Stories

Die Vertroostende Sirkelgang van die Bottel Raki

Posted on September 07, 2017 by Cape Rebel

Uit Abducting A General
deur Patrick Leigh Fermor

Sedert die Slag van Kreta was die Amari ’n skuilplek teen die vyand. Honderde Britse en Statebond-agterblyers by Sphakia, of dié wat uit krygsgevangenetronke ontsnap het, is hier van klere, beskutting en kos voorsien. Dit was ’n soort van transitokamp op pad na geheime ontruiming by ’n dosyn plekke op die rotsagtige suidelike kus. Guerrillaspanne wat uit hulle plaaslike omgewing geteister is, het hierheen gekom om hulle wonde te lek. Die plek was ’n algemene toevlugsoord en daar was nie ’n bokkraal of rotslys of rots of grot of olyfboord op die berghang wat nog nie ’n wegkruipplek vir ’n Britse skakeloffisier met sy seiner, draadloostegnikus, wagte en boodskappers was nie.

Dit alles weens die gees van die dorpenaars, en die harmonie en vertroue wat daar tussen hulle bestaan het.

Vir die vyand was die plek berug. Tallose soektogte was nie in staat om enigiets te vind of om die Amariete af te skrik nie. Dit was nie soseer die Kretaanse guerrillatradisie wat hier floreer het nie: daar was waagmoed, opgetoënheid, gasvryheid, sjarme, humor en welwillendheid, wat, van voor tot agter in die Kretaanse berge, hulle driftiger eienskappe vergesel het. Dit het gelyk asof hulle diepsinnige geletterdheid, eerder as poëtiese inspanning wat, in Spreuke, die huis van Retimo bestempel het, hier in die lug amper tasbaar was. Hulle was net so vasbeslote om die oorlog in die berge met ’n geweer te wen, as wié ookal. En hulle verliese aan die einde was iets vreesliks. Maar die besonderse taak van daardie landstreek, net so noodsaaklik en veeleisend soos om aan te val, was van bewaring, redding en om ’n toevlugsoord te wees.

~

Oral in Kreta was die reaksie op die kaping, so het dit geklink, een van onbeteuelde uitgelatenheid en jubilasie. Antoni het al die gerugte en praatjies in die dorpies aan ons oorvertel: wat ’n klap in die gesig vir generaal Müller en die hele Duitse garnisoen. En – ’n wonderlike voorbeeld van ’n Kretasentriese teorie van die heelal tussen die eenvoudige eilandbewoners – hoe woedend Hitler moes gewees het. (Nie een van ons span het tot so vêr as dít gedink nie. Miskien was die vêr verwyderde voorval in die verslae van die oggend genoem. Maar kon daar dalk ’n vlugtige uitbarsting in die Wolf se lêplek gewees het?)

Dit was dieselfde in Canea en Retimo – dít het ons by Micky en Elias gehoor. Hulle het skielik daar opgedaag nadat hulle van die bushalte by Retimo geloop het en heel verstandig liewer na Antoni se dorp toe gegaan het. So óók in Herakleion. Dit was net breë glimlagte en insinuasies in die strate – amper openlike blydskap. En nogal verbasend – selfs hier en daar in die laer range van die Duitsers was daar ’n soort van agteraf vermaak. Hoër op natuurlik, algehele woede en verbystering.

Nadat die generaal aan die ander twee kapers wat afwesig was, voorgestel is, het hulle – deur my – aan hom vertel dat al die wagte by die villa gearresteer is, en dat sy aide-de-camp in die tronk was onder verdenking dat hy ’n medepligtige was. Die generaal se blou oë het uit ongeloof wyd gerek en toe het hy heerlik aan die lag gegaan. Hy kon dit nie glo nie. Die man was ’n totale stommerik, en hy kon hom nie verdra nie, het die generaal aan ons gesê.

~

Die nag van 2 Mei was moeilik om te verduur. Daar was ons, slegs ’n paar myl vanaf die verlate kus. As alles goed afgeloop het, sou ons vir die laaste keer teen die steil rotse tot by die see, afgestrompel het. Ons sou die geronk van die enjin êrens voor ons in die see gehoor het, en aan ons seine geflits het, op die uitkyk gewees het vir matrose in wit uniforms wat voor die donkerte van die grot sigbaar sou geword het terwyl die geknars van die roeimikke harder geword het. Hulle sou ons woordelose verwelkominge oor die water beantwoord het, en daarna sou ons aan boord, met ons gevangene en ons bondgenote, gesluip het. (Behoort die generaal met die fluitsaluut aanboord verwelkom te word? Want sien, ons het ons bes probeer om standaarde te handhaaf te midde van moeilike omstandighede.)

Is dit moontlik dat Billy se kaptein, die hartlike en bebaarde Brian Coleman, ons by die stuur sou gegroet het? Gou daarná, ná die skip omgedraai het, sou ons vir ons verdwynende kamerade op die rotse vaarwel toegewuif het terwyl ons in die rigting van Afrika gevaar het voor die maan opgekom het. Daarna af na die sagte ligte van die offisierskajuit, die gloed van mahonie en gepoetste koper, die gerinkel van ys. (Pienk jenewer? Whisky? Brandewyn? Miskien sjampanje?) Die groot silhoeët van die eiland, met die waterskeiding van Ida en die Witberge wat in die maanlig geskitter het, sou deur die patryspoort kleiner geword het.

Red Tabs om ons die volgende dag by Mersa Matruh te ontmoet, en dan die vlug Kaїro toe terwyl ons die wrakstukke van al die veldslae van Montgomery se opmars in die woestyn onder ons aan die generaal sou uitgewys het. Miskien die loods oorgehaal het om ’n lusvlug uit te voer wat El Alamein sou kon insluit, en om daarna by Heliopolis te geland het – presenteer geweer, totsiens Generaal. En om dan in glorie na Clusium se koningshuis terug te gekeer het, met al die genietinge van Kaїro wat op ons sou gewag het.

Dit was naastenby die praatjies in Engels en in Grieks wat die vertroostende sirkelgang van die bottel raki tussen die braambosse vergesel het.

Miskien môreaand.

White Flannel Vests And Red Overcoats All Round

Posted on September 07, 2017 by Cape Rebel

From Abducting A General
by Patrick Leigh Fermor

The steepness and irregularity of the track were too much for the mule. Back it had to go, and the General – to his despair and ours – had to continue on foot, up a slippery and collapsing staircase of loose boulders and shale and scree. We took it in turns to help, and he did his best; the pace grew slower, and the halts more frequent; and soon we were far above the ilex belt. The last stunted mountain cedar vanished, leaving us in a stricken world where nothing grew, and a freezing wind threatened to blow us off our feet. Then deep snow turned every step into torment. As we crossed the deep watershed between the plateaux of Nidha and Zomithos and the ultimate summit of Holy Cross, over 8,000 feet high, mist surrounded us and rain began to fall.

