Stories

Courage Not Rewarded

Posted on May 25, 2017 by Cape Rebel

From Spain In Our Hearts
by Adam Hochschild
Click to Play Podcast

Daybreak, April the 4th, 1938. Shivering, exhausted and naked, two bedraggled swimmers climb out of the freezing water and onto the bank of Spain’s Ebro River, which is swollen with melted snow from the Pyrenees. Both men are Americans.

The country is in flames. For nearly two years, the fractious but democratically elected government of the Spanish Republic, has been defending itself against a military uprising, led by Francisco Franco, and backed by Nazi Germany and Fascist Italy. Franco, who has given himself the title of Generalissimo, has a framed photograph of Adolf Hitler on his desk, and has spoken of Germany as ‘a model which we will always keep before us’.

The skies above the Ebro this dawn, are dark with warplanes, state-of-the-art fighters and bombers, flown by German pilots, that the Führer has sent to the Generalissimo. On the ground, tanks and soldiers from Italy, some of the nearly 80,000 troops the dictator Benito Mussolini will loan Franco, have helped launch the greatest offensive of the war. A powerful drive from the western two-thirds of the country, which Franco controls, its goal is to reach the Mediterranean, splitting the remaining territory of the Spanish Republic in two.

Franco’s prolonged battle for power is the fiercest conflict in Europe since the First World War, marked by a vindictive savagery not seen, even then. His forces have bombed cities into rubble, tortured political opponents, murdered people for belonging to labour unions, machine-gunned hospital wards full of wounded, branded Republican women, on their breasts, with the emblem of his movement, and carried out death sentences with the garrote, a medieval iron collar used to strangle its victim.

Battered by the new offensive, the Republic’s soldiers are retreating chaotically, streaming eastward before Franco’s troops, tanks and bombers. In some places, his rapidly advancing units have leapfrogged ahead. The Republican forces include thousands of volunteers from other countries, many of them Americans. Some have already been killed. Franco has just announced that any foreign volunteer taken prisoner, will be shot.

Cutting through rugged mountainous country in Spain’s north-east, the fast-flowing Ebro, the country’s largest river, marks the line between death and safety: the east bank is still in Republican hands. Small clusters of American volunteers, trapped behind the lines, have succeeded in slipping past Franco’s troops by night, navigating by the North Star. After three days with little sleep, pursued by soldiers, tanks and cavalry guided by spotter planes circling overhead, they reach the Ebro before dawn, near a point where a bridge appears on the map. The bridge, they discover, has been blown up, and there are no boats. A few of those who cannot swim, desperately tear a door from an abandoned farmhouse, to use as a raft; other non-swimmers enter the river clinging to a log. Swept away by the current, at least six – four of whom are wounded – will drown.

The remaining three Americans who can swim, strip off their boots and all their clothing, and plunge into the icy water. One of them lands far downstream, but two young New Yorkers, John Gates and George Watt, who has a sprained ankle and a shrapnel wound in his hand, wade out of the water together, on the far side. As morning breaks, they head east, hoping to find someone who can tell them where the remains of their unit might be. ‘We walk stark naked, and barefoot, over a seemingly endless stretch of sharp stones and burrs, that cut our feet,’ Watt remembered. ‘We are shivering from the cold, and our feet are bleeding when we reach the highway. … A truck comes down the road. I wonder what must be going through the mind of the driver, seeing two naked men standing on the highway. He hands us a couple of blankets, and drives away.’

Gates recalled the next moment this way: ‘Hungry and exhausted, I felt I could not take another step. … We lay down on the side of the road, with no idea of who might come along, too beat to care. … Suddenly a car drove up, stopped, and out stepped two men. Nobody ever looked better to me in all my life. … We hugged one another.’

In the black two-seater Matford roadster are a New York Times correspondent, Herbert L. Matthews, and Ernest Hemingway, who is covering the war for the North American Newspaper Alliance. ‘The writers gave us the good news of the many friends who were safe’, Gates wrote, ‘and we told them the bad news of some who were not’. Hemmingway and Matthews had often reported on the American volunteers in Spain, and knew some of them well. Many are now missing, including Major Robert Merriman of California, chief of staff of the XV International Brigade, last seen some ten miles away leading a party of soldiers about to be encircled by Franco’s troops. None of the four men by the river have any news of his fate.

‘There are hundreds of men still across the Ebro’, wrote Watt. ‘Many are dead; some are drowned. How many captured? We have no idea. Matthews is busy taking notes. Hemingway is busy cursing the fascists.’ The novelist’s notorious strut and bluster were on full display, though his audience consisted only of two wet, shivering men, wearing nothing but blankets. ‘Facing the other side of the river’, as Gates remembered it, ‘Hemingway shook his burly fist. “You fascist bastards haven’t won yet,” he shouted. “We’ll show you!”’

~

The war in which these four Amerians encountered each other near a riverbank, so far from home, was a pivotal event in Spain’s history. At the time it was also seen as a moral and political touchstone, a world war in embryo, in a Europe shadowed by the rapid ascent of fascism.

