Stories

Teen die tyd wat ek gaan sit het, het ek gevoel asof ek die beskuldigde was

Posted on March 15, 2018 by Cape Rebel


Uit A Life At Law
deur Isie Maisels
~
Voorwoord
deur Sydney Kentridge QC


“Herinneringe van advokate kan soms nie veel meer wees as ’n droë weergawe van lang vergete (en soms heel billike vergete) hofsake. Hierdie memoires van Isie Maisels is iets heeltemal anders. Eerstens is baie van Isie se sake, veral gedurende die lang jare van apartheid, nie slegs sake tussen twee opponente in die hof nie. Hulle was sake oor die soort land waarin ons toe gewoon het. Die berugte Bethal-plaasarbeidersake van die 1950’s en die groot verraadsaak, wat vanaf 1956 tot 1961 geduur het, is slegs twee voorbeelde. Tweedens het dit gelyk of Isie sake van buitengewone belang na sy praktyk aangelok het, selfs sake sonder enige politieke dimensie soos die De Melker-saak of die Bubbles Schroeder-moordsaak. En verder is die stories van hierdie sake in Isie se karakteristieke stem hoorbaar. Hy was ’n groot storieverteller, en hierdie talent is helder op die gedrukte bladsy teenwoordig.

“Dit is nie net eenvoudig ’n boek vir regsgeleerdes nie. Ek dink nie daar is ’n leser wat dit nie fassinerend sal vind nie en, inderdaad, dit eerder as gedwonge leeswerk sou beskou. Vir ’n regsgeleerde is dit boeiend. Oor die jare het vermaarde advokate in Suid-Afrika, wie se name in legendes van regsgeleerdes voortleef, na vore gekom – Beauclerk Upington en Graeme Duncan van Kaapstad, Graham Mackeurtan van Natal, en Harry Morris van Johannesburg. Isie Maisels is tussen hierdie beroemdes en, ek vermoed, as ’n totale afgeronde advokaat, is hy die mees uitstaande van almal. Ek sê afgerond, want Isie was gedurende sy jare by die balie aan die publiek bekend, allereers as ’n formidabele kruisondervrager. Dit was hy wel, maar hy was ook heelwat meer. Sy forensiese bekwaamhede was op deeglike kennis van die reg gebaseer. Sou ek ’n gunsteling saak in hierdie boek hê, is dit R v Manasawitz. Ek sal nie die storie, wat Isie so goed vertel, weggee nie. Die leser sal vind dat dit die kombinasie van regskundige vernuf en loutere forensiese panache perfek illustreer, en dat dít Isie die advokaat gemaak het wat hy was. En hy was nog nie 30 jaar oud toe hy in dié saak verskyn het nie.

“Isie se kragtige talent as ’n kruisondervrager verdien egter meer as om net in die verbygaan genoem te word. Om dit te beskryf is nie maklik nie, wat nog om dit te illustreer. Op ’n buitengewone wyse het Isie van die aanvang af oor die ongelukkige getuie gedomineer, wat hom in staat gestel het om presies die antwoorde wat hy verlang het, uit die getuie te kry. ’n Uistekende voorbeeld hiervan was sy kruisondervraging van professor Andrew Murray, die staat se deskundige getuie op die gebied van kommunisme in die verraadsaak. By daardie geleentheid het hy ’n wapen van kruisondervraging gebruik wat jong advokate nie aangeraai word om na te volg nie, maar wat in Isie se hande dodelik kon wees – goedaardige humor ten koste van die verleë getuie. Alles in ag genome het ek nog nooit Isie se gelyke as ’n kruisondervrager in enige jurisdiksie waarin ek gepraktiseer het, gesien nie.

“Isie was ’n regsgeleerde, nie ’n politikus nie, maar sy verbete verfoeiing van apartheid was onverborge. Hy het herhaaldelik in howe verskyn om die regte van die individu te verdedig teen die onderdrukking van die apartheidstaat. Die leser kan uit Isie se lewe in die reg leer wat dit is wat ’n ware groot advokaat maak – kennis van die reg, welsprekendheid gekombineerd met helderheid, wyse oordeel – maar bowenal, moed. Ons was gelukkig om hom tussen ons te gehad het.”

R v Manasawitz

Een dag het ’n ou vriend van my, Reuben Kahanowitz, my gevra of ek bereid sou wees om Bloemfontein toe te gaan om in ’n aansoek vir verlof om te appeleer teen ’n fooi van 35 ghienies te verskyn. Ek was toe 28, en omdat ek nog nooit in die appèlhof verskyn het nie, was ek bereid om dit teen geen betaling nie, te doen; en ’n fooi van 35 ghienies was in daardie dae beslis goeie vergoeding. Hy het my toe vertel waaroor die appèl gegaan het.

’n Man met die naam Manasewitz wat as ’n prokureur in Witbank gepraktiseer het, is aan bedrog skuldig bevind. In daardie dae – die vroeë dertigerjare – kon plaasboere lenings by die Landbank verkry ten bedrae van twee-derdes van die waarde van die beeste wat hulle besit het. Byvoorbeeld, as ’n plaasboer beeste ter waarde van £1 500 gehad het, kon hy ’n lening van £1 000 kry. Manasewitz en ’n plaaslike waardeerder het ’n plan bedink om groter lenings vir plaasboere te verkry en terselfdertyd hulself só te verryk. In plaas daarvan om die beeste teen £1 500 te waardeer, sou hulle teen £3 000 waardeer word, en kon die plaasboer dan ’n lening van £2 000 verkry. Die ekstra geld wat so ontvang sou word, sou dan verdeel word tussen Manasewitz, sy mede-samesweerder en die plaasboer. Daar kon net gesê word dat bedrog gepleeg was as daar nadeel of potensiële skade gely is deur die persoon teen wie die bedrog gepleeg is. Aangesien die boer in gedrang moontlik nie van plan was om ooit die lening terug te betaal nie, of dit nou ’n £1 000 of £2 000 was, was hy ’n gewillige medepligtige. Die bedrog was egter ontdek en Manasewitz is aangekla vir bedrog ten nadele van die Departement van Lande.

Hy is na behore skuldig bevind en het toe na die Transvaalse Provinsiale Afdeling teen die skuldigbevinding geappeleer. Hierdie appèl is deur regter NJ de Wet en appèlregter Grindley Ferris aangehoor. Regter De Wet was voorheen die minister van Justisie en was goed op hoogte oor die werkinge van die regering. Sy mening, waarmee sy mede-regter saamgestem het, was dat dit nie die Departement van Lande was wat nadeel gely het nie, maar wel die Unieregering. Die hof het dus die appèl toegestaan en die skuldigbevinding en vonnis ter syde gestel.

Die prokureur-generaal van Transvaal het besluit om Manasewitz weer aan te kla en het aangevoer dat bedrog ten nadele van die Unieregering gepleeg is. Manasewitz het voor die landdros in Witbank verskyn, en sy regsadviseur het op die beginsel van autrefois acquit staatgemaak en aangevoer dat hy alreeds op daardie klag vrygespreek is, en dat hy nie weer op dieselfde aanklag aangekla kon word nie. Die landdros het hierdie verdediging verwerp en Manasewitz is skuldig bevind.

Daar was weereens ’n appèl. Hierdie keer het die hof uit twee van die mees befaamde regters voor wie ek al ooit verskyn het bestaan – regters Tindall en Greenberg. Die hof het homself beskou as gebonde aan die vorige besluit van regters De Wet en Grindley Ferris. Hulle het besluit dat, as daar bedrog sou wees, dit bedrog teen die Unieregering moes gewees het. Gevolglik het die hof die appèl verwerp.

Vir ’n junior soos ek om te dink dat regters Tindell en Greenberg ooit verkeerd kon wees, was seker kettery. Asof die feit dat dit ’n aansoek was om verlof om teen hulle uitspraak te appeleer, nie genoegsaam ontsagwekkend was nie, is daar tot my ontsteltenis ’n opinie in die handskrif van advokaat Philip Millin aan my gewys waarin hy gesê het dat dié aansoek vir verlof om te appeleer, sonder meriete was, dat dit stellig van die hand gewys sou word, en dat hy nie bereid was om dit te argumenteer nie. Nogtans het ek tog in die aansoek in Bloemfontein gaan verskyn. Die hoofregter was sir John Wessels, ’n befaamde regter, maar welbekend vir sy vyandige behandeling van advokate wanneer hy nie met hulle saamgestem het nie.