We stumbled on, bent almost double against the blast; no breath or energy was left, even for objurgation: still less for anyone to say that not far off, was the Ideon cave that had sheltered the childhood of Zeus. In the approaching dusk, all was rain and wind and obliterating cloud. We couldn’t even take advantage of the last of the daylight without the first of Antoni’s go-ahead beacons on the first ridge to the south. We huddled, with chattering teeth, in the ruined shards of a hut.

The rain stopped and the sky grew clearer. We spotted the first fire, a faint star of light down the mountainside. As we made our way down the hill through the darkness, it was soon masked by an intervening spur. At least the snow furnished a pale glimmer underfoot. When it stopped, all was dark. Masking our torches, we were crawling and sliding down avalanches of stone. When this came to an end, we were swallowed up in the tree belt that surrounded the bald summit like a tonsure: ragged cedars at first topiaried by the wind nearly flush with the rocks, then a thick tangle of ilex and mountain holly and thorns.

The mountain steepened to the tilt of a ladder. It was channelled and slippery with rain, and each footfall unloosed a landslide of shifting stones. We were descending, hand over hand, through what seemed, in the dark and the wind, to be a jungle of hindering branches, spiked leaves, and vindictive twigs. It was appalling going for everyone; for the General, in spite of our help, it must have been an excruciation. There was not a glimmer of Antoni’s guiding fires in the dark void below. One of Petrakoyeorgi’s men said he knew of a sheepfold on a hidden ledge. We divined its whereabouts in the small hours by the sudden tinkle of a flock, awakened by our crashing. After wolfing down some of the shepherd’s bread and cheese, we fell asleep by his fire; then, before daybreak, we staggered on like sleepwalkers to a cave mouth, and crawled through the bushes into a subterranean grotto, to hide there until the next nightfall.

~

Several of us had, at one time or another, lived in scores of caves on Mount Ida, shifting from one to another as rumour pinpointed our whereabouts or enemy searches made it wiser to change lodgings: strange winter sojourns cowering away from the monsoon-like downpours outside, or falls of snow whose only advantage was the ease of tracking and catching hares: caverns, sometimes, whose windings magnified the thunder of autumn storms to such volume that the mountain seemed to be splitting all around us. There were nights of talk and song, or of listening, while some hoary shepherd, incapable of signing his name, intoned by heart as many of the epic ten thousand lines of the Erotocritos as he could fit in between sunset and dawn.

For the Cretans, veneration and gratitude halo the mountain. It is the island’s crown and the impartial sanctuary of everyone in flight from justice or injustice, and its mythological aura is deepened by the Himalayan remoteness and by the awe that hovers over Mount Sinai on Cretan icons. All my sojourns had been strange; none, though, as strange as these, huddling with the General and a volume of Baudelaire or Xenophon between us in the mountain’s heart, while below us in a ring his army prowled like the troops of Midian.

Antoni’s hastily scribbled note when it arrived, and his runner, confirmed the gloomy rumours we had heard on the way up. Troops were assembled in force in all the villages, and preparing next day to link up in what sounded like a human daisy chain, to intercept all descent from the mountain, and then advance uphill in a general comb out. ‘In God’s name come tonight,’ Antoni urged in his letter. It sounded as if the operation were due tomorrow morning. A mule for the General would be waiting at a certain meeting place.

~

Antoni’s failure to arrive was an enigma full of anxiety. In his letter, which Manoli and I had read in the cavern, his injunctions had been so urgent and so precise. With our heads hooded in a jacket we read it through again, out loud, by shaded torchlight: ‘In God’s name come tonight!’ Wait! There was something else after the word ‘name’ – the fold in the paper came here; friction, rain or sweat, soaking through the runner’s turban, had all but obliterated two letters: hu!; that is, ‘Don’t.’ I translated it to Billy. All of us, except the General, gazed at each other in amazement and conjecture in which, despite the water which was beginning to rise above our ankles, a very faint hope began to glimmer.

Next morning, George went to the village to find out what was happening. Two hours later we could see him strolling unconcernedly back with Antoni, who was carrying a big basket. When they reached us they jumped into the ditch, and Antoni said with a wide grin: ‘What are you doing here, boys? You ought all to be dead!’ He had been unable to believe George at first when he had told him that we had arrived. ‘How did you get through? The whole place was full of them. Hundreds, especially where you came down. You must have walked clear through the middle.’ He made the sign of the cross several times. ‘God exists! You ought all to build churches. What, churches? Cathedrals!

The real rendevous had been for that night. Where were the Germans now? ‘All gone up Mount Ida, after you and the General.’ A shepherd who had made a bolt for it downhill a couple of hours before had said that a party of fifty of them had crashed past his hiding place, shouting – here Antoni dropped his voice, to be out of our prisoner’s earshot – ‘Ge-ne-ral Krei-pe, Ge-ne-ral Krei-pe,’ at the top of their voices! ‘But you would have been quite all right in that cave. As it is, you are lucky to be here, my children.’

Gregori said, ‘What have you got in that basket?’ Antoni unpacked bread, cheese, onions, a dish of fried potatoes, some lamb, and a napkin full of kalitsounia! – crescent-shaped fritters full of soft white cheese and chopped mint. Then a big bottle of mulberry raki came out and a handful of little tumblers. ‘This’ll warm you up,’ he said, filling them: ‘White flannel vests all round.’ He splashed politely over to our guest with the first one, saying: ‘Stratege mou [My General],’ then to the rest of us. They went down our throats like wonderful liquid flame.

And here,’ he said, pulling out a gallon of dark amber wine, ‘red overcoats for all.’

Wit Flennie Frokkies En Rooi Oorjasse Vir Almal

Posted on September 07, 2017 by Cape Rebel

Uit Abducting A General
deur Patrick Leigh Fermor

Die steilte en die ongelykheid van die paadjie was te veel vir die muil. Hy moes terug, en die generaal – tot sy en ons verslaentheid – moes te voet verder aanstoot, op teen die glyerige en meegewende trappe van los klippe en leiklip en klippies. Ons het beurte geneem om te help, en hy het sy bes probeer. Ons pas het afgeneem en ons het meer dikwels halt geroep, maar tog was ons gou ver bokant die eikebelt. Die laaste sukkelende bergseders was nêrens meer sigbaar nie, en om ons was dit ’n geknelde wêreld waar niks gegroei het nie. ’n Bevrore wind het gedreig om ons van ons voete af te waai. Toe was daar net diep sneeu wat elke tree ’n foltering gemaak het. Mis het ons omsluit en dit het begin reën toe ons die waterskeiding tussen die plato van Nidha en Zomithos oorgesteek het. Dit was die toppunt van Heilige Kruis wat oor 8,000 voet hoog was.