~

Few American volunteers doubted that they were fighting the first battle of a world war to come, and they were right: where else, after all, were Americans being bombed by Nazi pilots, more than four years before the United States declared war on Germany and Japan? In other countries as well, many felt the Spanish war to be the era’s testing ground.

‘Men of my generation’, wrote the French novelist Albert Camus, ‘have had Spain in our hearts. … It was there that they learned … that one can be right and yet be beaten, that force can vanquish spirit, and that there are times when courage is not rewarded.’

Mannemoed Nie Beloon

Posted on May 25, 2017 by Cape Rebel

Uit Spain In Our Hearts
deur Adam Hochschild
Click Here to Play Podcast

 

Dagbreek, die 4de April, 1938. Al bewende, uitgeput en poedelnakend, het twee gehawende swemmers uit die Ebrorivier geklim. Die rivier was kant en wal van die smeltende sneeu, vanuit die Pireneë. Altwee die manne was Amerikaners.

Die land is in vlamme. Vir amper twee jaar, het die weerbarstige maar demokraties verkose regering van die Spaanse Republiek, homself verdedig teen ’n militêre opstand, wat deur Francisco Franco gelei is. Hy was gerugsteun deur Nazi-Duitsland en Fascistiese Italië. Franco, wat homself die rang van generalissimo gegee het, het ’n geraamde foto van Adolf Hitler op sy lessenaar gehad, en hy het na Duitsland verwys as “’n model wat ons altyd voor ons sal hou”.

Met daardie dagbreek, was die lug bokant die Ebro donker van die oorlogsvliegtuie, ultramoderne vegters en bomwerpers wat deur Duitse loodse, wat aan die generalissimo deur die Führer gestuur is, geloods. Op die grond was daar tenks en soldate uit Italië. Dit was sommige van die amper 80,000 troepe wat die diktator aan Franco geleen het, en hulle het gehelp om die grootste aanval van die oorlog te loods. Dit was ’n magtige veldtog vanuit die weste, waar twee-derdes van die land onder Franco se beheer gestaan het. Sy doelwit was om die Middellandse See te bereik, en só die oorblywende grondgebied van die Spaanse Republiek in twee te verdeel.

Franco se uitgerekte stryd vir oorheersing, was die hewigste konflik in Europa sedert die Eerste Wêreldoorlog, en dit is gekenmerk as die wraaksugtigste barbaarsheid wat tot daardie hede beleef is. Sy magte het stede tot puinhope gebombardeer, politieke teenstanders gemartel, mense wat aan vakbonde behoort het vermoor, met masjiengewere op hospitaalsale vol gewondes losgebrand, vroue wat aan die Republiek behoort het se borste met die embleem van sy beweging gebrandmerk, en doodsvonnisse met die garrote-wurgapparaat, ’n middeleeuse ysterkraag wat die slagoffer verwurg het, voltrek.

Erg gemoker en toegetakel deur die nuwe offensief, het die Republiek se soldate chaoties teruggeval, en ooswaarts voor Franco se troepe, tenks en bomwerpers uit gestroom. Op sommige plekke het Franco se troepe, wat vinnig in aantog is, vooruit- en oorgespring. Die Republikeinse magte het duisende vrywilligers van ander lande ingesluit, en baie van hulle was Amerikaners. Sommige van hulle het reeds gesneuwel. Franco het so pas aangekondig dat buitelandse vrywilligers wat gevange geneem is, geskiet sal word.

Die vinnigvloeiende Ebrorivier, wat deur die ruwe en bergagtige noord-ooste van Spanje loop, was die grens tussen die dood en veiligheid. Die wal aan die oostekant was steeds in die hande van die Republikeine. Klein groepies Amerikaanse vrywilligers, wat agter die linies vasgevang was, het daarin geslaag om in die nag verby Franco se troepe te glip, deur op die Poolster te navigeer. Ná drie dae van min slaap, agtervolging deur soldate, tenks en berede soldate wat deur opsporingsvliegtuie wat bokant hulle rondsirkel, gelei is, het hulle die Ebro voor dagbreek bereik. Dit was naby ’n plek waar daar op die landkaart, ’n brug aangedui is. Hulle het ontdek dat die brug opgeblaas is, en dat daar geen bote is nie. ’n Paar van hulle wat nie kan swem nie, het uit desperaatheid ’n deur van ’n verlate plaashuis afgeruk, om as ’n vlot te gebruik. Ander nie-swemmers het die rivier aangedurf deur aan boomstompe vas te hou. Die stroom het ten minste ses meegesleur wat verdrink het – vier van hulle is gewond.

Die oorblywende drie Amerikaners wat kon swem, het hulle skoene en al hulle klere uitgetrek, en die yskoue water binnegeloop. Een van hulle het die wal ver stroomaf bereik, maar twee jong New Yorkers, John Gates en George Watt, wat ’n verstuite enkel en ’n skrapnelwond in sy hand gehad het, het aan die vêr kant saam uit die water gestruikel. Met die breek van die dag, het hulle ooswaarts geloop, met die hoop om iemand te vind, wat hulle kon vertel waar die oorblywendes van hulle eenheid mag wees. “Ons loop poedelnakend en kaalvoet, oor ’n eindelose stuk aarde van skerp klippe en knoetse, wat ons voete sny,” het Watt onthou. “Ons bewe van die koue, en ons voete bloei toe ons die hoofpad bereik. … ’n Vragmotor kom met die pad aangery. Ek wonder waaraan die bestuurder dink, met die sien van twee kaal mans, wat langs die hoofweg staan. Hy gee ons ’n paar komberse, en ry weg.”