Aangesien hierdie my eerste verskyning in die appèlhof sou wees, het ek besluit om ’n tyd daar deur te bring en te luister na ’n appèl wat voor my aansoek gehoor sou word. Die appèlhof in Bloemfontein is een van die mooiste howe wat ek nog gesien het. Dit is ’n groot kamer met al die panele in stinkhout. Die storie is dat die hof gebou is gedurende die ampsbekleding van die vorige hoofregter, JA de Villiers, wat, siende dat hy ’n besondere kennis van hout gehad het, op hierdie paneelwerk aangedring het. Die lede op die bank was hoofregter Wessels en appèlregters Curlewis, Stratford, FW Beyers en sir Etienne de Villiers.

Ek erken dat ek nie aan ’n enkelle verdedigde saak, of appèl, of geopponeerde aansoek – en inderdaad ’n paar ongeopponeerde aansoeke – kan dink waar ek nie aan die begin van die saak senuweeagtig was nie. In hierdie geval het my kliënt nie juis enige meegevoel verdien nie; en heel moontlik het daar ’n ruwe verhoor op my gewag, veral vanaf hoofregter Wessels. Ek het begin: “Edelagbare, hierdie is ’n aansoek vir verlof om te appelleer.” Wessels het hardop gesê: “Verlof, verlof!” en, terwyl hy na my teenstander gedraai het – WG Hoal KC, prokureur-generaal van die Oranje-Vrystaat, wat die staat verteenwoordig het – toe gesê: “O, jy staan nie die verlof teen nie, nè?” Hoal wou, maar die manier waarop hierdie woorde oorgedra is, het vir my aangetoon, en ek was seker Hoal het ook so gevoel, dat Wessels sommer gou wou klaarspeel met hierdie aansoek.

En toe het ek voortgegaan met my argument. Hoofregter Justice Wessels het, soos ek verwag het, my baie rof behandel, soveel só dat, teen die tyd wat ek gaan sit het, dit gevoel het of ek die beskuldigde was. Terwyl ek gaan sit het, het regter Wessels in ’n fluisterstem aan regter Curlewis gesê – ek het dit gehoor, en dit kon seker agter in die hof ook gehoor word – “Jy wil nie vir Hoal hoor nie, wil jy?” Die betekenisinhoud van van daardie vraag, was natuurlik dat hy, Wessels, besluit het om die aansoekvan die hand te wys, en dat dit nie nodig was om die staat se betoog in antwoord te hoor nie. Curlewis het met Wessels saamgestem, so ook Stratford en Beyers.

Toe Wessels na sir Etienne gekyk het om uit te vind of hy ook saamgestem het, het sir Etienne aangedui dat hy nie saamgestem het nie. En toe het hy iets gedoen wat ek nooit daarna weer gesien het nie – en ek het by my kollegas verneem dat hulle ook nog nooit in ’n appèlhof so iets ervaar het nie. Sir Etienne het opgestaan en reg na die anderkant van die hof gestap na waar die hoofregter gesit het, en hy en die hoofregter het toe agter die stoel ’n gesprek gevoer. Die hoofregter se stoel is nogal hoog, en ek kon nie hoor wat hulle vir mekaar gesê het nie, maar wat ookal gesê is, die uitkoms was dat Hoal geroep is om na vore te kom met sy betoog. Dit het glad verloop. Ek het daarop geantwoord – ek kan nie onthou wat ek gesê het nie – maar die hof het uitspraak voorbehou.

Die uitslag was vir my ’n verrassing. Al die lede van die hof, behalwe Curlewis, wie se uitspraak verskil het, het besluit om die aansoek toe te staan. Die belangrikste uitspraak van dié wat besluit het om die aansoek toe te staan, was De Villiers s’n. Hy het daarop gewys dat, anders as die regters van die Transvaalse Provinsiale Afdeling (Tindall en Greenberg), die appèlhof nie gebonde was aan die vorige besluit van regters NJ de Wet en Grindley Ferris nie. Na sy mening was dit foutief. Die beskuldigde moes op daardie aanklag skuldig bevind geword het, maar omdat hy onskuldig bevind is, was hy geregtig op die voordeel van ’n pleit van autrefois acquit. Hy het die risiko geloop dat hy in die eerste hofsitting en die eerste appèl skuldig bevind kon word. De Villiers se uitspraak – soos al sy beslissings – was ’n toonbeeld van duidelikheid en logiese redenering.

Die verslag van die saak het gesê dat die appêl wel toegestaan is. Soos ek reeds aangedui het, was daar op daardie stadium geen appèl nie, maar slegs ’n aansoek om verlof om te appelleer. Hoofregter Wessels het gesê dat die hof nie finaal oor die saak kon besluit voordat die volle rekord van die verrigtinge voor die appèlhof was nie. Sir Etienne het nie so gedink nie; en na my mening heel korrek ook, want die punt was in wese een van geregtigheid en ’n voldoende gedeelte van die rekord was tydens die aansoek voor die hof.

Die appèl het die volgende jaar voorgekom, en die uitslag was ’n uitgemaakte saak. Dit was ’n formaliteit, en die appèl het geslaag.

Like A Cloud Over A Lake

Posted on March 15, 2018 by Cape Rebel

From Defying Hitler
by Sebastian Haffner
Written in 1933 in exile in England



This is the story of a duel.

It is a duel between two very unequal adversaries: an exceedingly powerful, formidable and ruthless state, and an insignificant, unknown private individual. The duel does not take place in what is commonly known as the sphere of politics. The individual is by no means a politician, still less a conspirator, or an enemy of the state. Throughout, he finds himself very much on the defensive. He only wishes to preserve what he considers to be his integrity, his private life and his personal honour. These are under constant attack by the Government of the country he lives in, and by the most brutal, but often also clumsy, means.

With fearful menace, the state demands that the individual give up his friends, abandon his lovers, renounce his beliefs and assume new, prescribed ones. He must use a new form of greeting, eat and drink in ways he does not fancy, employ his leisure in occupations he abhors, make himself available for activities he despises, and deny his past and his individuality. For all this, he must constantly express enthusiasm and gratitude.

The individual is opposed to all of that, but he is ill-prepared for the onslaught. He was not born a hero, still less a martyr. He is just an ordinary man with many weaknesses, having grown up in vulnerable times. He is nevertheless stubbornly antagonistic. So he enters into the duel – without enthusiasm, shrugging his shoulders, but with a quiet determination not to yield. He is, of course, much weaker than his opponent, but rather more agile. You will see him duck and weave, dodge his foe and dart back, evading crushing blows by a whisker. You will have to admit that, for someone who is neither a hero nor a martyr, he manages to put up a good fight. Finally, however, you will see him compelled to abandon the struggle or, if you will, transfer it to another plane.

The state is the German Reich, and I am the individual. Our fight may be interesting to watch, like any fight (indeed I hope it will be), but I am not recounting it just for entertainment. There is another purpose, closer to my heart.

My private duel with the Third Reich is not an isolated encounter. Thousands, maybe hundreds of thousands, of such duels, in which an individual tries to defend his integrity and his personal honour against a formidably hostile state, have been fought in Germany during the last six years. Each is waged in total isolation, and out of public view. Many of the duellists, greater heroes or martyrs by nature, have taken the fight further than I – as far as the concentration camps, or the gallows – and may perhaps be honoured by a future monument. Others were defeated much earlier, and are now silent grumblers in the ranks of SA reservists [Sturm-Abteilung, Nazi storm troopers] or NSV Blockwarts (block wardens) [National-Sozialistische Folkfursorge, National Socialist Society for the Welfare of the People].

One might well consider my case as typical. From it, you can easily judge the chances for mankind in Germany today.

You will see that they are pretty slim. They need not have been quite so hopeless if the outside world had intervened. It is still in the world’s interest, I believe, for these chances to be improved. It is too late to avoid a war, but it might shorten the war by a year or two. Those Germans of goodwill who are fighting to defend their private peace and their private liberty, are fighting, without knowing it, for the peace and liberty of the whole world.

Thus it still seems worthwhile, to me, to draw the attention of the world to the unknown events inside Germany.

The book will tell a story, not preach a sermon; but it has a moral which, like that ‘other and greater theme’ in Elgar’s Enigma Variations, silently ‘runs through and over the whole’. I will not mind if, after reading the book, you forget all the adventures and incidents that I recount; but I would be pleased if you did not forget the underlying moral.

~

Even before the totalitarian state advanced on me with threats and challenges, and taught me what it meant to experience history in person, I had already lived through a fair number of ‘historical events’. All Europeans of the present generation can make that claim, and none more so than the Germans.

