, except not so tall any more. Only afterwards did you find out how much the place had really altered.
‘And when you were a child the steeple, even then, needed paint on it,’ Gysbert van Tonder observed.
~
‘What I had noticed,’ Oupa Bekker proceeded, getting bitter at all the interruptions, ‘what I noticed, as I walked up the rise, was that the rise was not as high as it had seemed when I was a boy. Only, when I was a boy I could get up over it easier. Maybe that was the fault of the tarred road. But when Chris Welman says that the church steeple did not look so tall any more, he’s quite wrong. Because the church steeple looked taller, when I got there. And the church looked three times bigger than it used to be. And it seemed to be standing right at the other end of the kerkplein from where it had stood in the old days. And why it all looked like that to me was because the church had been rebuilt on the other end of the plein. And it was three times bigger.
~
That should have put Chris Welman in his place. But it didn’t. Instead, a twinkle came into his eye.
‘Where was the bar, Oupa Bekker?’ he asked. ‘I hope you found that all right. I mean, they didn’t go and shift the saloon bar too, did they, where you couldn’t find it?’
Oupa Bekker said he was coming to that.
First he had walked about the kerkplein a good while, searching for the site of the old church.
Then he came across a row of stones that were half-buried in the long grass, and that he knew were the foundations of the old church. He went and sat on a stone, Oupa Bekker said, and a –
‘And a host of childhood memories came back to you,’ Jurie Steyn said.
Then Oupa Bekker got really huffy.
‘Look here,’ Oupa Bekker said, ‘I only hope the same thing happens to you, all of you, as happened to me. I only hope that one day, when you take it into your heads to go and visit your childhood homes again, you’ll also find everything as changed as I found it, that’s all. Then you won’t see anything to laugh at, in it.
‘And I only hope you also feel as lonely as I felt when I turned away from the kerkplein, and walked down the main street of the village, and everywhere I saw only strange faces, and strange buildings, and there was nobody to whom I could say – and there was nobody who was even interested – that this was my home town.
Oupa Bekker het ons vertel hoe hy op ’n slag teruggegaan het – baie jare later – om die dorp te besoek waar hy as ’n kind grootgeword het. Jurie Steyn het hom gevra hoeveel jaar gelede, maar hy het nie daarop geantwoord nie. Hy het voorgegee hy was te doof om Jurie Steyn se vraag te hoor.
Dit was ’n eienaardigheid van Oupa Bekker. Hy het dikwels, deur implikasie, aanspraak gemaak op ’n hoë ouderdom. Maar hy het nooit toegelaat om vasgepen te word deur te noem hoe oud hy werklik, in terme van jare, was nie. Wat dit betref, het dit gelyk asof hy homself ’n soort van beweegruimte wou gee.
Oupa Bekker het ook nie vir ons die naam gegee nie van die plekkie, waarheen hy na ’n tydsverloop van baie jare teruggegaan het om na te gaan kyk. Maar dit het nie saak gemaak nie. Aangesien dit waaroor Oupa Bekker gepraat het, vir elkeen van ons, die tonele was wat ons onthou het uit ons eie kinderdae.
“Natuurlik was daar nou ’n spoorwegstasie wat – natuurlik genoeg – nie voorheen daar was nie,” het Oupa Bekker gesê.
“Ja, en geteerde paaie, en ’n vulstasie met petrolpompe,” het Chris Welman gesê.
“En ’n vis-en-skyfie-winkel, en ’n melkkroeg met hoë stoele,” het Gysbert van Tonder gesê.
“En waar daar ’n ou tuinmuur van rooi bakstene was waaroor kanferfoelie gegroei het – ” het Jurie Steyn begin.
“Nee, nie kanferfoelie nie,” het Chris Welman hom in die rede geval, “maar ’n klimop met breë blare en blou blomme. Ek het nou vergeet wat dit genoem word.”
“En die muur is nie van rooi bakstene nie,” het Gysbert van Tonder gesê, “maar ’n afgewitte moddermuur.”
~
Hulle het almal saamgestem dat, watter gebou ook al op die plek van die ou tuinmuur opgerig was, dit in ieder geval egter iets redeliks liederlik moes gewees het.
Dié aanmerkings het Oupa Bekker taamlik gatvol gemaak.
“Wie vertel hierdie storie – ek of julle klomp?” het hy gevra.
Toe het hy aangegaan deur te sê dat, van die stasie af, daar ’n klein bultjie was voor jy by die dorp self uitgekom het.
“En daarom het jy besluit om te stap,” het Jurie Steyn gesê, “sodat jy elke oomblik kon geniet van die onthou van hoe jy as ’n kommerlose seuntjie daar oor die veld gehardloop het.”