Gates het die volgende gebeurtenis as volg onthou: “Honger en uitgeput, het ek gevoel ek kon nie ’n tree verder stap nie. … Ons het langs die pad gaan lê, sonder enige idee wie daar sal aankom, te gedaan om om te gee. Skielik het ’n kar daar aangery gekom, gestop, en twee mans het uitgeklim. In my hele lewe, was daar niemand wat ooit beter gelyk het nie. … Ons het mekaar omhels.”

In die swart tweesitplek-Matford Roadster is die New York Times se korrespondent, Herbert L. Matthews, en Ernest Hemmingway, wat die oorlog vir die North American Newspaper Alliance gedek het. “Dié skrywers het ons die goeie nuus gegee van die baie vriende wat veilig is”, het Gates geskryf, “en ons het hulle die slegte nuus vertel van sommige wat nie veilig was nie”. Hemmingway en Matthews het gereeld oor die Amerikaanse vrywilligers in Spanje gerapporteer, en het party van hulle goed geken. Baie van hulle is nou vermis, sowel as majoor Robert Merriman van CaliforniaHy was die stafhoof van die XV Internasionale Brigade, wat laas omtrent tien myl terug opgemerk is, terwyl hy ’n groep soldate gelei het, wat op die punt verkeer het om deur Franco se troepe omsingel te word. Nie een van die vier manne by die rivier, het enige nuus oor sy lot gehad nie.

“Daar is honderde manne wat nog steeds anderkant die Ebro is”, het Watt geskryf. “Baie is dood. Hoeveel is gevange geneem? Ons het geen idee nie. Matthews is besig om aantekeninge te maak. Hemmingway is besig om die fasciste te vervloek.” Die romanskrywer se berugte windmakerstap, en sy geswets, was daar vir almal om te sien, hoewel sy gehoor uit net twee nat, bewende manne bestaan het, wat geen klere gedra het nie, maar slegs komberse om hulle gehad het. “Terwyl hy na die oorkantste oewer van die rivier gekyk het,” het Gates onthou, “het Hemmingway sy forse vuis geskud. ‘Julle fascistiese bliksems het nog nie gewen nie,’ het hy geskreeu. ‘Ons sal julle wys!’”

~

Die oorlog waarin hierdie vier Amerikaners mekaar naby ’n rivierwal, so ver van die huis af raakgeloop het, was ’n deurslaggewende gebeurtenis in Spanje se geskiedenis. In daardie tyd, is dit ook beskou as ’n morele en politieke toetssteen, ’n wêreldoorlog in die embrio, in ’n Europa waar die wolk van fascisme, vinnig oor hulle toegesak het.

~

Min Amerikaanse vrywilligers het dit betwyfel, dat hulle in die eerste gevegte betrokke was, van ’n wêreldoorlog wat aan die kom was, en hulle was reg: op watter ander plek is Amerikaners, vier jaar voor die Verenigde State oorlog teen Duitsland en Japan verklaar het, deur Nazi-loodse gebombardeer? In ander lande is daar ook deur baie gevoel, dat die Spaanse oorlog, die era se toetsgrond was.

“Manne uit my generasie” het Albert Camus, die Franse romanskrywer, geskryf, “het Spanje in ons harte gehad. … Dit was daar waar hulle geleer het … dat mens reg kan wees, maar tog kan verloor; dat geweld die gees kan verslaan; en dat daar tye bestaan dat mannemoed nie beloon word nie.”

The Profound Pathos of the 1914 Rebellion

Posted on May 25, 2017 by Cape Rebel



From The Great Silence

by Tim Couzens
Click Here to Play Podcast

 

When Botha heard that De Wet had been in Winburg, he immediately ordered all loyalist units to Vereeniging, where he joined them. Colonel Brits was temporarily in charge. He was fiercely loyal to Botha because, it was believed, Botha had once saved his life, under heavy fire, when they were trying to break through a British blockhouse line. So loyal was he that when Botha asked him to prepare for the German South West Africa campaign, he famously replied that he was quite ready, but wanted to know ‘whether he had to fight the Germans or the British’.

Botha shifted his force, about 6 000 strong, from Vereeniging, by train, down to Theunissen, where they disembarked on 11 November. He then marched into Winburg, to the great relief of the unnerved inhabitants, still reeling from De Wet’s raid, which had stripped them of most of their food stores.

Both sides knew of each other’s presence – a farmer, Jan Scott, rode hard to warn De Wet that Botha was in Winburg. But Botha did not know the exact whereabouts of his opponent. Then a stroke of luck occurred, one of those small incidents that sometimes change the course of history. Botha went to the post office to telephone Smuts (Botha often used the phone, Smuts almost never). As he entered the building, the phone rang. Botha ordered a staff officer to answer it. The caller was from the farm of E.A. Schimper, and the caller, tremulous and whispering, said that the family was being held prisoner by De Wet, who was camped nearby. They had been locked in a room, which happened to house the local telephone. De Wet had neglected to cut the wire.

