Stories

Die Gebreklike Held – Kaapse Rebel Par Excellence

Posted on July 03, 2014 by Cape Rebel

deur Hennie Jansen

 

Generaal Jan Smuts en sy kommando het in die winter van 1901, gedurende die Anglo-Boereoorlog, in die omgewing van Zastron die Oranjerivier oorgesteek en die Kaapkolonie binnegeval. Hulle het geglo dit sal die vyand se magte verdeel en die druk op die twee republieke verlig deur hulle guerrilla taktiek ook in die Kolonie toe te pas. Die Britse magte was bewus van hulle bewegings en het hul bes probeer om die Boere se planne in die wiele te ry.

Ongeveer die 11de September is die kommando van omtrent tweehonderd en vyftig man en vyfhonderd perde deur ’n Engelse kolonne teen ’n bergpas in die Stormberge opgedwing. Bo-op die kruin was daar egter nie ’n wegkom-roete nie. Die plato is afgesluit deur kranse wat skielik weggeval het tot by die vlaktes wat onderaan die voet van die berg begin. Toe van die berede soldate ook op die kruin begin aankom, het die burgers besef hulle is op die berg vasgekeer, want die Britte was ook in beheer van die ander passe. Teen laat in die middag was die Boere so te sê omsingel deur soldate en kranse. Die kommando het intussen geringe skuiling gevind in ’n leegte by ’n klein plaasopstal met ’n kraal. 

Die Kakies het geglo dat hulle die Boere in ’n hoek gedryf het. Hulle het blykbaar toe besluit om tot die volgende oggend te wag vir die kommando om oor te gee. 

Deneys Reitz in sy Kommando – Van Perde en Manne, vertel wat hierna gebeur het: 

“Generaal Smuts en sy twee luitenante het voor die huis in ’n fluistergesprek verkeer, terwyl ons op ons gewere geleun het, te moeg om om te gee oor wat sou gebeur. En toe kom daar ’n kreupel man met ’n boggelrug by die huis uit. Hy het gesê dat hy ons deur die troepe tot by die rand van die plato kon neem. Dis al langs ’n paadjie waarop ons heel moontlik nie gesien sou word nie, want dit was deur vleigrond. Sy aanbod is gretig aanvaar en bevele is gegee om dadelik ons perde te kry. Ses of sewe manskappe is gedurende die dag gewond en twee so swaar dat hulle agtergelaat moes word, maar die ander het verkies om saam met ons te gaan. Binne ’n paar minute het ons geruisloos die donkerte ingestap met die gebreklike man ongemaklik op ’n perd voor ons. Hy het ons vir ’n myl of twee met ’n modderpaadjie so naby die troepe wat ons omsingel het, verbygeneem dat ons hulle stemme en die geluide van die perde kon hoor. Maar aan die einde van ’n senutergende uur het hy ons onopgemerk tot aan die rand van die eskarpement gebring. Van daar af het die berghelling afgedaal tot in die donker dieptes daar onder. Hy het van die perd af geval-klim en die nag op sy krukke ingestrompel met ons innige dankbetuigings om saam met hom te neem. Hy het sy lewe vir ons gewaag.”

Die afgrond was seker die naaste aan vertikaal wat enige berede mag gedurende die oorlog aangedurf het. Hulle het al glyende na benede gestort, holderstebolder en stampende teen alles en almal op pad ondertoe. Die Britte het nooit kon dink dat die Boere gek genoeg gaan wees om met hulle perde teen ’n krans af te val-ry-loop nie, maar hulle was onbewus daarvan dat dié gedeelte van die helling bedek was met ’n dik grasmat sonder rotse, en die burgers en die perde het onder aangeland sonder enige ernstige ongevalle.

Posted in Afrikaans

'n Klop in die Nag

Posted on June 26, 2014 by Cape Rebel

Uit Kommando – Van Perde En Manne 
deur Deneys Reitz

 

Na omtrent ’n uur het ek die geluid van ’n gesang en ’n huisorrel gehoor. Dit was die soort geluid wat in omtrent elke Boere plaashuis gevind kon word. Ek het geweet ek was naby vriende. Toe ek aan die deur geklop het, was daar eers ’n doodse stilte. In daardie onrustige tye het ’n klop laat in die nag beteken daar was ’n militêre ondersoek aan die gang, maar toe het ek voetegeskuifel gehoor en die deur is oopgemaak. 