Amper dubbeld gevou teen die windvlaag, het ons aangeploeter. Uitasem sonder ’n vonkie energie, nie eens genoeg om fout te vind nie: niemand het eers die krag gehad om te kon sê dat dit nie ver weg was van die Ideon-grot af nie – Zeus se skuilplek in sy kinderjare. Met die naderende aandskemer was dit net reën en wind en wolke wat alles onsigbaar gemaak het. Ons kon nie eens voordeel trek uit die laaste daglig nie, want die eerste van Antoni se gaanvoort-seinvure op die eerste rif was nie sigbaar nie. Ons het klappertand in die ruïnes van ’n hut saamgebondel.

Die reën het opgehou en die lug het oopgetrek. Ons het die eerste vuur opgemerk – soos ’n dowwe ster van lig af langs die berghang. Terwyl ons in die donkerte ons gesluierde pad af probeer loop het, was daar darem ’n aansporing wat gehelp het. Die sneeu op ons pad het ten minste ’n dowwe glans verskaf. Toe dit opgehou het, was alles donker. Met die lig van ons flitse gekamoefleer, het ons met lawines van klippe afgekruip en afgegly. Toe dit tot ’n einde gekom het, het ’n belt van bome, wat die kaal bergspits soos ’n tonsuur omring het, ons ingesluk: eers gebrekkige seders wat deur die wind gelykvlakkig met die rotse gesnoei was, en toe ’n dik deurmekaarspul van eike en bergsteekpalms en dorings.

Die berg was steil en skuins soos ’n leer. Dit was vol slote en glad van die reën, en elke tree het ’n storting van bewegende klippe tot gevolg gehad. In die donkerte en die wind het ons voetjie vir voetjie afgedaal in wat gelyk het soos ’n woud van versperrende takke, blare met stekels en wraaksugtige takkies. Dit was ’n ontsettende ervaring vir almal – vir die generaal, ten spyte van ons hulp, moes dit ’n marteling gewees het. In die leë ruimte daar onder was daar nie ’n flikkering van Antoni se gidsvure nie. Een van Petrakoyeorgi se manne het gesê dat hy geweet het van ’n skaapkraal op ’n weggesteekte rotslys. Ons het sy ligging om en by middernag opgespoor deur die skielike geklingel van ’n trop wat deur ons lawaai wakker gemaak is. Ná ons die herder se brood en kaas verorber het, het ons langs die vuur aan die slaap geraak. Toe, voor dagbreek, het ons soos slaapwandelaars onderweg na die bek van die grot aangewaggel. Ons moes deur bosse en struike na ’n ondergrondse grot kruip, waar ons die dag tot die volgende nag deurgebring het.

’n Hele paar van ons het op een of ander tyd in van die talle grotte in die Ida-berg gewoon, en van die een na die ander geskuif soos gerugte ons verblyfplek presies aangewys het, of, met die vyandelike soektogte dit wyser geword het om die tydelike verblyf te verskuif:  vreemde tydelike blyplekke waar ons in die winter teen die monsoontipe stortbuie aan die buitekant in kon wegkruip, of sneeuvalle waarvan die enigste voordeel was dat dit die opsporing en vang van hase vergemaklik het: spelonke, waarvan die kronkelinge soms die volume van die gedonder van herfsstorms so vergroot het dat dit gevoel het dat die berg om ons inmekaar getuimel het.  Daar was aande van praat en sing, of luister, terwyl een of ander ou grys herder wat nie eens sy naam kon skryf nie, uit sy kop uit soveel van die epiese tienduisend versreëls van die Erotocritos kon opsê as wat hy tussen sononder en sonop kon inkry.

Vir die Kretensers het ’n stralekrans van verering en dankbaarheid die berg omgeef. Dit is die eiland se kroon en die onpartydige toevlugsoord vir enigeen wat weggevlug het van geregtigheid of ongeregtigheid, en sy mitologiese aura is verdiep deur die Himalajase afgeleënheid en die ontsag wat oor die Berg-Sinai in Kretense ikone sweef. Al die plekke waar ek oorgebly het, was vreemd, maar nie een so vreemd soos dié een nie – saamgebondel met die generaal en ’n volume van Baudelaire of Xenophon tussen ons in die hart van die berg, terwyl sy weermag daar onder ons rondgesluip het soos die troepe van Midian.

Die sombere gerugte is bevestig deur Antoni se haastig gekrabbelde nota toe dit aangekom het, en sy boodskapper het dit wat ons op ons pad boontoe gehoor het, beaam. Troepe het in groot getalle in die dorpies versamel, en was besig om voor te berei om die volgende dag saam te kom in wat soos ’n menslike string madeliefies geklink het, om almal wat bo van die berg afgekom het, te onderskep. Van daar af sou hulle teen die berg in ’n algemene soektog opwaarts beweeg. “In die naam van God, kom vanaand,” het Antoni in sy brief aangedring. Dit het geklink of die operasie die volgende oggend in aanvang sou neem. ’n Muil sou op ’n sekere ontmoetingsplek vir die generaal wag.

~

Antoni se versuim om op te daag, was ’n angstige raaisel. In sy brief wat ek en Manoli in die grot gelees het, was sy opdrag dringend en eksak. By die lig van ’n beskutte flits, met ons koppe gekap in ’n baadjie, het ons dit weer hardop gelees: “In die naam van God, kom vanaand!” Wag! Daar was iets agter die woord “kom” – die vou in die papier het daar gelê; wrywing, reën of sweet wat deur die boodskapper se tulband gekom het, het so te sê twee letters uitgewis: dit wil sê, hu! – “nie”. Ek het dit vir Billy vertaal. Ons almal, behalwe die generaal, het in verwondering na mekaar gekyk, en gewonder. Ten spyte daarvan dat die water teen ons enkels begin oprys het, het ’n sprankie hoop begin glinster.