The caller said that De Wet planned to overnight there, and then leave the next day. The place was called Mushroom Valley.

Botha immediately ordered a night march, which was always his favoured method of attack. One of Botha’s bodyguards, Moore Ritchie, vividly described his first experience of ‘the horrors of sleep-fighting’. Even though it was November, the night was bitterly cold. No-one was allowed to smoke or talk. The clear stars ‘danced fantastically’ in the sky; the terrain was uneven, so the horses stumbled. Piet van der Bijl afterwards remembered the tension vividly – the whispers, the cough of a horse, the creak of a gun-butt rubbing against a saddle, the monotonous stony terrain – and the anxiety – were they hunters, or the hunted, riding into an ambush? You wanted to whisper to the ghost-like figure beside you, to find out whether he was friend or enemy. After midnight, they stopped and dismounted. The wind was piercing, the sentries cruelly exposed.

Then, at 2.30 am, they moved off until sunrise, when they were perfectly in position. Botha had done what the British had never managed – he had caught De Wet by surprise, and he had laid a careful trap.

~

After Mushroom Valley someone said to Botha: ‘When you capture the rebel leaders, general, you should deal very severely with them.’ To which the general replied, sadly but wisely: ‘It’s easy for you to talk. The responsibility’s not yours. I’m looking fifty years ahead. I don’t wish to leave a wealth of bitterness behind, to keep my people divided for ever.’ Perhaps it was Botha who was the true visionary, not Siener Van Rensburg.

Mushroom Valley was one of the largest engagements of the 1914 Rebellion. It was also a watershed. Before it De Wet’s support had been growing; afterwards, his following began to fade. As the Official History says: ‘The Hoenderkop engagement practically sealed the fate of the rebellion’.

Twenty-eight men died on both sides that day; eighty were wounded; about six hundred rebels were captured.

That day was a dark one for Botha. Riding beside him, Moore Ritchie witnessed the demeanour of this ‘quiet South African patriot’: ‘There was a sadness, there was a profound pathos about it’.

Botha said to Van der Bijl: ‘This is the most terrible day of my life. I know all the people, or their fathers, that we must be shooting at now. They fought by my side in the last war. Now I have to fight against them – my own people and my friends. But what am I to do?’

To Harry Trew, as Botha rode past the body of an old comrade, a rebel, he said with tears: ‘You Englishmen will never understand how hard this is for me.’

Die Diepgaande Patos Van Die 1914 Rebellie

Posted on May 25, 2017 by Cape Rebel

Uit The Great Silence 
deur Tim Couzens
Click Here to Play Podcast

 

Toe Botha gehoor het dat De Wet in Winburg was, het hy dadelik al die lojale eenhede opdrag gegee om na Vereeniging te gaan, waar hy daar by hulle aangesluit het. Kolonel Brits was tydelik in bevel. Hy was hoogs lojaal teenoor Botha, omdat – so is gesê – Botha op ’n slag sy lewe gered het toe hulle onder hewige vuur deur ’n Britse blokhuislinie probeer breek het. Hy was so lojaal dat, toe Botha hom gevra het om reg te maak vir ’n veldtog in Duits Suidwes-Afrika, hy sy gevierde antwoord gegee het dat hy heeltemal voorbereid was, maar dat hy net wou weet “of hy teen die Duitsers of die Engelse moes veg”.

Botha het sy mag van omtrent ses duisend man per trein van Vereeniging af na Theunissen verskuif, waar hulle op 11 November aangekom en afgeklim het. Hy het toe, tot die groot verligting van die ontsenude inwoners, na Winburg gemarsjeer. Hulle het steeds gesteier van skok ná De Wet se strooptog waarin die meeste van hulle koswinkels kaal gestroop is.

Beide kante was van mekaar se teenwoordigheid bewus – ’n plaasboer, Jan Scott, het sy perd spore gegee om De Wet te waarsku dat Botha in Winburg was. Maar Botha het nie presies geweet waar sy teenstander hom bevind het nie. Toe egter het ’n gelukslag hom getref – een van daardie dingetjies wat soms die verloop van die geskiedenis verander. Botha het poskantoor toe gegaan om Smuts te skakel (Botha het dikwels die telefoon gebruik, maar Smuts omtrent nooit). Toe hy die gebou binnegegaan het, het die telefoon gelui. Botha het ’n stafoffisier beveel om die telefoon te beantwoord. Dit was ’n oproep vanaf die plaas van E.A. Schrimper, en die oproeper het bewerig in ’n fluisterstem gesê dat De Wet daar naby uitgekamp het, en dat hy die gesin gevange gehou het. Hulle is in ’n kamer waar hulle heel toevallig die huistelefoon gehou het, toegesluit. De Wet het nagelaat om die telefoondraad te knip.

Die oproeper het gesê dat De Wet van plan was om daar te oornag, en om dan die volgende dag te vertrek. Die naam van die plek was Mushroom Valley.