“Ja,” het Oupa Bekker teruggekap. “Dis wat ek gedoen het. Ek het geloop. Maar op die manier wat julle aangaan, is ek nou jammer dat ek nie liewer ’n taxi gevat het nie.”
Dit het Jurie Steyn se mond vir ’n rukkie gesnoer. En so het Oupa Bekker ons vertel hoe, na hy sy tas in die spoorwegruskamer in bewaring gelos het, hy in die pad wat toe geteer was, aangestap het (soos Chris Welman gesê het dit sou wees). En op die hoogte het daar, soos altyd, ’n sagte windjie gewaai, terwyl daar in die dorp, in die leegte, die lug baie stil was.
En Oupa Bekker het gesê hy het gedink hoe vreemd dit was dat, na al die jare, dieselfde wind nog daar gewaai het. Mens dink aan wind as iets wat waai en dan verdwyn, het Oupa Bekker gesê. En tog na soveel lange jare, was die wind op die hoogte nog daar, en het dit op geen manier verander nie.
Daarop het Chris Welman gesê, dis hoe dit altyd was. Na jy ’n plek na ’n lang tyd weer besoek het, was die eerste indruk wat jy altyd gekry het, dat dit nie verander het nie. Die eerste gebou wat jy besmoontlik sou sien, sou die kerk wees. En die kerktoring sou presies gelyk het soos dit altyd was toe jy ’n kind was, behalwe dat dit nie meer so hoog was nie. Slegs daarna het jy uitgevind hoeveel die plek regtig verander het.
“En toe jy ’n kind was, selfs toe, het die toring ’n bietjie verf nodig gehad,” het Gysbert van Tonder opgemerk.
~
“Wat ek opgemerk het,” het Oupa Bekker voortgegaan terwyl hy ietwat die hel in geraak het oor al die onderbrekings, “wat ek raakgesien het toe ek die bult opgeloop het, was dat die bultjie nie so hoog was soos dit vir my as ’n kind gelyk het nie. Behalwe, toe ek ’n seuntjie was, kon ek makliker oor die bult loop. Miskien was dit die teerpad se skuld. Maar wanneer Chris Welman sê dat die kerktoring nie meer so hoog gelyk het nie, is hy heeltemal verkeerd. Want die kerktoring het hoër gelyk toe ek daar aangekom het. En die kerk het drie keer groter gelyk as wat dit voorheen was. En dit het gelyk asof dit reg aan die oorkant van die kerkplein gestaan het en nie waar dit in die ou dae gestaan het nie. En die rede hoekom dit vir my so gelyk het, was dat die kerk wel aan die anderkant van die plein herbou is. En dit was drie keer groter.”
~
Dit moes Chris Welman op sy plek gesit het. Maar dit het nie; daar het ’n vonkeling in sy oë gekom.
“Waar was die kroeg, Oupa Bekker?” het hy gevra. “Ek hoop jy’t dit darem maklik genoeg gekry. Ek meen, hulle het seker nie die kroeg ook gaan staan en skuif nie; of het hulle, waar jy dit nie kon kry nie?”
Oupa Bekker het gesê hy sou nog daarby uitkom.
Hy het eers ’n hele ruk op die kerkplein rondgeloop, op soek na die plek waar die ou kerk gestaan het.
Toe het hy op ’n ry klippe afgekom wat in die lang gras half weggesteek was, en hy het geweet dit was die fondasie van die ou kerk. Hy het op ’n klip gaan sit, het Oupa Bekker gesê, en ’n –
“En ’n hele swerm herinneringe uit jou kinderjare het na jou toe teruggekom,” het Jurie Steyn gesê.
Oupa Bekker het homself behoorlik opgeruk.
“Kyk hier,” het Oupa Bekker gesê, “ek hoop net dieselfde ding gebeur met julle, met julle almal, as wat met my gebeur het. Ek hoop regtig dat eendag, wanneer julle dit in julle koppe kry om die huise van julle kinderdae te gaan besoek, julle ook, soos ek, sal vind dat alles verander het, dis al. Dan sal julle niks daarin sien om oor te lag nie.
“En ek hoop net dat julle ook so eensaam sal voel soos ek toe ek daar van die kerkplein af weggedraai en met die dorp se hoofpad afgeloop het, en oral net vreemde gesigte gesien het, en vreemde geboue, en niemand aan wie ek kon sê – niemand wat eers sou belang stel nie – dat dit my tuisdorp was.
Maar, natuurlik, was dit nie meer die plek waar ek my kinderjare deurgebring het nie. Defnetief nie, nie ná die manier waarop hulle dit verander het nie.”
(Word vervolg)