Die volgende oggend het George na die dorpie toe gegaan om uit te vind wat aan die gang was. Twee ure later het ons hom ewe ongeërg saam met Antoni, wat ’n groot mandjie gedra het, sien terugloop. Toe hulle ons gesien het, het hulle in die voor gespring en Antoni het met ’n breë glimlag gesê: “Wat doen julle hier, kêrels? Julle moes almal dood gewees het!”  Hy kon George aanvanklik nie glo toe hy hom vertel het dat ons opgedaag het nie. “Hoe het julle deurgekom? Hulle het oor die hele plek geswerm. Honderde, veral waar julle afgekom het. Julle moes reg deur die middel van hulle geloop het.” Hy het ’n hele paar keer die teken van die kruis gemaak. “God bestaan! Julle behoort kerke te bou. Wat, kerke? Katedrale!

Die regte rendezvous was vir dáárdie nag. Waar was die Duitsers nou? “Almal teen die Ida-berg op, op soek na jou en die generaal.” ’n Herder wat ’n paar uur tevore die hasepad afdraande gekies het, het gesê dat ’n afdeling van vyftig van hulle verby sy wegkruipplek gestorm het, al roepende – en hier het Antoni sy stem sagter gemaak sodat die gevangene dit nie kon hoor nie – “Ge-ne-raal Krei-pe, Ge-ne-raal Krei-pe,” so hard as wat hulle kon! “Maar julle sou heeltemal veilig in die grot gewees het. En soos dit is, is julle gelukkig om hier te wees, my kinders.”

Gregori het gesê: “Wat het julle in daardie mandjie?” Antoni het brood uitgepak en kaas, uie, ’n bak gebakte ertappels, lamsvleis, en ’n servet vol kalitsounia! – halfmaanvormige koekies vol sagte wit kaas en gekapte mint. Toe het ’n groot bottel moerbei-raki uitgekom en ’n handvol klein glasies. “Dit sal julle warm maak,” het hy gesê toe hy hulle volgegooi het: “Wit flennie frokkies vir almal hier.” Die eerste glasie het hy heel hoflik aan ons gas oorhandig en gesê: “Stratege mou (My Generaal),” en toe aan die res van ons. Dit het soos wonderlike vloeiende vlamme in ons kele afgegaan.

En hier,” het hy gesê, en ’n gelling donkergeelbruin wyn uitgehaal, “Rooi oorjasse vir almal.”

The Grace and Charm of the Shaggiest Mountaineers

Posted on September 07, 2017 by Cape Rebel

From Abducting A General
by Patrick Leigh Fermor

An hour after sunset, our two parties now rejoined, we were winding up a steep and scarcely discernible goat path. On a mule in the centre, muffled against the cold in Strati’s green gendarme’s greatcoat, with Manoli by his side, rode the General, or rather, Theophilos – the words ‘Kreipe’ or ‘Strategos’ had been forbidden even as far back as Kastamonitza.

Billy told me they had had a ‘German alarm’ during the day, and had moved their hideout. (Could it have been George and me?) They’d even managed to get some sleep. The General, they said, had been reasonable and co-operative; his most immediate worry, which he repeated to me during our first rest – for a smoke among the rocks – was the loss of his Knight’s Cross. I said it had probably come off in the struggle. Perhaps it had been picked up during the clean-up, in which case I would see that it was returned, and he thanked me. Apropos of the leaflets, which I translated, he said: ‘Well, you surely didn’t expect my colleague Braüer to remain inactive when he learnt of my … my rape?’ (Mein Raub)

No, but the Germans won’t catch us.’ (I touched a handy ilex trunk here.) ‘The Cretans are all on our side, you know.

Yes, I can see they are. And, of course, you’ve always got me.

Yes, General, we’ve always got you.

At another of these halts, he said, after a sigh, and almost to himself: ‘Post coitum triste.’ I was astonished at this comment, and told him that only a few minutes before, and far out of earshot, Billy and I had decided that this phrase exactly suited the brief mood of deflation that had followed the capture.

It’s all right for you, Major,’ the General said, ‘military glory, I suppose. But my whole career has come to bits. (Meine ganze Karriere ist kaput gegangen.) The war is over for me, as you said. To think that my promotion from General-major to General-leutenant has just come through!

His heavy face – he had a massive jutting chin, grey straight hair cropped at the sides but long enough to fall over his forehead, and blue eyes – looked morose and sad. ‘I wish I’d never come to this accursed island.’ He laughed mirthlessly. ‘It was supposed to be a nice change after the Russian front.’

We both laughed. It was all rather extraordinary. He was a thickset, massively built man, but not fat. He was wearing, unfortunately for the journey ahead, the same lightweight field grey as we were, with the loose ski trousers of mountain troops, and, thank heavens, thick mountain boots.

He was the thirteenth son of a Lutheran pastor in Hanover and a professional soldier to the backbone. He must have had, in surroundings where there was more scope for it, a solid and commanding presence.

In the small hours, we climbed off the track and curled up on the bracken floor of an old shepherd’s hut. The fire in the middle lit up a conical stone igloo, cobwebbed and sooty, and lined with tiers of cheeses like minor millstones, and dripping bags of whey. Except for an hour interrupted by comings and goings on the divan running around the priest’s living room, George and I had not slept since Skalani.

We all rose again in the dark, and continued our journey.

As dawn broke, we were hailed from an overhanging ledge. It was one of Mihali Xylouris’s lookouts, sitting with a gun across his knees. In a moment he was bounding down the hill; he threw his gun aside with a yell, and flung his arms around me, Billy, Manoli, and George, stopping just in time at the astounded General. It was one of my honorary god-brothers, Kosta Kephaloyannis, about nineteen, as lithe and wild-looking as a young panther – with bronze complexion, huge green eyes and flashing teeth,.

~

For the General, breaking bread with Mihali and his men and us must have seemed rather odd: the many signs of the cross before falling to, and then the glasses clashed together with the usual resistance toasts: ‘Victory!’, ‘Freedom!’, ‘Blessed Virgin stand close to us!’, ‘May she scour the rust from our guns!’ and ‘May we die without shame’.

Mihali and his band were scrupulously polite, but they found it hard to wrench their glance from our strange prize.

The shaggiest and most unlettered Cretan mountaineers often possess a charm and grace of manner amounting to a very high style, even if the supper is only goat’s milk and rock-hard, twice-baked shepherd’s bread. After the handful of petit-bourgeios collaborators in Herakleion, which must have been his only social experience of Greeks, this would have come as a surprise to the General.

It was thought wiser to do without a fire. Drinking a lot of raki to keep warm, we sang for a while: the old Cretan insurrection song ‘When will the skies clear?’, elaborate rhyming couplets, a rizitika – a foothill song – ‘My swift little swallow’, ‘An Eagle was Sitting’ in the minor mode, and ‘Philedem’ – a song with a Turkish tune that I was so fond of that it had become a nickname.