Botha het dadelik ’n nagmars beveel. Dit was altyd sy uitverkore manier van aanval. Een van Botha se lyfwagte, Moore Ritchie, het sy ervaring van “die aakligheid daarvan om te veg terwyl jy slaap” skitterend beskryf. Hoewel dit November was, was die nag bitterkoud. Niemand is toegelaat om te rook of te praat nie. Die helder sterre het “fantasies in die lug gedans”; die terrein was ongelyk, sodat die perde gestruikel het. Piet van der Bijl het daarna die spanning helder onthou – die gefluister, die gehoes van die perde, die geknars van ’n geweerkolf wat teen die saal skuur, die eentonige klipperige terrein – en die spanning – is hulle jagters of word hulle gejag en is hulle besig om in ’n lokval in te ry? Jy wou aan die spookagtige figuur langs jou fluister om uit te vind of hy vriend of die vyand was. Hulle het na middernag gestop en van die perde afgeklim. Die wind was snerpend koud en die brandwagte was koelbloedig blootgestel.

Om 2:30 dié oggend het hulle weer aanbeweeg tot hulle teen sonop in die perfekte posisie was. Botha het gedoen wat die Britte nooit kon regkry nie – hy het De Wet verras en betrap, en hy het ’n goed beplande strik gestel.

~

Ná Mushroom Valley het iemand aan Botha gesê: “Generaal, wanneer jy die rebelleleiers vang, moet jy streng teen hulle optree.” Waarop die generaal swaarmoedig maar vol wysheid geantwoord het: “Dis maklik vir jou om te praat. Ek kyk vyftig jaar die toekoms in. Dis nie my wens om ’n magdom bitterheid na te laat, en so my mense vir altyd te verdeel nie.” Miskien was Botha die ware siener en nie Siener van Rensburg nie.

Mushroom Valley was een van die grootste skermutselinge van die Rebellie van 1914. Dit was ook ’n waterskeiding. Voor dié gebeurtenis het De Wet se ondersteuning gegroei, maar daarná het sy aanhang begin afneem. Soos die Official History gesê het: “Die hoenderkopveldslag het die rebellie se lot so te sê beslis”.

Op daardie dag het agt en twintig man tesame aan beide kante omgekom, tagtig is gewond, en omtrent seshonderd rebelle is aangekeer. Dit was ’n donker dag vir Botha. Ritchie Moore wat langs hom gery het, het die gedrag van hierdie “stil Suid-Afrikaanse patriot” gadegeslaan. “Daar was verdriet en ’n diepgaande patos daaromtrent”.

Botha het aan Van der Bijl gesê: “Dit is die slegste dag van my hele lewe. Ek ken al hierdie mense, of hulle pa’s, op wie ons nou besig is om te skiet. Hulle het in die laaste oorlog langs my geveg. Nou moet ek teen hulle veg – my eie mense, my vriende. Maar wat anders kan ek doen?”

Toe Botha verby die liggaam van ’n ou kameraad gery het, het hy met trane in sy oë aan Harry Trew gesê: “Julle Engelse sal nooit verstaan hoe moeilik dit vir my is nie.”

Gutters

Posted on May 25, 2017 by Cape Rebel

From Rebuilding Europe's Cities
by Herman Charles Bosman
Click Here to Play Podcast

 

Now that peace has come to Europe – or has it? – it is not uninteresting to speculate on the faces that the cities of Europe will now be wearing. There will be changes in some of them, of course; and of a quite startling nature, obviously enough.

For one thing, there will be rebuilding to be done and on a scale for which we can find, off-hand, only the word ‘unprecedented’. This applies to a by no means insignificant area of Europe. Cities that have been laid in ruin and for whose reconstruction totally new plans have to be drawn up.

It is to be trusted that the commissionaires of public works in the various countries will apply a measure of imagination to the exercise of their official functions – a difficult task for works commissionaires, whose imaginative powers appear to have declined considerably since the Egyptian dynasty that saw the building of Thebes. At all events, we hope that the works commissionaires, in resurrecting ruins, will distinguish between ancient and modern. We hope that they don’t go erecting pillar-boxes where a Gothic castle used to stand; or replacing the fallen pillars of the Parthenon with steel and concrete structures; or macadamising the Appian Way.

Anyway, it must be a tough job, after a city has been destroyed, to have to build it up all over again – from scratch, as it were. And I bet the new lot of architects and town planners and building contractors will make just about the same mistakes as the old ones did. They will create the same ugliness and the same chaos. It may be difficult to achieve all that – but they will. That much is comforting.

Civic authorities will once more have to wrack their brains in planning the thoroughfares, so as to ensure the creation of bottle-necks and the maximum amount of congestion. They will have to put railway stations in all the wrong places. Law courts will once more have to be constructed to look like museums, town halls to look like town halls, and art galleries to look like gas-works. As a result, the cities of bombed Europe will again become impossible bedlams – and therefore places you can live in.

In a city centrally planned in terms of Utopian conceptions, the soul of man perishes.