Those events have naturally left their mark on me, as on all my compatriots. If one fails to appreciate this, one will not be able to understand what happened later. There is, however, an important difference between what happened before 1933, and what came afterwards. We watched the earlier events unfold. They occupied and excited us, sometimes they even killed one or other of us or ruined him; but they did not confront us with ultimate decisions of conscience. Our innermost being remained untouched. We gained experience, acquired convictions, but remained basically the same people. However, no one who has, willingly or reluctantly, been caught up in the machine of the Third Reich can honestly say that of himself.

Clearly historical events have varying degrees of intensity. Some may almost fail to impinge on true reality, that is, on the central, most personal part of a person’s life. Others can wreak such havoc that nothing is left standing. The usual way in which history is written fails to reveal this. ‘1890: Wilhelm II dismisses Bismarck’. Certainly a key event in German history, but scarcely an event at all in the biography of any German outside its small circle of protagonists. Life went on as before. No family was torn apart, no friendship broke up, no one fled the country. Not even a rendevous was missed or an opera performance cancelled. Those in love, whether happily or not, remained so; the poor remained poor, and the rich rich. Now compare that with: ‘1933: Hindenburg sends for Hitler’. An earthquake shatters sixty-six million lives.

Official, academic history has, as I said, nothing to tell us about the differences in intensity of historical occurrences. To learn about that, you must read biographies, not those of statesmen, but the all too rare ones of unknown individuals. There you will see that one historical event passes over the private, real lives of people like a cloud over a lake. Nothing stirs, there is only a fleeting shadow. Another event whips up the lake as if in a thunderstorm. For a while it is scarcely recognisable. A third may, perhaps, drain the lake completely.

I believe that history is misunderstood if this aspect is forgotten (and it usually is forgotten). So before I reach my proper theme, let me tell you my version of twenty years of German history – the history of Germany as a part of my private story. It will not take long, and it will make what follows easier to understand. Besides, it may help us get to know each other a little better.

Soos ’n Wolk Oor ’n Meer

Posted on March 15, 2018 by Cape Rebel

Uit Defying Hitler
deur Sebastian Haffner
In 1933 in ballingskap in Engeland geskryf



Hierdie is die storie van ’n tweegeveg.

Dit is ’n tweegeveg tussen twee baie ongelyke teenstanders: ’n uiters magtige, formidabele en meedoënlose staat, en ’n niksbeduidende, onbekende private individu. Die tweegeveg neem nie plaas in wat algemeen bekend is as die sfeer van die politiek nie. Die individu is hoegenaamd nie ’n politikus nie, nog minder ’n samesweerder, of ’n vyand van die staat. Hy bevind homself deurgaans op die verdediging. Sy wens is net om sy integriteit, sy private lewe en sy persoonlike eer te beskerm. Dié dinge word voortdurend aangeval deur die regering van die land waarin hy woon op die mees wreedaardige, maar partykeer ook onbeskaafde manier.

Met aaklige dreigemente dring die staat daarop aan dat die individu van sy vriende afsien, afstand doen van sy minnaars, sy geloof opgee, en nuwe voorgeskrewes aanneem. Hy moet groet, eet en drink op maniere waarvan hy nie hou nie, en in sy vrye tyd moet hy besig wees met dinge wat hy verafsku, homself beskikbaar maak vir aktiviteite wat hy verfoei, en sy verlede en sy individualiteit vergeet. Hy moet vir al dié dinge voortdurende entoesiasme en dankbaarheid betuig.

Die individu is gekant teen al daardie dinge, maar hy is swak voorberei vir die aanslag. Hy is nie as ’n held gebore nie, nog minder as ’n martelaar. Hy is maar net ’n gewone man met baie swakhede, wat in kwesbare tye grootgeword het. Nogtans is hy onversetlik antagonisties. Tog aanvaar hy die tweegeveg – sonder entoesiasme, skouerophalend, maar met ’n stille vasberadenheid om nie in te gee nie. Natuurlik is hy baie swakker as sy teenstander, maar nogtans ratser. Jy sal hom sien buk, swaai, wegswenk en terugspring, en verpletterende houe net-net ontduik. Jy sal moet toegee dat, vir iemand wat nóg ’n held nóg ’n martelaar is, hy daarin slaag om in die geveg goed te vertoon. Uiteindelik sal jy sien dat hy genoodsaak is om in die worsteling die aftog te blaas, of as jy dit verkies, dit na ’n ander speelveld te verplaas.

My private tweegeveg met die Derde Ryk is nie ’n geïsoleerde ontmoeting nie.  Duisende, miskien honderdduisende sulke tweegevegte, waarin ’n individu probeer om sy integriteit en sy persoonlike eer teen ’n formidabele vyandige staat te beskerm, het in Duitsland gedurende die laaste ses jaar plaasgevind.  Elke stryd is in totale isolasie, sonder dat die publiek daarvan bewus was, gevoer. Baie van die dualiste, groter helde of martelaars van nature, het die geveg verder as ek gevoer – so ver soos die konsentrasiekampe of die galg – hulle mag dalk in die toekoms met monumente vereer word. Ander persone is baie vroeër verslaan en is deesdae stille murmureerders in die geledere van SA reserviste [Sturm-Abteilung, Nazi-stormsoldate] of NSV Blockwarts (blokbewaarders) [National-Sozialistische Folkfursorge, Nasionalistiese Sosiale Vereniging vir die Welsyn van die Nasie].

My geval mag wel as tipies beskou word. Die geleenthede van die mense in Duitsland kan vandag daardeur beoordeel word.

Jy sal sien dat daar maar min hoop vir daardie geleenthede is. As die buitewêreld maar net ingegryp het, sou hulle nie so hopeloos gewees het nie. Dit is nog steeds in belang van die wêreld, so glo ek, dat hierdie geleenthede verbeter moet word. Dis te laat om ’n oorlog te verhoed, maar dit mag die oorlog met ’n jaar of twee verkort. Daardie goedgesinde Duitsers wat baklei om hulle private vrede en hulle private vryheid te verdedig, baklei sonder dat hulle daarvan bewus is, vir die vrede en vryheid van die hele wêreld.

Daarom lyk dit vir my steeds die moeite werd om die aandag van die wêreld op die onbekende gebeurtenisse in Duitsland te vestig.

Dié boek sal ’n storie vertel en nie ’n preek lewer nie. Maar dit het ’n sedeles wat, soos die “ander groot tema” in Elgar se Enigma Variations, “loop (stilweg) deur die hele geheel”. Dit sal my nie pla nie as jy, ná jy die boek gelees het, al die avonture en insidente wat ek vertel het, vergeet, maar dit sal my genot verskaf as jy nie die onderliggende moraal vergeet nie.

~

Selfs voor die totalitêre staat my genader het met dreigemente en uitdagings, en wat my geleer het wat dit beteken om die geskiedenis persoonlik te ervaar, het ek reeds ’n hele paar “historiese gebeurtenisse” beleef. Alle Europeërs van die teenwoordige geslag kan op dieselfde ervaring aanspraak maak, en niemand meer as die Duitsers nie.

Daardie gebeurtenisse het natuurlik hulle stempel op my afgedruk, net soos op al my landgenote. As mens dit nie waardeer nie, sal mens nie verstaan wat later gebeur het nie. Daar is egter ’n belangrike verskil tussen wat voor 1933 en wat daarna gebeur het. Ons het die vroeëre gebeurtenisse dopgehou soos dit ontvou het. Hulle het ons beset en ontstel, en daar was tye dat hulle selfs een van ons om die lewe gebring het of hom geruïneer het, maar hulle het ons nie met finale besluite van die gewete gekonfronteer nie. Ons innerlike wesens het onaangeraak gebly. Ons het ervaring opgedoen, skuldigbevindings is opgelê, maar basies het ons dieselfde mense gebly. Niemand wat gewilliglik of teensinnig in die masjien van die Derde Ryk vasgevang was, kan eerlik dit van homself sê nie.

Dis duidelik dat geskiedkundige gebeurtenisse wisselende grade van intensiteit het. Sommige mag amper nie daarin slaag om inbreuk te maak op die werklike realiteit nie, dit is, op die sentrale, mees persoonlike deel van ’n mens se lewe. Ander weer kan soveel verwoesting saai dat niks staande bly nie. Die gewone manier waarop geskiedenis geskryf word, slaag nie daarin om dit te openbaar nie. “1890: Wilhelm ll onthef Bismarck van sy amp”. Dit is verseker ’n deurslaggewende gebeurtenis in die Duitse geskiedenis, maar in die biografie van enige Duitser wat buite die klein sirkeltjie van pleitbesorgers staan, is dit kwalik ’n noemenswaardige gebeurtenis. Geen familie het ’n skeuring ondergaan nie, geen vriendskapsbande is verbreek, en niemand het die land uitgevlug nie. Selfs geen rendezvous is misgeloop of ’n opera-uitvoering gekanselleer nie. Verliefdes, of hulle gelukkig was of nie, het verlief gebly; die armes het arm gebly, en die rykes ryk. Vergelyk dit nou met: “1933: Hindenburg laat roep vir Hitler”. ’n Aardbewing verwoes ses en sestigmiljoen lewens.