Through lack of covering, Billy, the General and I ended up, not for the last time, sleeping – all three – under the same blanket in the wireless cave, with Manoli and George on either side, nursing their Marlin guns and taking it in turns to sleep. Verminous as such places always were, it was a greater torment to my bedfellows than to me, coarsened as I was by nearly two years of onslaught.

We experienced a curious moment as dawn streamed into the mouth of the cave which framed the white crease of Mount Ida. We were all three lying, smoking in silence, when the General, half to himself, slowly said:

Vides ut alta stet nive candidum Soracte’.

This was the opening line and a bit of one of the few odes of Horace I knew by heart. I was in luck.

Nec jam sustineant onus,’ I went on,
silvae laborantes geluque
Flumina constiterint acuto

I continued through the other stanzas, to the end of the ode. After a few seconds of silence, the General said: ‘Ach so, Herr Major.’ For a full five minutes, the war had evaporated without a trace.

~

A few hours’ climb brought us within hail of Kapetan Petrakoyeorgi’s outposts, high on the shoulders of Ida. Soon we were in the toils of a welcome even more triumphant and demonstrative than Mihali’s. Petrakoyeorgi – tall, booted, bandoliered, robust, warm-hearted, voluble and, with his sparkling eyes and twirling moustache and beard, full of charm – was one of the three original guerrilla captains of the Occupation. Taking to the hills at the invasion, they had all suffered many hardships.

The heavy and buffalo-moustached Petrakoyeorgi was brave and ruthless, a sort of Tamerlane. I always liked him in spite of his glaring faults, of which the most glaring was a headstrong instability of temperament which made him prone to rash acts: doings which in a moment could bring down, in smithereens, a year’s careful preparation by the rest of the resistance movement. I think the General was rather impressed by his grand air, and his hospitable and expansive manner: also, perhaps, by the large quantity of arms of the men who swarmed the rocks in large numbers, with many familiar and friendly faces among them – the gun-running trips and parachute drops were beginning to bear fruit.

Petrakoyeorgi gave us a new guide, and Antoni Z, who came from the Amari, on Ida’s southern flank, left in advance with two more, to send back as runners, to a rendezvous on the other side of the watershed.

We worked out a system of bonfires to indicate the route if he could find a cunning way between the German concentrations. All said that large numbers of Germans were gathering round the southern slopes. If no way existed for the moment, he would send us word to go to ground and stay put.

Die Bekoring En Swier Van Die Mees Onversorgde Bergklimmers

Posted on September 07, 2017 by Cape Rebel

Uit Abducting A General
deur Patrick Leigh Fermor

’n Uur ná sononder het ons twee groepe, wat toe weer bymekaar aangesluit het, met ’n steil, moeilik sigbare, kronkelende bokpaadjie opgeloop. Op ’n muil in die middel, toegewikkel teen die koue in Strati se groen gendarme-dikjas, met Manoli aan sy sy, het die generaal gery. Of liewer, Theophilos – die woorde “Kreipe” of “Strategos” was so ver terug as Kastamonitza verbode.

Billy het my vertel dat hulle gedurende die dag ’n “Duitse waarskuwingsein” ontvang het, en dat hulle hul wegkruipplek verskuif het. (Kon dit ek en George gewees het?) Hulle het selfs daarin geslaag om ’n bietjie slaap in te kry. Hulle het gesê dat die generaal verstandig was en saamgewerk het, maar dat sy dringendste bekommernis, wat hy ook aan my herhaal het toe ons ’n rookbreek tussen die rotse geniet het, was die verlies van sy Ridderkruis. Ek het gesê dat dit moontlik in die geworstel afgekom het, en dat dit dalk gedurende die skoonmaakproses opgetel is. As dit die geval was, sou ek toesien dat dit terugbesorg word. Daarvoor het hy my bedank. Na aanleiding van die strooibiljette, wat ek vertaal het, het hy gesê: “Nou ja, jy het sekerlik nie verwag dat Braüer, my kollega, sou stilsit wanneer hy van my … verkragting (Mein Raubgehoor het nie?” 

Nee, maar die Duitsers sal ons nie vang nie”. (Hier het ek aan die stam van ’n eikeboom na aan my geraak.) “Jy weet, die Kretensers is almal aan ons kant.”

Ja, ek sien hulle isEn natuurlik het julle my nog.”

Ja Generaal, ons het jou nog die hele tyd.”

By een van die ander haltplekke het hy, ná ’n gesug, amper net aan homself gesê: “Post coitum triste.” Ek was verwonderd oor hierdie opmerking, en het hom vertel dat, net ’n paar minute vroeër en waar niemand ons kon hoor nie, ek en Billy besluit het dat daardie uitdrukking in die kol was vir die gemoedstemming van deflasie wat ná ’n rukkie op die gevangeneming gevolg het.

Dis alles heel gaaf vir jou, Major,” het die generaal gesê, “Ek neem aan dit gaan militêre glorie weesMaar my hele loopbaan het in duie gestort. (Meine ganze Karriere ist kaput gegangen.) Soos jy gesê het, vir my is die oorlog verbyOm te dink dat my bevordering van generaal-majoor tot luitenant-generaal nou net deurgekom het!

Sy swaar gesig – hy het ’n massiewe uitstaande ken gehad, reguit grys hare wat aan die kante kort gesny was, met ’n kuif wat lank genoeg was om oor sy voorkop te hang, en blou oë – het stug en treurig gelyk. “Ek wens ek het nooit na hierdie vervloekte eiland toe gekom nie.” Hy het droefgeestig gelag. “Dit was veronderstel om ’n aangename verandering te gewees het ná die Russiese front.”

Ons het altwee gelag. Dit was alles ietwat buitengewoon. Hy was ’n dik kêrel, groot gebou, maar nie vet nie. Ongelukkig vir die toer wat op ons gewag het, het hy dieselfde liggewig grys klere, net soos ons, aangehad – met ’n los ski-broek soos die bergtroepe, en, dank die hemel, stewige bergklimstewels.

Hy was die dertiende seun van ’n Lutherse pastoor in Hanover en ’n professionele soldaat in murg en been. Hy moes, in ’n omgewing waar daar meer ruimte daarvoor was, ’n stewige en imponerende teenwoordigheid gehad het.