~

The cities of Europe will rise again out of their rubble. Their streets will wind along the banks of the rivers on which they are situated. They will conform with sea-fronts and hills and valleys, and the demands of propertied and privileged interests. And from a peaceful movement, one will again become confronted with a spectacle as violently outre as the Arches of Adelphi. In spite of the planners, life will creep back into the cities. And into the buildings, drama of a kind the architects did not intend.

I believe that the war will have made no difference to the cities of Europe. A city gets its individuality from the people who live there. The streets are torn up, the buildings are destroyed, but the soul of the place remains.

The city in which a genius has lived becomes recreated into something that is more than the inanimate background to his source. The streets he has walked; the scenes amid which the incomprehensible pattern of his life has unfolded; above all, the places where sublime inspiration came to him. It doesn’t matter what happens to such a place, afterwards. That spot on the earth’s surface remains impregnated with a spirit of beauty that is, forever, rich and rare. Take a stroll through the streets of Brussels and you will see what I mean.

The artistic soul of a city is the contribution that genius makes to it. Its incongruities are the things that life brings along: the architects and the city planners and the landowners and human nature. And you can’t do without either influence.

When a city has enough incongruities, I feel that you can live in it.

Above all, a city must have strong and bizarre contrasts. Ermines and rags. Beauty and filth. The sublime and the diabolical. A well conducted night club next door to a perhaps not-so-well conducted morgue.

~

I have thought of a story that I would like to write someday, when I get the time.

It is about people who live in Johannesburg and people who live, say, in the Marico Bushveld. These two sets of people, those who live in the city flats and those who live on the farm, don’t know each other. They never meet. But life does exactly the same things to each of them. Life is like that. And the story ends with the heroine of this little group of people in the city, smashed into pieces by the things life has done to her, declaring that she can’t stand it any longer: she’s got to get away, somewhere. And the girl on the farm, to whom exactly the same things have happened, says that this has been too terrible. She is going to Johannesburg. What she means is … life.

Life …

The difference between the city and the farm is, alas, age-old: the city has gutters.

Straatvore

Posted on May 25, 2017 by Cape Rebel

 

Uit Rebuilding Europe’s Cities
deur Herman Charles Bosman
Click Here to Play Podcast

 

Nou dat daar vrede in Europa is – is daar? – is dit interessant om te spekuleer oor hoe die voorkoms van die stede van Europa vorentoe sal lyk. In sommige van hulle sal daar natuurlik groot veranderings wees; en dit is voor die hand liggend dat dit heel verrassend sal wees oor hoe hulle daar sal uitsien.

Om een aspek te noem: Vir die heropbou wat sal plaasvind, kan daar sommer gou die woord, ongeëwenaard, gevind word. Dit is van toepassing op ’n area van Europa wat geensins klein is nie. Vir die heropbouing van stede wat in ’n rommelhoop verander het, moet van nuuts af splinternuwe planne opgetrek word.

Daar moet aanvaar word dat die hoofbeamptes van openbare werke in die verskeie lande ’n mate van verbeeldingskrag in hulle amptelike pligte sal toepas – ’n moeilike taak vir arbeidskommissarisse wat lyk asof hulle verbeeldingsvermoë heelwat gekwyn het sedert die Egiptiese dinastie wat omgesien het na die oprigting van Thebes. In elk geval hoop ons dat die ingenieurs, in hulle heroprigtingstaak van die bouvalle, sal onderskei tussen die antieke en die hedendaagse. Ons hoop hulle gaan nie briewebusse oprig waar daar voorheen ’n Gotiese kasteel gestaan het nie, of die gebroke pilare van die Parthenon vervang met staal- en betonstrukture nie, of om die Appiese Weg te macadamiseer nie.

In elk geval is die taak om ’n verwoeste stad weer van nuuts af op te rig, nie speletjies nie – dit is as ’t ware om dit weer van die grond af op te bou. En ek is seker dat die nuwe klomp argitekte en dorpsbeplanners en boukontrakteurs presies dieselfde foute as hulle voorgangers sal begaan. Hulle sal dieselfde onooglike goed oprig en dieselfde chaos skep. Dit mag moeilik wees om dit alles reg te kry – maar hulle sal. Dit is ’n vertroosting.

Vir ons burgerlike outoriteite sal dit weer eens besonder harde dinkwerk kos om die verkeersweë te beplan en om só te verseker dat die lelikste bottelnekke en die vreeslikste beknoptheid geskep word. Hulle sal spoorwegstasies op die verkeerde plekke moet sit. Geregshowe sal weer opgerig moet word om soos museums te lyk, en stadsale om soos stadsale te lyk, en kunsgalerye soos gasfabrieke. Gevolglik sal die stede van die gebombardeerde Europa weer onmoontlike gekkeparadyse word – en daarom plekke waarin ’n mens sal kan leef.

In ’n stad wat in terme van Utopiese gedagtes beplan is, vergaan ’n mens se siel.

~

Die stede van Europa sal weer uit die puin herrys. Hulle strate sal langs die walle van die riviere waarlangs hulle geleë is, kronkel. Hulle sal by die strande en heuwels en valleie aanpas, en ook by die vereistes van gegoede en bevoorregte belange. En van ’n vreedsame onderneming sal ’n mens weer gekonfronteer word deur ’n skouspel so gewelddadig outré soos die Gewelf van Adelphi. Ten spyte van die beplanners, sal die lewe weer stadig begin terugvloei na die stede. In die geboue sal daar dramas afspeel wat die argitekte glad nie in gedagte gehad het nie.