Amptelike, akademiese geskiedenis het, soos ek gesê het, niks om ons te vertel oor die verskille in intensiteit van geskiedkundige voorvalle nie. Om daarvan te leer, moet jy lewensbeskrywings lees, nie dié van staatsmanne nie, maar liewer daardie heel rares van onbekende individue. Daar sal jy sien dat een historiese gebeurtenis oor die private, werklike lewe van mense soos ’n wolk oor ’n meer beweeg. Niks roer nie, daar is slegs ’n vlugtige skaduwee. ’n Ander gebeurtenis sal die water van die meer aan beweging bring soos in ’n donderstorm. ’n Derde sal miskien die meer heeltemal laat uitdroog.

Ek glo dat die geskiedenis misverstaan sal word as hierdie aspek vergete sou raak (en gewoonlik word dit vergeet). Voor ek dus my eintlike tema bereik, laat ek jou my weergawe van twintig jaar van Duitse geskiedenis vertel – die geskiedenis van Duitsland as deel van my private storie. Dit sal nie lank neem nie, en dit sal wat volg makliker maak om te verstaan. Dit mag eweneens ons help om mekaar bietjie beter te leer ken.

Face Downwards

Posted on March 15, 2018 by Cape Rebel

 


From 
The Affair At Ysterspruit
by Herman Charles Bosman

When the talk came round to the old days, leading up to and including the Second Boer War, I was always interested when they had a photograph that I could examine, at some farmhouse, in that part of the Groot Marico District that faces towards the Kalahari. And when they showed me, hanging framed against a wall of the voorkamer – or having brought it from an adjoining room – a photograph of a burgher of the South African Republic, father or son or husband or lover, then it was always with a thrill of pride in my land and my people that I looked on a likeness of a hero of the Boer War.

I was a school teacher, many years ago, at a little school in the Marico bushveld, near the border of the Bechuanaland Protectorate. The Transvaal Education Department expected me to visit the parents of the schoolchildren in the area at intervals. But even if this huisbesoek were not part of my after-school duties, I would have gone and visited the parents in any case. And when I discovered, after one or two casual calls, that the older parents were a fund of first-class story material, that they could hold the listener enthralled with tales of the past, with embroidered reminiscences of Transvaal life in the old days, then I became very conscientious about huisbesoek.

‘What happened after that, Oom?’ I would say, calling on a parent for about the third week in succession, ‘when you were trekking through the kloof that night, I mean, and you had muzzled both the black calf with the dappled belly and your daughter, so that Mojaja’s men would not be able to hear anything?’

And then the oom would knock out the ash from his pipe on to his veldskoen and he would proceed to relate – his words had a slow and steady rumble and with the red dust of the road in their sound, almost – a tale of terror or of high romance or of soft laughter.

~

It was quite by accident that I came across Ouma Engelbrecht in a two-roomed, mud-walled dwelling some little distance off the Government Road and a few hundred yards away from the homestead of her son-in-law, Stoffel Brink, on whom I had called earlier in the afternoon. I had not been in the Marico very long, then, and my interview with Stoffel Brink had been, on the whole, unsatisfactory. I wanted to know how deep the Boer trenches were dug into the foot of the koppies at Magersfontein, where Stoffel Brink had fought. Stoffel Brink, on the other hand, was anxious to learn whether, in regard to what I taught the children, I would follow the guidance of the local school committee, of which he was chairman, or whether I was one of that new kind of schoolteacher who went by a little printed book of subjects supplied by the Education Department. He added that this latter class of schoolmaster was causing a lot of unpleasantness in the bushveld through teaching the children that the earth moved round the sun, and through broaching similar questions of a political nature.

I replied evasively, with the result that Stoffel Brink launched forth for almost an hour on the merits of the old-fashioned Hollander schoolmaster, who could teach the children all he knew himself in eighteen months, because he taught them only facts.

‘If a child stays at school longer than that,’ Stoffel Brink added, ‘then the rest of the time he can only learn lies.’

I left about then, and on my way back, a little distance from the road and half concealed by a tall bush, I found the two-roomed dwelling of Ouma Engelbrecht.

~

I could see that Ouma Engelbrecht did not have much time for her son-in-law, Stoffel Brink. For when I mentioned his references to education, when I had merely sought to learn some details about the Boer trenches at Magersfontein, she said that maybe he could learn all there was to know in eighteen months, but that he had not learnt how to be ordinarily courteous to a stranger who came to his door – a stranger, moreover, who was a schoolmaster asking for information about the Boer War.

Then she spoke about her son, Johannes, who didn’t have to hide in a Magersfontein trench, but who was sitting straight up on his horse when all those bullets went through him at Ysterspruit, and who died of his wounds some time later. Johannes had always been such a well-behaved boy, Ouma Engelbrecht told me, and he was gentle and kind-hearted.

She told me many stories of his childhood and early youth. She spoke about a time when the span of red Afrikaner oxen got stuck with the wagon in the drift, and her husband and the labourers, with long whip and short sjambok, could not move them – and then Johannes had come along and he had spoken softly to the red Afrikaner oxen, and he had called on each of them by name, and the team had made one last mighty effort, and had pulled the wagon through to the other side.

‘And yet they never understood him in these parts,’ Ouma Engelbrecht continued. ‘They say things about him, and I hardly ever talk of him any more. And when I show them his portrait, they hardly even look at it, and they put the picture away from them, and when they are sitting on that rusbank where you are sitting now, they place the portrait of Johannes face downwards beside them.’

I told Ouma Engelbrecht, laughing reassuringly the while, that I stood above the pettiness of local intrigue. I told her that I had already noticed that there were all kinds of queer undercurrents below the placid surface of life in the Groot Marico. There was the example of what had happened that very afternoon, when her son-in-law, Stoffel Brink, had conceived a nameless prejudice against me, simply because I was not prepared to teach the schoolchildren that the earth was flat. I told her that it was ridiculous to imagine that a man in my position, a man of education and wide tolerance, should allow himself to be influenced by local Dwarsberge gossip.

Ouma Engelbrecht spoke freely, then, and the fight at Ysterspruit lived for me again – Kemp and De la Rey and the captured English convoy, the ambush and the booty of a million rounds of ammunition. It was almost as though the affair at Ysterspruit was being related to me, not by a lonely old woman whose son received his death wounds on the vlaktes near Klerksdorp, but by a burgher who had taken a prominent part in the battle.

And so, naturally, I wanted to see the photograph of her son, Johannes Engelbrecht.

When it came to the Boer War (although I did not say this to Ouma Engelbrecht), I didn’t care if a Boer commander was not very competent or very cunning in his strategy, or if a burgher was not particularly brave. It was enough for me that they had fought. And to me General Snyman, for instance, in spite of the history books’ somewhat unflattering assessment of his military qualities, was a hero, none the less. I had seen General Snyman’s photograph, somewhere; that face was like Transvaal blouklip; those eyes had no fire in them, but a stubborn and elemental strength. You still see Boers in the backveld with that look today.

It was well on towards evening when Ouma Engelbrecht, yielding at last to my cajoleries and entreaties, got up slowly from her chair and went into the adjoining room. She returned with a photograph enclosed in a heavy black frame. I waited, tense with curiosity, to see the portrait of that son of hers who had died of wounds at Ysterspruit, and whose reputation the loose prattle of the neighbourhood had invested with a dishonour as dark as the frame about his photograph.

Flicking a few specks of dust from the portrait, Ouma Engelbrecht handed the picture to me.

And she was still talking about the things that went on in a mother’s heart, things of pride and sorrow that the world did not understand, when, in an unconscious reaction, and hardly aware of what I was doing, I placed beside me on the rusbank, face downwards, the photograph of a young man whose hat brim was cocked on the right side, jauntily, and whose jacket with narrow lapels was buttoned up high.

With a queer jumble of inarticulate feelings, I realised that, in the affair at Ysterspruit, they were all Mauser bullets that had passed through the youthful body of Johannes Engelbrecht, National Scout.