Ons het ná middernag opgehou loop en op die souterige vloer van ’n ou herdershut opgekrul. Die vuur in die middel het die kegelvormige klip-igloe verlig. Dié plek was vol spinnerakke en roetagtig, en teen die mure was stapels kaas soos klein meulklippe en sakke dikmelk wat gedrup het. Ek en George het nog nie weer geslaap sedert Skalani nie, behalwe vir ’n uur wat onderbreek was deur ’n gekom en gegaan op die divan teen die muur van die priester se voorhuis.

Ons het almal in die donker opgestaan en ons reis hervat. 

Met dagbreek is ons vanaf ’n oorhangende rotslys geroepgroet: dit was een van Mihali Xylouris se brandwagte wat daar met ’n geweer oor sy knieë gesit het. Hy het daar en dan teen die heuwel afgehardloop, sy geweer met ’n juigkreet eenkant toe gegooi, en sy arms om my en Billy, Manoli en George gegooi, en net betyds voor die verbysterde generaal gestop. Hy was een van my erepeetbroers, Kosta Kephaloyannis. Hy was omtrent negentien en het lenig en wild daar uitgesien, met ’n sonbruin gelaatskleur, groot groen oë en skitterwit tande, soos ’n jong swartluiperd.

~

Vir die generaal moes dit seker heel snaaks gewees het om saam met Mihali en sy manne te eet. Vooraf was daar die vele tekens van die kruis, en dan die glase wat teen mekaar geklink was met die gewone weerstandsheildronke: “Oorwinning!”, “Vryheid!”, “Salige Maagd staan naby ons!”, “Mag sy die roes van ons gewere afskuur!” en “Mag ons sterf met eer”.

Mihali en sy span was uiters hoflik, maar hulle het dit moeilik gevind om nie die hele tyd na ons vreemde prys te kyk nie. Die mees onversorgde en ongeletterde Kretense bergklimmers het dikwels ’n sjarme en fatsoenlike geaardheid besit, selfs as die aandete uit slegs bokmelk en klipharde, twee maal gebakte herdersbrood bestaan het. Dit het neergekom op ’n baie hoë lewenstyl, wat, ná die handjievol kleinburgerlike joiners in Herakleion wat sy enigste sosiale ervaring van die Grieke kon gewees het, ’n verrassing vir die generaal moes gewees het.

Dit was as wyser beskou om sonder ’n vuur klaar te kom. Terwyl ons raki gedrink het om warm te bly, het ons vir ’n ruk lank gesing: die ou Kretense rebellielied “Wanneer sal die hemele skoon wees?”, fyn afgewerkte rymende koeplette, ’n rizitika – ’n voorheuwel-berglied – “My vlugtige klein swaeltjie”, “’n Arend het daar gesit” in die mineurmode, en “Philedem” – ’n lied met ’n Turkse melodie waarvoor ek so lief was dat dit ’n bynaam geword het.

Deur die gebrek aan bedekking het ek, Billy en die generaal – ons al drie – maar nie vir die laaste keer nie, in die draadloosgrot onder een kombers geslaap. Manoli en George met hulle Marlin-gewere liefderik byderhand, was aan weerskante van ons waar hulle beurte geneem het om te slaap. By sulke plekke was daar altyd parasitiese-ongediertes wat vir my slaapmaats ’n groter treitering was as vir my wat ná amper twee jaar verhard was teen hulle aanslag.

Die daeraad wat deur die mond van die grot ingevloei het, en die wit voulyne van die Ida-berg omsoom het, het vir ’n seldsame oomblik gesorg. Ons het al drie daar in stilte gelê en rook, toe die generaal so stadig so half aan homself gesê het:

Vides ut alta stet nive candidum Soracte”.

Dit was die aanvangsreël  en ’n stukkie van een van die min odes van Horace wat ek uit my kop uit geken het. Dit was my geluk.

Ek het voortgegaan:

Nec jam sustineant onus 
silvae laborantes geluque
Flumina constiterint acuto
”.

En ek het aangegaan met die ander strofes tot aan die einde van die ode. Ná ’n paar sekondes van stilte, het die generaal gesê: “Ach so, Herr Major.” Vir ’n volle vyf minute het die oorlog soos mis voor die son verdwyn.

~

Ná ’n paar ure van klim, was ons binne trefafstand van Kapetan Petrakoyeorgi se buiteposte, hoog op teen Ida se hange. Gou daarná was ons in die ontvangs van ’n verwelkoming wat selfs triomfanteliker en gevoelsopenbarender as Mihali s’n was. Petrakoyeorgi – hoë stewels, gebandelierd, kragtig en sterk, begaafd met woorde en, met sy sprankelende oë en opkrul snor en baard, was heel sjarmant – hy was een van wat  die drie oorspronklike guerrilla-kapteins van die besetting wat met die inval spore gemaak het heuwels toe. Hulle het almal baie ontberinge verduur.

Die stewige Petrakoyeorgi met sy welige snor, was dapper, vreesloos en meedoënloos, ’n soort van Tamerlane.  Ek het altyd van hom gehou ten spyte van sy skrille swakhede, waarvan die felste sy hardnekkige wispelturige temperament was wat hom laat neig het na onbesonne dade:  dinge wat hy op die ingewing van ’n oomblik gedoen het, wat ’n hele jaar se versigtige voorbereiding deur die res van die weerstandsbeweging, verpletter het. Ek het gedink dat die generaal nogal beïndruk was deur sy pronkerige voorkoms en gasvrye en hartlike manier. Verder was hy ook miskien beïndruk deur die groot hoeveelheid wapens wat die manne wat by ons in die berge aangesluit het, besit het, en ook met die bekende en vriendelike persone tussen hulle. Die wapensmokkelary en valskermvoorsiening was besig om vrugte af te werp.

Petrakoyeorgi het ons ’n nuwe gids gegee, en Antoni Z, wat van Amari aan die suidekant van Ida, af gekom het, het vooraf met twee ander vertrek, wat hy dan later as boodskappers ná ’n rendezvous aan die anderkant van die waterskeiding, kon terugstuur.

Ons het ’n stelsel van groot vure uitgewerk om die roete aan te dui, as hy op ’n slim manier ’n pad deur die Duitse sametrekkings kon vind. Almal het gesê dat groot getalle aan die suidelike hange saamgetrek het. As daar geen roete op daardie oomblik bestaan het nie, sou hy ons laat weet dat ons moes wegkruip en bly daar waar ons was.

Postures Of Studied Hostility

Posted on September 07, 2017 by Cape Rebel

From Abducting A General
by Patrick Leigh Fermor

Anoyeia, the largest village in Crete, was too remote and isolated for a permanent garrison. High on the northern slope of Mount Ida, it is the key foothold for crossing the great range. Famous for its independent spirit, its idiosyncrasies of dress and accent, and its tremendous local pride, it had always been a sure hideout.