Ek glo die oorlog sal die stede geensins verander het nie. ’n Stad kry sy individualiteit van die mense wat daarin woon. Die strate word uitmekaar geskeur en die geboue vernietig, maar die plek se siel leef voort.

Die stad waarin ’n genie gewoon het, word herskep na iets wat meer is as die lewelose agtergrond van sy oorsprong. Die strate waarop hy geloop het, die tonele te midde van die onverstaanbare patroon van sy lewe, het oopgevou – daardie plekke waar goddelike inspirasie hom gevind het. Dit maak nie saak wat daarna met so ’n plek gebeur nie. Daardie plekke op die oppervlakte van die aarde bly deurdrenk met die gees van skoonheid en prag, en sal vir ewig ryk en uniek wees. Gaan wandel deur die strate van Brussels en jy sal sien wat ek bedoel.

Die kunstige siel van ’n stad is die bydrae wat genialiteit daaraan maak. Sy ongerymdhede is die dinge wat die lewe oplewer: die argitekte en die stadsbeplanners en die grondeienaars en menslike natuur. En jy kan nie sonder die invloed van enige van die twee klaarkom nie.

Wanneer ’n stad genoeg irrasionele absurditeite het, voel ek dat ’n mens daarin kan lewe.

Bowenal moet ’n stad sterk en bisarre kontraste hê. Hermelynpels en flenters. Prag en gemors. Dit wat verhewe is en dit wat belaglik en aaklig is. ’n Goed bestuurde nagklub langs ’n lykshuis wat miskien nie juis so goed bedryf word nie.

~

Ek het aan ’n storie gedink wat ek graag eendag wanneer ek die tyd kry, wil skryf.

Dit gaan oor mense wat in Johannesburg woon en mense, sê maar, wat in die Marico-bosveld woon. Hierdie twee groepe mense, daardie wat in die woonstelle in die stad woon en dié wat op die plaas woon, ken mekaar nie. Hulle het nog nooit ontmoet nie. Maar die lewe doen presies dieselfde dinge aan beide van hulle. So is die lewe. En die storie eindig met die heldin van die groepie mense in die stad, verbrokkel en gebroke deur die dinge wat die lewe haar aangedoen het, wat bekend maak dat sy dit nie langer kan verduur nie: Sy moet net eenvoudig wegkom, êrens heen. En die meisie op die plaas, met wie presies dieselfde dinge gebeur het, sê dat dit te verskriklik is. Sy gaan Johannesburg toe. Wat sy bedoel is … lewe.

Lewe …

Die verskil tussen die stad en die plaas, helaas, is so oud soos die berge: die stad het straatvore.

Droë Ertjies

Posted on May 25, 2017 by Cape Rebel

Uit Polfyntjies vir die proe
deur C. Louis Leipoldt
Click here to Play Podcast

Droë ertjies, net soos ander droë peulvrugte, moet die kok op ’n heel ander manier voor- en toeberei. Droë peulvrugte is ryp peulvrugtesaad waarin die voedsel vir die kiem – wat die geleerdes die kiem-proteïde noem – sover ontwikkel het dat dit tal van bestanddele bevat wat die jong ertjie nie besit nie. Ongelukkig het ons nog nie so gevorder dat ons presies weet hoe die verandering binne-in die ertjie of binne-in enige ander peulvrugsaad, soos lensies en boontjies, plaasvind nie. Vir die kok is dit egter oorgenoeg om te weet dat sulke veranderings plaasgevind het, en hy het geen geleerde skeikundige nodig om hom daarop attent te maak nie. Sy ondervinding en gesonde verstand leer hom dat droë ertjies veel minder sap of vogtigheid bevat as groen-ertjies en dat hulle vóór gebruik dus eers geweek moet word; dat hulle veel harder, baie meer houterig is as toe hulle in die peul gelê het. Die kundige kok het ook geleer, deur sy smaaksin te gebruik, dat droë ertjies ’n glad ander geur en kossmaak besit as groen-ertjies.

Verwag dus nie dat jy groen-ertjiesop van droë ertjies kan maak nie. Ek weet goed genoeg dat dit gedoen word. Die heilige Sint – nou, ek onthou nie op die oomblik sy naam nie, en dit is lastig om my tikmasjien te verlaat en sy naam in Larousse na te slaan – het by geleentheid koolbredie van patrys gemaak; dit was op ’n vasdag, en daar was oorgenoeg rede vir die omskepping. Maar ek is vrypostig genoeg om my te verbeel dat die patrys nog altyd ’n patrys gebly het, en my kollegas in die kookkuns stem volkome met my saam: ons het vandag nog ’n patryskoolbredie, wat ’n eersteklas skottel is. Ek sê net maar dat jy van droë ertjies nie groen-ertjiesop kan maak nie, al noem jy ook jou droë-ertjiesop, gekleur met spinasie of een of ander groen kleursel uit die apteek, Potage St. Germain. Dit is eenvoudig ’n slegte ertjiesop, want droë ertjies waarvan ’n mens sop wil maak, moet op ’n heel ander wyse voorberei word.