Gesig Na Onder

Posted on March 15, 2018 by Cape Rebel

Uit The Affair At Ysterspruit
deur Herman Charles Bosman

 

As daar by een of ander ou plaashuis in daardie deel van die distrik van die Groot Marico, wat op die Kalahari uitkyk, oor die ou dae voor en gedurende die Tweede Boereoorlog gepraat is, het ek altyd belanggestel as daar ’n foto was waarna ek kon kyk. En as hulle vir my die foto van ’n burger van die Suid-Afrikaanse Republiek gewys het waar dit in ’n raam teen die muur van ’n voorkamer gehang het, of ná dit uit ’n kamer langsaan gaan haal is – ’n pa of ’n seun of ’n eggenoot of ’n minnaar – was dit ’n gevoel van opwinding en trots in my land en my mense wat ek beleef het terwyl ek gekyk het na die ewebeeld van ’n held uit die Boereoorlog.

Baie jare gelede was ek ’n onderwyser by ’n klein skooltjie in die Marico-bosveld naby die grens van die Betsjoeanalandse protektoraat. Die Transvaalse Onderwysdepartement het van my verwag om met tussenposes die ouers van die skoolkinders in die omgewing te besoek. Maar selfs al was die huisbesoek nie deel van my naskoolse pligte nie, sou ek die ouers in elk geval besoek het. En ná ek ná een of twee informele besoeke ontdek het dat die ouerige ouers ’n bron van eersterangse storiemateriaal was, en dat hulle die luisteraar met stories uit die verlede, met aangedikte herinneringe uit die lewe in Transvaal in die ou dae, kon betower – het ek baie pligsgetrou geraak met my huisbesoek.

“Wat het daarna gebeur, oom?” sou ek sê, nadat ek vir omtrent drie keer na mekaar by ’n ouer besoek afgelê het, “toe oom daardie nag deur die kloof getrek het, oom weet, en nadat oom die swart kalf met die bontgevlekte maag en oom se dogter gemuilband het, sodat Mojaja se manne nie iets sou kon hoor nie?”

En dan sou die oom die as uit sy pyp teen sy velskoen uitklop en aangaan met die vertel van sy storie – sy woorde, ’n stadige en egalige gebrom-dreun, so amper asof die rooi stof van die pad in die klank daarvan was – ’n storie van verskrikking, of van warm romanse, of van sagte gelag.

~

Dit was heel per ongeluk dat ek ouma Engelbrecht in ’n tweekamerhuisie met  moddermure raakgeloop het – so ’n klein entjie van die regeringspad af en ’n paar honderd jaarts van haar skoonseun se opstal af. Hy was Stoffel Brink en ek het vroeër die middag by hom ook ’n besoek afgelê. Ek was toe nog nie vir lank in die Marico nie, en my onderhoud met Stoffel Brink was oor die algemeen onbevredigend. Ek wou weet hoe diep die Boere se loopgrawe aan die voet van die koppie by Magersfontein, waar Stoffel Brink geveg het, uitgegrawe was. Stoffel Brink, daarteenoor, was gretig om te weet hoe ek die kinders geleer het – of ek die leiding van die plaaslike skoolkomitee, waarvan hy die voorsitter was, sou volg. Of was ek een van daardie nuwe soort onderwysers wat ’n klein gedrukte boekie van vakke, wat deur die onderwysdepartement voorsien was, nagevolg het. Hy het bygevoeg dat die laasgenoemde soort van skoolmeester ’n hele klomp onaangenaamhede in die bosveld veroorsaak het, deurdat die kinders geleer is dat die aarde om die son beweeg, en dat soortgelyke kwessies van ’n politieke aard ook te berde gebring is.

Ek het ontwykend geantwoord, met die gevolg dat Stoffel Brink vir bykans ’n uur die meriete van die ou Hollandse skoolmeester van stapel laat loop het. Daardie skoolmeester kon binne agtien maande alles wat hy geweet het vir die kinders leer, want hy het hulle net feite geleer. “As ’n kind langer as dit in die skool bly,” het stoffel Brink bygevoeg, “sou hy vir die res van die tyd net leuens leer.”

Teen omtrent daardie tyd het ek vertrek, en oppad terug, ’n klein entjie van die pad af half weggesteek agter hoë bosse, het ek die tweekamer opstallletjie van ouma Engelbrecht aangetref.

~

Ek kon sien dat ouma Engelbrecht nie veel tyd vir haar skoonseun, Stoffel Brink, gehad het nie. Want toe ek vir haar na sy verwysings oor die onderwys genoem het – toe ek maar eintlik net meer besonderhede van die Boere-loopgrawe by Magersfontein te wete wou kom – het sy gesê dat hy miskien alles wat daar te wete was in agtien maande kon leer, maar hy kon nie leer hoe om gewoonweg hoflik teenoor ’n vreemdeling wat na sy deur toe gekom het, te wees nie – ’n vreemdeling wat bowendien ’n skoolmeester was wat inligting oor die Boereoorlog gevra het.

Toe het sy oor haar seun, Johannes, gepraat. Die seun wat nie in ’n loopgraaf by Magersfontein moes wegkruip nie, maar wat regop op sy perd gesit het toe al daardie koeëls by Ysterspruit deur hom gegaan het, en wat later aan sy wonde beswyk het. Johannes was altyd so ’n goedgemanierde seun, het ouma Engelbrecht my vertel, en hy was saggeaard en goedhartig.

Sy het my baie stories oor sy kinderjare en toe hy nog jonk was, vertel. Sy het gepraat oor ’n span rooi Afrikanerosse wat met die wa in die drif vasgeval het, en hoe haar man en die werkers met ’n lang sweep en ’n kort sjambok hulle nie kon beweeg nie. En toe het Johannes daar aangekom en hy het sag met die rooi Afrikanerosse gepraat, en hy het elkeen van hulle op hulle name genoem, en die span het een laaste magtige poging aangewend, en die wa deur die drif en anderkant uitgetrek.

“En tog in hierdie omtrek het hulle hom nie verstaan nie,” het ouma Engelbrecht verder vertel. “Hulle het dinge van hom gesê, en ek praat omtrent nooit meer van hom nie. En wanneer ek hulle sy portret wys, kyk hulle omtrent glad nie daarna nie, en stoot hulle die foto van hulle af weg, en wanneer hulle op daardie rusbank sit waarop jy nou sit, sit hulle die portret van Johannes langs hulle, met die gesig na onder.”

Met ’n gerusstellende glimlag het ek aan ouma Engelbrecht gesê dat ek vir ’n wyle bo die kleingeestigheid van die plaaslike intrige gestaan het. Ek het aan haar vertel dat ek reeds opgelet het dat daar allerhande verdagte onderstrominge onder die kalm oppervlakte van die lewe in die Groot Marico was. Daar was die voorbeeld van wat daardie selfde middag gebeur het, toe haar skoonseun, Stoffel Brink, ’n naamlose vooroordeel teenoor my bedink het, omdat ek eenvoudig nie bereid was om die skoolkinders te leer dat die aarde plat is nie. Ek het haar vertel dat dit belaglik was om jou voor te stel dat ’n man in my posisie, ’n opgevoede en geleerde man met ruimskootse verdraagsaamheid, homself sou toelaat om deur plaaslike Dwarsberge-skinderstories beïnvloed te word.

Ouma Engelbrecht het toe openlik gepraat, en die geveg by Ysterspruit het vir my toe weer lewe gekry – Kemp en De la Ray en die gebuite Engelse konvooi, die hinderlaag en die buit van ’n miljoen koeëls. Dit was amper asof die affêre by Ysterspruit aan my oorgedra is, nie deur ’n eensame ou vrou wie se seun wat sy dodelike wonde op die vlaktes naby Klerksdorp opgedoen het nie, maar deur ’n burger wat ’n prominente rol in die geveg gespeel het.

En natuurlik wou ek die foto van haar seun Johannes Engelbrecht sien.

Wanner die Boereoorlog te berde gebring word (hoewel ek dit nie vir ouma Engelbrecht gesê het nie), het ek nie omgegee of ’n Boere bevelhebber nie juis baie bekwaam of heel deurtrapt in sy strategie was nie, of as ’n burger nie besonder dapper was nie. Vir my was dit genoeg dat hulle geveg het. En byvoorbeeld vir my, ten spyte van die geskiedenisboeke se ietwat onvleiende waardebepaling van sy militêre kwaliteite, was generaal Snyman nietemin ’n held. Êrens het ek generaal Snyman se foto gesien: daardie gesig was soos Transvaalse blouklip; daardie oë het geen vuur in hulle gehad nie, maar slegs ’n koppige en primitiewe krag. Vandag nog kan jy Boere in die gramadoelas sien met so ’n voorkoms.