The year before, Ralph Stockbridge and I had baptised the daughter of a brave and dashing man, and local leader, Stephanogiannes Dramountanes. Our god-brother had been killed – shot down, while trying to make a break for it, by jumping over a wall with his hands tied, after a German encirclement of the village – but I knew we could find all the backing we needed from other god-relations and friends, and to spare.

There was no hint of it, as we climbed those windy and dawn-lit cobbles. I was still wearing a German uniform. For the first time, I realised how an isolated German soldier, in a Cretan mountain village, was treated. All talk and laughter died at the washing troughs; women turned their backs, and thumped their laundry with a noisy vehemence. Cloaked shepherds, in answer to our greeting, gazed past us in silence; then stood and watched us out of sight. An old crone spat on the ground. The white-whiskered and bristling elders, with jutting beards, shorn under the chin, were all seated outside the coffee shop; baggy-trousered, high-booted, headkerchiefed men, leaning on their gnarled sticks. (I knew a few of them, but the German Waffenrock – or uniform – and the missing moustache were an impenetrable disguise.) They stopped talking for a moment, then loudly resumed, pointedly shifting their stools to offer their backs, or their elbows, in postures of studied hostility. Doors and windows slammed along the lane. In a moment, we could hear women’s voices wailing into the hills: ‘The black cattle have strayed into the wheat!’ and ‘Our in-laws have come!’ – island-wide warnings of enemy arrival. We were glad to plunge into a side alley, and the friendly shelter of Father Manoli’s house. But Father Chairetis, one of the celebrants of the baptism, and a great friend, was out. The kind old priestess, retreating down the corridor in alarm, refused to recognise me. It is amazing what a strange uniform and the removal of a moustache, or of the beards that we all grew, at one time or another, could do. ‘It’s me, Pappadia, Mihali!’ ‘What Mihali? I don’t know any Mihali?’ Deadlock.

Alerted by a neighbour, the priest arrived; and at last, amid amazement and then laughter, all was well. The village were told that we were harmless scroungers; and later, that we had left. The giveaway garments were peeled off. My god-brother, George Dramountanes, was soon there; and other friends and helpers arrived discreetly. A runner was found, in a moment, who would carry our news to Sandy – nearly a hundred miles away, to the south-east now, in the mountains above Males and Ierapetra – and another for Tom Dunbabin, of whom more later, on the other side of Mount Ida. Raki and mede appeared under the great arch of the house, and, sitting on the cross-beam of her loom, plucking a chicken in a cloud of feathers, the priestess was all smiles and teasing now. (Nobody had heard of the capture yet. What was happening at Knossos, Archanes, Herakleion? Had the car with the letter been discovered? How were the others getting on?)

Thank heavens for Strati’s police uniform. He soon appeared. The ascent had been laborious – the General’s leg had received a bang, during the struggle at the car – but safe. They were now sheltering in a gulley, a mile or two away. He and Manoli had found two eager and nimble shepherd boys, from a nearby fold. Enjoined to speed and secrecy by their fathers, they sped south and east, with messages from Billy to the same destination as mine; two strings to each bow. (It was a wise measure against the stormy days that we foresaw.) A basket of food and drink was stealthily dispatched, and I was to join them after dark, with a guide and a mule for the General.

In the late afternoon, the noise of an aircraft flying low over the roofs, brought us all to our feet. Running up the ladder to the flat roof, we saw a single-winged Fieseler Storch reconnaissance plane, circling above the roofs, moulting a steady snowfall of leaflets. It wheeled round several times, then whirred its way up and down the foothills, vanished westwards still trailing its white cloud, and then turned back towards Herakleion. ‘To all Cretans’, the text went in smudged type, still damp from the press.

Last night the German General Kreipe was abducted by bandits. He is now being concealed in the Cretan mountains, and his whereabouts cannot be unknown to the inhabitants. If the General is not returned within three days, all rebel villages in the Herakleion district will be razed to the ground, and the severest reprisals will be exacted on the civilian population.

The room was convulsed by incredulity, then excitement, and finally by an excess of triumphant hilarity. We could hear running feet in the streets, and shouts, and laughter. ‘Just think, they’ve stolen their General!’ ‘The horn-wearers won’t dare to look us in the eyes!’ ‘They came here for wool and we’ll send them away shorn!’ How had it happened? Where? Who had done it?

The priest, who was in the know, and our god-brother George, Strati and I, lowered our eyes innocently. I told them it was the work of an Anglo-Cretan commando, mostly Cretan; ‘And you’ll see! Those three days will go by, and there won’t be any villages burnt, or even shooting!

I hoped this was true. I seemed to be the only one in the room undisturbed by the German threat, and I prayed that urgency would lend wings to the messengers’ heels, and scatter our counter leaflets, and the BBC news of the General’s departure from the island.

Had the Germans found the car yet, and followed our paper chase of clues down to the submarine beach?

Moedswillige Vyandigheid

Posted on September 07, 2017 by Cape Rebel

Uit Abducting A General
deur Patrick Leigh Fermor

Anoyeia, die grootste dorp in Kreta, was te verafgeleë en afgesonderd om as ’n permanente garnisoen te kon dien. Hoog teen die noordelike hange van die Ida-berg, is dit die belangrikste vastrapplek om die groot reeks oor te steek. Beroemd vir sy onafhanklike gees, sy eienaardige kleredrag en spreekwyse, en sy hewige plaaslike trots, was dit altyd ’n onfeilbare wegkruipplek.

Die vorige jaar het ek en Ralph Stockbridge die dogter van Stephanogiannes Dramountanes gedoop. Hy was ’n dapper en swierige man en plaaslike leier. Ná die Duitsers die dorp omring het, is ons peetbroer doodgeskiet terwyl hy met vasgebinde hande oor ’n muur gespring het om te probeer ontsnap. Maar ek het geweet dat ons van ander peetfamilie en vriende al die rugsteun sou vind wat ons kon benodig – meer as genoeg.