Moet nou nie dink dat ek daarop uit is om vergelykings te tref nie. ’n Goeie kok doen dit nooit nie, want hy weet dat elke kossoort sy eie hoedanighede besit en dat dit onbillik is om die een skottel met ’n ander te vergelyk. Want so ’n vergelyking kom op die ou end terug op ’n kwessie van smaak. Terwyl ek dus in die vorige hoofstuk die egte Potage St. Germain bewierook het, staan ek by niemand agter as daar ’n loflied te ere van droë-ertjiesop aangehef word nie.

Inderdaad, dit is een van die soorte soppe waaroor die digterlike verbeelding vry skiet gegee kan word, net soos oor uiesop of oor die veel meer aristokratiese Bortsch van ons Russiese vriende. Maar om so ’n loflied werd te wees, behoort die droë-ertjiesop dan ook behoorlik voorberei, opgedis en geëet te word.

Eers die droë ertjies self. Hulle kan groen or geel wees. Dit is suiwer weer ’n kwessie van smaak, maar die meeste kokke verkies die geel soort, heel or gesplits. Bekyk hulle goed. Soek die vuiligheidjies tussen hulle goed uit. Gooi hulle dan in koue water en was hulle behoorlik om al die stof, wat miskien aan hulle kleef, weg te neem en ook om dié wat deur kalanders gevreet of voos is, aan die hoenders te gee. Was hulle onder die kraan, en wanneer hulle blink en skoon is, sit hulle in ’n kastrol met genoeg water om hulle goed te dek. Laat hulle so ’n paar uur lank rustig staan.

Vir die bybehorighede neem jy dan ’n stukkie gesoute varkspek, ’n stukkie oorskiet-ham waarin die been nog sit, ’n stukkie seldery-stronk, gesnipperde uie en prei (hierdie skoot stem ek volkome saam met my ou tannie), ’n bossie kruie (ek vat lourierblaar, salie, tiemie en roosmaryn, maar daar is natuurlik tal van ander kombinasies), witpeper en ’n klein teelepeltjie bruinsuiker. Geen sout nie, want daar is genoeg in die spek en ham-oorblyfsels om die sop te pekel. As dit nodig is, kan die kok ’n bietjie fyn sout instrooi net voordat hy die sop tafel toe stuur.

Maak die gesnipperde uie en prei in ’n kastrol bruin en gooi dan daarop ’n paar koppies goeie hoendersop of vleissop. Laat dit eers kokend opborrel. Sit die ander bybehorighede by, mitsgaders die geweekte ertjies, en trek opsy sodat dit stadig, heel stadig, kan kook. Skuim goed af, maar hou die deksel toe sodat die sop nie sal afwasem nie. Kook langsaam en stadig, maar goed. Dit is die kuns om goeie, deeglike droë-ertjiesop te kry. As die ertjies pap gekook is, gooi dan die sop deur ’n vergiette, neem die been weg en sit die res nadat die ertjies mooi fyn gedruk is – ’n puree daarvan gemaak is, is die kunswoord – terug in die kastrol en laat weer goed opkook. Sommige kokke voeg nou ’n nuwe stukkie varkspek by of sny die vroeëre stuk in dobbelsteentjies, wat sag gebraai word voordat hulle bygevoeg word. Maar die sop is al kragtig en smaaklik genoeg om daarsonder klaar te kom. Roer goed om en sorg dat die sop, net soos groen-ertjiesop, egaal en ferweelagtig is. Niks meer is nodig nie. Dis dit op met dobbelsteentjies brood in vet gebak.

“Ja-nee,” sê my ou tannie, “maar die Bonades hou van ’n klitsel. Vertel van die klitsel.”

Dis waar. Die Bonades, verwen deur gewoonte toe daar nog geen kontroleurs was nie en toe die kok nog kon baasspeel met net wat hy wou, het altyd probeer om “die lelie te verguld en reukwater oor die viooltjie te gooi”. Ek sê dit terloops, want ek voel as kenner dat dit onnodig en selfs onartistiek is om droë-ertjiesop, behoorlik met goeie varkspek en hambene gekook, nog verder te verryk. Maar diegene wat daarop gesteld is dat hul sop sodanig kragtig en smaakvol sal wees dat hulle niks daarná hoef te eet nie, sal miskien van ’n klitseltjie hou.

Die kok gooi in die verwarmde sopkom, waarin die ertjiesop opgedis moet word, ’n koppie room en die geel van ’n paar eiers, wat hy dan, met of sonder byvoeging van ’n kelkie brandewyn, goed opklits. Hierop word die kokende ertjiesop gegooi en dadelik, nadat dit omgeroer is, tafel toe geneem.

My eie mening oor die saak, hoewel ek goed weet dat ou-Tannie my as ketter beskou, is dat dit heeltemal onnodig is. Goed bereide ertjiesop kan op sy eie meriete klaarkom.

16 Februarie 1945

« Previous 1 19 20 21 22 23 61 Next »