Dit het al aand begin raak toe ouma Engelbrecht uiteindelik toegegee het aan my mooipraat en gesmeek, en toe stadig uit haar stoel opgestaan en na die aangrensende kamer toe geloop het. Sy het teruggekeer met ’n foto omhul in ’n swaar swart raam. Gespanne van nuuskierigheid het ek gewag om die portret van haar seun, wat aan sy wonde by Ysterspruit gesterf het, en aan wie se reputasie die geklets in die omgewing ’n skandvlek, so donker soos die portretraam, vasgeheg het, te sien.

Na sy die stofdeeltjies van die portret afgevee het, het ouma Engelbrecht dit aan my oorhandig.

En sy was nog besig om te praat oor die dinge in ’n moeder se hart, dinge soos trots en smart wat die wêreld nie verstaan het nie toe – in ’n onbewuste reaksie, sonder om regtig te besef wat ek gedoen het – ek die jong man se foto langs my op die rusbank geplaas het – gesig na onder. Die jong man se hoederand was swierig aan die regterkant opgeslaan en sy baadjie, met die smal lapelle, was hoog op vasgeknoop.

Met ’n snaakse warboel van omsamehangende gevoelens, het ek besef dat, in daardie gebeurtenis by Ysterspruit, dit almal Mauserkoeëls was wat deur die jong liggaam van Johannes Engelbrecht, National Scout, getrek het.

The Hoof-beats Of A Commando At Full Gallop

Posted on March 15, 2018 by Cape Rebel

From A Boer Rip Van Winkel
by Herman Charles Bosman

Every writer has got, lying around somewhere in a suitcase or a trunk, various parts of a story that he has worked on from time to time, and that he has never finished, because he hasn’t been able to find out how the theme should be handled. Such a story – that I’ve had lying in a suitcase for many years – centres around the things that happened to Herklaas van Wyk.

The plot of a story has no particular appeal for me. I feel that to sit down and work out a plot does not call for the highest form of literary inspiration. Rather does that form of activity recall the skill of the inventor.

My own stories that I like best are those that have just grown. Some mood, conjured up in half a dozen words, has set me going, and it has often happened to me that, only when I have got to very near the end in the writing of it, has the shape of the story suddenly dawned on me. And more than once I have been surprised to find what a very old tale it was that has kept me from the chimney corner. Agreeably surprised, that is, for I have a preference for old tales.

But my inability to finish writing the story of Herklaas van Wyk is not due to the denouement not having taken some recognisable form in my mind within the last few hundred words. It hasn’t been that kind of writer’s problem. I didn’t put my hand in the hat and a story came out that wouldn’t unfold. On the contrary, this story told itself quite all right, in all its main essentials. What is more, within the first few paragraphs, I realised very clearly to what general class of story it belonged. But there were so many hiatuses between the time when Herklaas van Wyk was last seen with the remnants of the Losberg commando, towards the end of the Boer War, in 1902, and the time when he was captured with General Kemp outside Upington in the rebellion of 1914.

If I could fill in that interval of a dozen years satisfactorily, I would still be able to write the story of Herklaas van Wyk. Yet the very fascination of this story is intimately bound up with the nature of that lacuna. It is no new thing to have a story of which the end is a mystery – something that the reader must work out for himself, with or without a clue supplied by the author. But when the middle part of a story – which gives atmosphere to the whole sequence of real and imaginery events – is missing, then I feel that I am confronted with an artistic problem of an order that I am not sure it is wise for a writer to tackle.

I don’t mind writing a story in which the plot is vague. But when the atmosphere isn’t there – the background and the psychology and the interplay of situation and character – then what’s left is not my idea of a story.

The events with which Herklaas van Wyk was connected in the early part of 1902 were commonplace enough. There are still a number of Boers alive today who were on commando with him. Kritzinger’s invasion of the Cape Colony is an episode that has passed into history. And a considerable body of Boers, members of commandos that kept being split up into ever-smaller groups, succeeded in penetrating to the Atlantic Ocean, and in remaining in the field, deep inside the Cape Colony, long after the main commando had retreated beyond the Vaal.

It was in 1902 that Herklaas van Wyk, then promoted to the rank of veldkornet, caught sight, in the blue distance, of the unquiet Atlantic. The small body of men pushed on to the beach. They had come a long way, from the Transvaal and the Free State, and also from the Karoo, where a number of Cape rebels had joined the fighting forces of the Republics. It was a mixed group of burghers that came to a halt on the white sand of the beach south of Okiep.

~

Facing out to sea, Herklaas van Wyk slowly took off his hat.

‘It’s no good, kêrels,’ he called out above the roar of the waves and the wind, ‘we’ll have to go back again. There’s no drift around here where we’ll be able to get our horses through.’

About Herklaas van Wyk there was a certain measure of grandeur, even in defeat.

And his story, up to that time when the sea-wind was whistling through his black beard, was straightforward enough. In fact, you can read about him in any history book dealing with that period. But it is on his way back to the Transvaal, when he and his men had to elude flying English columns and had to cross barbed-wire fences with blockhouses threaded on to them, that Herklaas van Wyk quits the pages of printed history, complete with dates and place-names, and enters the realm of legend.

It is generally accepted that he was still in the field when the Boer War ended in May 1902. His own storyis that he crept into a deserted rondavel at the foot of a koppie in the Upington District, and that he fell asleep there, with his Mauser beside him, and his horse tethered to a thorn-tree.

Another story – subscribed to on doubtful authority by fellow members of the rebel commando that surrendered with Herklaas van Wyk in 1915, after General Kemp had failed to take Upington – seeks to account for that interval of a dozen years in a different fashion. In terms of this latter attempt at reconstructing the facts, all that happened to Herklaas van Wyk between 1902, the end of the Boer War, and 1914, the year of the outbreak of the rebellion, was that he lived on some farm in the Upington District as a bywoner. It is readily conceivable, protagonists of this standpoint declare, that he slept quite a lot during that period, especially on hot afternoons when his employer had sent him out to look for strayed cattle. Who has not heard – this school of doubters asks – of a bywoner lying asleep in his rondavel when he should be at the borehole pumping water?

I can only reply that this theory, which represents him as a decadent bywoner, does not fit in with my conception of Herklaas van Wyk as a person.

~

I still prefer Herklaas van Wyk’s own story, which he told to anybody who would listen, after he had been captured by Botha’s Government forces. For one thing, if we accept Herklaas van Wyk’s account of his long sleep in the abandoned rondavel at the foot of a koppie in the Upington District, we have the material for a South African legend as stirring as the one that Washington Irving chronicled. This is surely no idle coincidence. Above all, there is a Gothic quality in Herklaas van Wyk’s own story – a gloomy magnificence that is never absent from the interior of a rondavel at the foot of a koppie, if that koppie is composed of ironstone.

Herklaas van Wyk asleep in a dark corner, waiting, a backveld Barbarossa, for his far-off awakening, in an hour filled with the thunder of horse-hooves and the noise of battle.

~

The old man with the white beard and the rusty Mauser and the walking skeleton of a horse had been with Kemp’s rebel commando for the best part of a week of dispirited running away from the Government forces. It now began to dawn on the little band of 1914 rebels that Oom Herklaas van Wyk was (as they interpreted it) in his second childhood. It was clear that he thought the year was 1902. It was obvious that he did not know that he was a rebel who had taken the field against the Union troops. Instead, he spoke of himself as a Transvaal burgher, and he referred to Cronjé’s surrender at Paardeberg scornfully, as though it had taken place yesterday.

He was very puzzled, also, when he learnt for the first time that the rebel commando was being pursued by a column of Botha-men.

‘But if Botha is chasing us,’ Herklaas van Wyk demanded, ‘who is fighting Kitchener?’

Thus it came about, one evening when the rebels were encamped in a bluegum plantation on the road to Upington, that a lot of explanations were made.

‘I remember the day you joined us, Oom Herklaas,’ Jan Gouws, a young rebel, said after Herklaas van Wyk had told his story and they had persuaded him that the year was, indeed, 1915, and that he was not now fighting in the Boer War. ‘Your white beard was blowing in the wind, Oom Herklaas, and several of us laughed at the awkward way your old horse cantered, throwing his legs all to one side. So you really say you slept for twelve years?’

‘I believe now – now that you’ve told me,’ Herklaas van Wyk replied, ‘that I must have lain asleep on the floor of that rondavel all those years. That must have been just at the end of the Boer War. And it’s funny that I didn’t wake up before my nation again needed me.’

The rebels received the old man’s last remark in silence. They were beginning to doubt the wisdom of their armed uprising. They had been driven from pillar to post for many days. Incessant rain had damped their ardour.