Maar dáárvan was daar geen teken nie, toe ons oor die kronkelende straatklippe wat deur die daglumier verlig was, opgestap het. Ek het nog steeds die Duitse uniform gedra. Vir die eerste keer het ek besef hoe ’n afgesonderde Duitse soldaat in ’n Kretense dorp behandel is. By die wasbalies het die gelag en gepratery weggesterf – die vrouens het die rug op ons gedraai en hulle wasgoed met lawaaierige geweld gemoker. Veewagters in jasse het ons groete beantwoord deur net in stilte verby ons te staar, en om ons dan aan te kyk tot ons nie meer sigbaar was nie. ’n Ou vrou het op die grond gespoeg. Boosgesinde oumense met wit snorre en hangbaarde, skoongeskeer onder die ken, het almal buite die koffiewinkel gesit – sakkerige broeke, opgerygde stewels en mans met kopdoeke het op hulle knoetserige stokke geleun. (Ek het ’n paar van hulle geken, maar die Duitse Waffenrock – dit wil sê, uniform – en die gebrek aan ’n snor, was ’n ondeurdringbare vermomming.) Vir ’n oomblik het hulle opgehou praat en toe heel hard daarmee aangegaan, en ’n punt daarvan gemaak om hulle stoele toe só te verskuif dat hulle rûe of hulle elmboë hulle moedswillige vyandigheid verwoord het. Langs die lanings is deure en vensters hard toegeklap. Ná ’n rukkie kon ons die geweeklaag van vrouestemme in die heuwels hoor: “Die swart beeste het in die koring verdwaal!” en “Ons skoonfamilie het opgedaag!” – reg oor die eiland was dit die waarskuwingsein vir die vyand se aankoms. Ons was verheug om by ’n agterstraatjie en die vriendelike beskutting van Vader Manoli se huis in te dompel. Maar Vader Chairetis, een van die diensdoenende priesters en ’n goeie vriend, was uithuisig. Die gawe ou priesteres het heel ontsteld met die gang af weggeloop, en geweier om my te herken. Dit was verbasend wat ’n vreemde uniform en die verwydering van ’n snor (of die baarde wat ons almal op een of ander tyd gekweek het) kon doen. “Dis ek, Pappadia, Mihali!” “Wat Mihali? Ek ken geen Mihali nie?” Volslae dooie punt.

Deur ’n buurman gewaarsku, het die priester daar opgedaag, en uiteindelik so tussen stomme verbasing en ’n gelag, het alles toe goed afgeloop. Daar is aan die dorp vertel dat ons skadelose rondlopers was en dat ons weer die pad gevat het. Ons het ontslae geraak van die kledingstukke wat ons verklap het. My peetbroer, George Dramountanes, het gou opgedaag, en ander vriende en helpers het onopvallend daar aangekom. Baie gou is ’n boodskapper gevind wat die nuus aan Sandy, wat teen daardie tyd ’n honderd myl suid-oos in die berge bokant Males en Ierapetra was, kon oordra – en nog een aan Tom Dunbabin, later meer oor hom, aan die anderkant van die Ida-berg. Raki en heuningbier is van onder die groot gewelf van die huis te voorskyn gehaal, en die priesteres, wat op die kruisbalkie van haar weefstoel gesit en ’n hoender gepluk het dat die vere gewaai het, het toe ewe skalks geglimlag. (Tot sover het nog niemand van die kaping gehoor nie. Wat was in Knossos, Archanes, Herakleion aan die gebeure? Het hulle die kar met die brief ontdek? Hoe het dit met die ander gevaar?)

Dank die hemel vir Strati se polisie-uniform. Hy het gou daar aangekom. Sy opklouter was moeisaam – die generaal se been het met die worsteling by die kar ’n knou gekry – maar veilig. Hulle het nou ’n myl of twee daarvandaan in ’n kloof skuiling gevind. Hy en Manoli het by ’n familie twee gretige vlugvoetige veewagterseuns gekry. Deur hulle vaders tot spoed en geheimhouding aangemoedig, het hulle vinnig suid- en ooswaarts met Billy se boodskappe beweeg – die bestemming was dieselfde as myne – meer as een pyl in die koker. (Dit was wyse maatreëls vir hierdie stormagtige dae wat ons te wagte was.) ’n Mandjie vol kos en drinkgoed is stilletjies versend, en ek sou na donker met ’n gids en ’n muil vir die generaal, by hulle aansluit.

Laat die middag het die geluid van ’n vliegtuig wat laag oor die dakke gevlieg het, ons almal laat opspring. Ons het met die leer op na die plat dak toe, gehardloop waar ons ’n enkelvlerk Fieseler Storch verkenningsvliegtuig gesien het wat bokant die dakke gesirkel en pamflette egalig laat neerreën het. Dit het ’n hele paar keer in die rondte gevlieg en toe op en af langs die voorheuwels gedruis en weswaarts verdwyn terwyl sy wit wolk hom steeds agtervolg het. Toe het hy teruggedraai Herakleion toe. “Aan alle Kretensers”, het die inhoud in besmeerde drukletters gelui, want dit was nog klam uit die drukpers.

Gisteraand is die Duitse generaal Kreipe deur struikrowers ontvoer. Op die oomblik word hy in die Kretaanse berge versteek, en waar hy hom nou bevind, kan nie aan die inwoners onbekend wees nie. As die generaal nie binne drie dae terugbesorg word nie, sal al die rebelledorpe in die distrik van Herakleion tot op die grond gelyk gemaak word, en die hewigste wraakmaatreëls sal op die burgerlike gemeenskap afgedwing word.

Die ongeloof het die kamer in beroering gebring, toe opwinding, en uiteindelik was daar buitensporige, triomfantelike uitgelatenheid. Buite in die strate kon ons voete hoor hardloop, en ’n geskree en ’n gelag. “Dink daaraan: hulle het hulle generaal gesteel!” “Die horingdraers sal dit nie waag om ons weer in die oë te kyk nie!”  “Hulle het vir wol hiernatoe gekom, en ons het hulle skoongeskeer teruggestuur!” Hoe het dit gebeur? Waar? Wie het dit gedoen?

Die priester wat geweet het wat aangegaan het, en so ook ons peetbroer, en ek en Strati, het ons oë heel onskuldig laat sak. Ek het hulle vertel dat dit die werk van ’n Anglo-Kretenese-kommando was – meestal Kretensers. “En julle sal sien! Daardie drie dae sal verbygaan en geen dorpies sal afgebrand word nie, en ook sal daar nie geskiet word nie!

Ek het gehoop dat dit die waarheid sou wees. Dit het gelyk of ek die enigste een in die kamer was wat nie deur die dreigement ontsteld was nie, en ek het gebid dat dringendheid vlerke aan die boodskappers se enkels sou verleen, en dat ons teenpamflette en die BBC-nuusdiens die generaal se vertrek van die eiland af, sou versprei.

Het die Duitsers al die kar gevind, en ons papierleidrade af na die duikbootstrand toe gevolg?

« Previous 1 14 15 16 17 18 61 Next »