‘Did you remember to wind your watch before you went to sleep in that rondavel, Oom Herklaas?’ Jan Gouws asked, trying to change the subject.

The others did not laugh at this sally. For one thing, the rain had started coming down again.

Some of the rebels seemed half-inclined to believe Herklaas van Wyk’s story. And there seemed to be something inexplicably solemn in the thought of a burgher of the Transvaal Republic going to sleep in the corner of a deserted rondavel, with his Mauser at his side – and only waking up again a dozen years later, when men were once more riding with rifles slung across their shoulders.

‘Did you dream at all during that time, Oom Herklaas?’ another man asked, in a half-serious tone.

The old man thought for a little while.

‘I remember dreaming about a mossie settling on a coral tree that was full of red flowers,’ Herklaas van Wyk answered slowly, ‘but I think I dreamt of it a long time back – after I had been asleep only four years or so.’

Jan Gouws shivered. The red flowers on that coral tree must be pretty well faded by now, he thought. And it gave him a queer feeling to think of that mossie, that an old man saw in a dream, flitting about in the sunshine of long ago. It made Jan Gouws feel uncomfortable, for a reason he could not explain.

‘My Mauser is very rusty,’ Herklaas van Wyk continued. ‘I’ve tried oiling it, but that doesn’t help. I’ll have to hands-up or shoot one of the enemy, and take his Lee-Metford off him, like we used to do. How long will it take us to win this war, do you think?’

The rebels did not answer. They knew that their cause was already shot to pieces. In spite of the old man’s senility, there seemed to emanate from his spirit a strange kind of assurance, a form of steadfastness in the face of adversity and defeat, that they themselves did not possess. It seemed that there was something inside the entrails of this burgher of the Transvaal Republic that they didn’t have. Something firm and constant that they had lost. And they felt, sensing the difference between the previous generation and their own, without being able to express their feelings in words, that in that difference lay their defeat.

‘What happened about your horse, Oom Herklaas?’ a young rebel asked eventually.

Outwardly delapidated, Herklaas van Wyk still seemed to represent, somehow, the gloom and grandeur of a greater day.

‘I tethered my horse to a thorn-tree,’ Herklaas van Wyk said, ‘and he, too, must have fallen asleep. I’m sure that the hoof-beats of a commando at full gallop must have awakened him, also. For when I got to the thorn tree – which hadn’t grown much during that time: you know how slowly a thorn-tree grows – my old war horse was sniffing the wind and pawing the ground. And his neck was arched.’

Die Hoefslae van ’n Kommando op Volle Vaart

Posted on March 15, 2018 by Cape Rebel

Uit A Boer Rip Van Winkel 
deur Herman Charles Bosman

 

Elke skrywer het in ’n tas of ’n trommel wat êrens rondlê, verskeie dele van ’n storie waaraan hy so nou en dan aan gewerk het, en wat hy nooit klaargekry het nie, want hy kon nie vasstel hoe die tema gehanteer moes word nie. So ’n storie – wat ek vir baie jare in ’n tas laat lê het – draai om die dinge wat met Herklaas van Wyk gebeur het.

Die intrige van ’n storie staan my nie juis aan nie. Ek voel om te gaan sit en ’n intrige uit te werk, nie beroep doen op die hoogste vorm van literêre inspirasie nie. Daardie soort aktiwiteit laat mens dink aan die vaardigheid van die uitvinder.

My eie stories waarvan ek die meeste hou is daardie wat net eenvoudig ontwikkel het. Een of ander gemoedstemming, in ’n halfdosyn woorde opgeroep, het my aan die gang gekry, en dit het al dikwels met my gebeur dat, slegs wanneer ek na aan die einde van die skrywery daarvan gekom het, die vorm van die storie skielik tot my deurgedring en duidelik geword het. En ek was al meer as een keer verras om te vind dat dit ’n baie ou verhaal was wat my weg van die hoekie van die haard gehou het. Dit het my aangenaam verras, want ek het ’n voorkeur vir ou verhale.

Maar my onvermoë om die storie van Herklaas van Wyk klaar te skryf is nie as gevolg van die dénouement wat nie ’n herkenbare vorm in my kop in die laaste paar honderd woorde kon vorm en aanneem nie. Dit was nie daardie soort skrywersprobleem nie. Ek het nie my hand in ’n hoed gesteek en ’n storie uitgetrek wat nie wou ontvou nie. Inteendeel, hierdie storie het homself heeltemal mooi in al sy belangrikste noodsaaklikhede vertel. Wat meer is, binne die eerste paar paragrawe het ek duidelik geweet watter soort van verhaal dit moes wees. Maar daar was soveel leemtes tussen die tyd toe Herklaas van Wyk die laaste keer te siene was saam met dit wat oorgebly het van die Losberg-kommando, aan die einde van die Boereoorlog in 1902, en die tyd toe hy saam met generaal Kemp net buite Upington in die 1914 Rebellie gevangene geneem is.

As ek daardie tydsverloop van ’n dosyn jare bevredigend kon vul, sou ek steeds die storie van Herklaas van Wyk kon skryf. Tog is die wonder van hierdie storie innig gebonde aan die aard van daardie lacuna. Dis niks nuuts om ’n storie te hê wat in ’n raaisel eindig nie – iets wat die leser vir homself moet uitwerk, met of sonder ’n leidraad deur die skrywer voorsien. Maar wanneer die middelste gedeelte van ’n storie – wat atmosfeer aan die hele reeks van ware en denkbeeldige gebeurtenisse skenk – verlore is, dan voel dit vir my dat ek gekonfronteer word met ’n artistieke probleem van ’n klas waarvan ek nie seker is of dit wys is vir ’n skrywer om aan te pak nie.

Ek gee nie om, om ’n storie te skryf waarin die intrige vaag is nie. Maar wanneer die atmosfeer ontbreek – die agtergrond en die sielkunde en die wisselwerking van die situasie en die karakter – wat dan oorbly is nie my idee van ’n storie nie.

Die gebeurtenisse waarmee Herklaas van Wyk in die begin van 1902 verbind was, was alledaags genoeg. Daar lewe vandag nog ’n aantal Boere wat saam met hom op kommando was. Kritzinger se inval in die Kaapkolonie is ’n episode wat nou geskiedenis is. ’n Aantal Boere, lede van kommando’s wat in kleiner en nog kleiner groepe opgebreek het, het daarin geslaag om tot by die Atlantiese oseaan deur te breek. En hulle het diep binne-in die Kaapkolonie op die slagveld aangebly, lank na die hoofkommando tot anderkant die Vaal teruggeval het.

Dit was in 1902 dat Herklaas van Wyk, wat toe tot die rang van veldkornet bevorder is, in die verte die woelige Atlantiese oseaan in die oog gekry het. Die klein groepie manne het aangestoot tot op die strand. Hulle het ’n lang pad gekom, van Transvaal en die Vrystaat af, en ook vanuit die Karoo waar ’n aantal Kaapse rebelle by die vegtende magte van die Republieke aangesluit het. Dit was ’n gemengde groep burgers wat daar op die wit sand van die strand suid van Okiep halt geroep het.

~

Terwyl hy ver oor die see uitgekyk het, het Herklaas van Wyk stadig sy hoed afgehaal. 

“Kêrels, dit lyk nie goed nie,” het hy so oor die gedreun en gedruis van die branders en die wind gesê. “Ons sal moet teruggaan. Daar is nie ’n drif hier rond waar ons die perde sal kan deurkry nie.”

Rondom Herklaas van Wyk was daar ’n mate van grootsheid, selfs in neerlaag.

En sy storie, tot met daardie tyd toe die seewind deur sy swart baard gefluit het, was eerlik en opreg genoeg. Jy kan inderdaad, in enige geskiedenisboek wat oor daardie periode handel, oor hom lees. Maar dis toe hy op pad terug Transvaal toe was, toe hy en sy manne vlugtige Engelse kolonne moes ontwyk en hulle verby doringdraadheinings vasgeknoop aan blokhuise moes kom, dat Herklaas van Wyk die gedrukte geskiedenisbladsye, geheel en al met datums en plekname, vaarwel toegeroep, en die terrein van legendes binnegegaan het.

Dit word algemeen aanvaar dat hy nog in die veld was toe die Boereoorlog in Mei 1902 geëindig het. Sy eie storie is dat hy aan die voet van ’n koppie, in die Upingtonse distrik by ’n verlate rondawel ingekruip het. Daar het hy aan die slaap geraak met sy Mauser langs hom en sy perd aan ’n doringboom vasgemaak.

’n Ander storie – toegeskryf aan twyfelagtige outoriteite deur medelede van die rebellekommando wat saam met Herklaas van Wyk in 1915, ná generaal Kemp nie daarin kon slaag om Upington in te neem nie, oorgegee het – verduidelik daardie tydperk van ’n dosyn jaar op ’n ander manier. Volgens die laasgenoemde poging om die feite te rekonstrueer, was al wat met Herklaas van Wyk tussen 1902, die einde van die Boereoorlog, en 1914, die jaar van die uitbreek van die rebellie, gebeur het, dat hy op ’n plaas in die distrik van Upington as ’n bywoner gewoon het. Dit is geredelik aanvaarbaar, het pleitbesorgers van hierdie standpunt verklaar, dat hy gedurende hierdie periode baie geslaap het, veral op warm middae wanneer sy werkgewer hom uitgestuur het om na afgedwaalde beeste te loop soek. Wie het nog nie gehoor – het hierdie groepie twyfelaars gevra – van ’n bywoner wat in sy rondawel gelê en slaap het terwyl hy by die boorgat water moes gepomp het nie?

Ek kan maar net sê dat hierdie teorie, wat hom as ’n dekadente bywoner uitbeeld, nie inpas met my voorstelling van Herklaas van Wyk as persoon nie.

~

Ek verkies nog Herklaas van Wyk se eie storie wat hy, ná hy deur Botha se regeringsmagte gevangene geneem is, aan enigeen wat wou luister, vertel het. Nog ’n ding, as ons Herklaas van Wyk se weergawe van sy lang slaap in die verlate rondawel aan die voet van die koppie in die Upingtonse distrik aanvaar, het ons die materiaal vir ’n Suid-Afrikaanse legende wat net so aangrypend is as die een wat Washington Irving geboekstaaf het. Dit is verseker geen ydele toeval nie. Bowenal is daar ’n gotiese element in Herklaas van Wyk se eie verhaal – ’n swaarmoedige grootsheid wat nooit afwesig is van die binnekant van ’n rondawel aan die voet van ’n koppie nie, as daardie koppie uit ysterklip gevorm is.

Herklaas van Wyk vas aan die slaap in ’n donker hoek, ’n grammadoelas-Barbarossa al wagtende op sy veraf ontwaking in ’n uur gevul met die donderende perdehoewe en die rumoer-lawaai van oorlog.

~

Die ou man met die wit baard en die geroeste Mauser en die lopende geraamte van ’n perd, was vir die grootste gedeelte van ’n week, saam met Kemp se kommando, besig met ’n moedelose weghollery van die regeringsmagte af. Dit het nou tot die kleinkrygsbende van 1914-rebelle deurgedring dat oom Herklaas van Wyk (soos hulle dit geïnterpreteer het) kens was. Dit was duidelik dat hy gedink het, dat dit die jaar 1902 was. Dit was voor die hand liggend dat hy nie geweet het dat hy ’n rebel was wat teen die troepe van die Unie te velde getrek het nie. In plaas daarvan het hy homself as ’n Transvaalse burger beskou, en het hy veragtelik verwys na Cronje se oorgawe by Paardeberg asof dit gister plaasgevind het.

Verder was hy ook verbysterd toe hy vir die eerste keer gehoor het dat daar deur ’n kolonne van Botha-manne op die rebellekommando jag gemaak is.

“Maar as Botha ons jaag,” het Herklaas van Wyk op aangedring, “wie baklei teen Kitchener?”

So het dit een aand gebeur, toe die rebelle in ’n bloekomplantasie kamp opgeslaan het, dat daar heelwat van ’n verduideliking plaasgevind het.

“Ek onthou die dag toe jy by ons aangesluit het, oom Herklaas,” het Jan Gouws, ’n jong rebel, gesê ná Herklaas van Wyk sy storie vertel het en hulle hom oortuig het dat die jaar inderdaad 1915 was, en dat hy nie in die Boereoorlog geveg het nie. “Jou wit baard het in die wind gewaai, oom Herklaas, en ’n hele klomp van ons het gelag oor die lompe manier wat jou ou perd geloopdraf het, met sy bene wat hy so na die kante toe uitgegooi het. So jy sê dat jy regtig vir twaalf jaar geslaap het?”

“Maar ek glo nou – nou dat jy my vertel het,” het Herklaas van Wyk geantwoord, “dat ek op die vloer van daardie rondawel vir al die jare gelê en slaap het. Dit moes seker net aan die einde van die Boereoorlog gewees het. En dis snaaks dat ek nie wakker geword het voor my nasie my weer nodig gehad het nie.”

Die rebelle het die ou man se laaste opmerking in stilte aangehoor. Hulle het begin twyfel daaraan of hulle gewapende opstand ’n verstandige ding was om te doen. Vir baie dae is hulle van bakboord na stuurboord aangejaag. En die onophoudelike reën het hulle geesdrif gedemp.

“Oom Herklaas, het jy onthou om jou horlosie op te wen voordat jy in daardie rondawel gaan lê en slaap het?” het Jan Gouws gevra, in ’n poging om die gesprek te verander.

Die ander burgers het nie vir hierdie kwinkslag gelag nie. Vereers het dit weer begin reën.

Sommige van die ander burgers het so half aan oom Herklaas se storie begin glo. Daar was iets onverklaarbaars gewigtig en plegtig aan die gedagte van ’n burger van die Transvaalse Republiek wat in die hoek van ’n verlate rondawel gaan lê en slaap het, met sy Mauser aan sy sy – en wat toe eers ’n dosyn jare later wakker geword het, toe daar weereens manne aan die ry was met hulle gewere wat dwarsoor hulle skouers gehang het.

“Het jy enigsins gedurende daardie tyd gedroom, oom Herklaas?” het ’n ander man op so ’n ietwat ernstige toon gevra.

Die ou man het vir ’n rukkie gedink.

“Ek onthou dat ek van ’n mossie gedroom het wat op ’n koraalboom vol rooi blomme gaan sit het,” het oom Herklaas stadig gesê, “maar ek dink dit was ’n lang ruk terug – nadat ek vir omtrent so vier jaar of so geslaap het.

’n Rilling het deur Jan Gouws gegaan. Die rooi blomme aan daardie boom moes seker teen hierdie tyd behoorlik verlep wees, het hy gedink. En dit het hom ’n snaakse gevoel gegee om te dink aan daardie mossie wat die ou man in sy droom gesien het, al fladderende in die sonskyn van lank gelede. Dit het Jan Gouws ongemaklik laat voel, vir ’n rede wat hy nie kon verduidelik nie.

“My Mauser is baie geroes,” het Herklaas van Wyk verder vertel. “Ek het hom probeer olie, maar dit help nie. Ek sal hensop moet skree of een van die vyand doodskiet en sy Lee-Metford van hom afvat, soos ons aan gewoond is. Hoe lank dink jy, sal dit ons vat om hierdie oorlog te wen?”

Die rebelle het nie geantwoord nie. Hulle het geweet hulle saak was alreeds aan skerwe geskiet. Ten spyte van die ou man se seniliteit, het dit gelyk of daar uit sy gees uit ’n vreemde soort van gerusstelling gestraal het, ’n vorm van standvastigheid in die gesig van teenspoed en nederlaag, iets wat hulle nie besit het nie. Dit het gelyk asof daar iets in die ingewande van hierdie burger van die Transvaalse Republiek was wat hulle nie gehad het nie. Iets ferms en konstant wat hulle verloor het. Hulle het gewaar geword van die verskil tussen die vorige geslag en hulle eie, sonder dat dit vir hulle moontlik was om hulle gevoelens in woorde uit te druk, en in daardie verskil het hulle hulle nederlaag gevoel.

“Wat het van jou perd geword, oom Herklaas?” het ’n jong rebel uiteindelik gevra.

Uiterlik sat en gedaan, het Herklaas van Wyk nog steeds op die een of ander wyse die wanhoop en die grootsheid van ’n vorige skittertyd verteenwoordig.

“Ek het my perd aan ’n doringboom vasgemaak,” het Herklaas van Wyk gesê, “en ook hy moes aan die slaap geraak het. Ek is seker die hoefslae van ’n kommando op volle galop moes hom ook laat wakker skrik het. Want toe ek by die doringboom aankom – wat nie gedurende daardie tyd veel gegroei het nie: jy weet mos hoe stadig ’n doringboom groei – het my ou oorlogsperd die wind geruik en die grond met sy pote gekap. En hy het met ’n sekelnek daar gestaan.”

« Previous 1 10 11 12 13 14 61 Next »