Die hele familie het van binne af angstig toegekyk. Toe ek hulle vertel het wie ek was, het hulle my so te sê die huis ingesleep, so gretig was hulle om te help. Ek moes seker sò verwaaid gelyk het, want die vrouens het uit jammerte selfs ’n traan gestort  terwyl die skoen van my seer voet afgehaal is. En ook toe hulle gedurende die meer pynlike proses om ’n doring, amper ’n duim lank, wat in my handpalm gesteek het toe ek daardie middag van die perd afgegooi was, uitgetrek het. Hulle het warm water gaan haal en skoon lakens opgeskeur vir verbande. Ek het ’n bord kos en koffie gekry, en die wonderlike mense het selfs gestry oor wie my gaan bedien. So gretig was hulle om hulle meegevoel te betuig, alhoewel hulle geweet het dat dit boetes en tronkstraf kon beteken. Nadat hulle na my omgesien het, het hulle verder beraadslaag. Almal het saamgestem dat ek nie daar kon bly nie, want selfs as die voortdurende patrollies my nie sou uitsnuffel nie, sou van die gekleurde werkers my teenwoordigheid wel rapporteer, aangesien hulle almal in die Kaap aan die Britte se kant was. Ek het hulle verseker dat ek met gemak kon loop, en dit is toe besluit ek moes aanhou om weswaarts te beweeg met die hoop dat ek generaal Smuts sou raakloop. ... Ek het gereedgemaak om te vertrek en het net gewag vir my stewel om reggemaak te word.

Die hoof van die familie, ’n patriarg van sewentig, het daarop aangedring om op die eerste deel van my reis my gids te wees. Sy seuns het aangebied om dit te doen, maar hy het hulle aanbod van die hand gewys. ’n Streepsak is vol kos gepak en na ’n roerende afskeid het ek en die ou oom vertrek. Vir ure aanmekaar het ons aangestap totdat ek kon sien dat sy kragte hom in die steek begin laat het. Ek wou nie hê hy moes verder stap nie, en met ’n bewoë stem het hy my die Here se bystand toegewens. ... 

Ten einde laaste, toe die dag al gebreek het, het ek die sagte gerunnik van ’n perd gehoor. Ek het versigtig vorentoe beweeg en die sewe manne  vas aan die slaap onder die bome gevind. Hulle was uiters verbaas om my te sien, want hulle het gedink dat ek òf dood òf gevang was.

Posted in Afrikaans

A Late Night Visit

Posted on June 26, 2014 by Cape Rebel

From Commando – Of Horses and Men 
by Deneys Reitz


After about an hour, I heard the sound of a hymn and the wheeze of a harmonium, such as stands in almost every Dutch farmhouse, and knew that I was nearing friends. When I knocked at the door, there was a hush at first, for in these disturbed times a visit late at night meant military requisition, but then I heard a shuffle of feet and the door opened.

A whole family was peering from within. When I told them who I was, they almost dragged me into the house, so eager were they to help. I must have looked very dishevelled, for the women wept with pity while removing the boot from my sore foot, and during the more painful process of extracting a thorn, nearly an inch long, that had run into the palm of my hand when I was thrown from my horse that afternoon. They fetched hot water and tore up clean linen for bandages; a meal was laid, with coffee, and the kindly people almost quarrelled for the right to serve me, so keen was their sympathy, although they knew that it might mean for them fines and imprisonment. Having attended to my wants, they took further counsel. It was agreed that I could not remain here, for even if the continuous patrols did not ferret me out, my presence was certain to be reported by the coloured farm labourers, who all over the Cape sided with the British. As I assured them that I was well able to walk, it was decided that I must continue westward on the off chance of coming up with General Smuts ... I made ready to start as soon as my boot had been sufficiently repaired.

The head of the family, a patriarch of seventy, insisted on acting as my guide during the first stage of the journey, and firmly refused to waive the right in favour of his sons, who offered themselves. A grain-bag was packed with food and, after an affecting leave-taking, the old man and I set out. We trudged along, hour after hour, until his strength gave out and I made him turn back, his voice shaking with emotion as he wished me God-speed. ...

 At last, as day was breaking, I heard the whicker of a horse and, going forward carefully, found all seven men asleep beneath the trees. They were astonished to see me, as they had been certain that I was either dead or taken.

Posted in English

The 1914 Rebellion and the Helpmekaar Rag Doll

Posted on June 19, 2014 by Cape Rebel

by Marthinus van Bart


This year marks the centenary of an event that shook South Africa to its foundations. The 1914 rebellion – an armed uprising involving more than 12 000 Afrikaners – erupted at the end of October 1914 as an understandable outpouring of opposition to South Africa’s participation in the Great War on the side of Britain, which had been a bitter enemy of the Boer Republics a mere 12 years before. By Christmas 1914 the rebellion had been crushed, but not without considerable violence, bloodshed and loss of life. Leading former Anglo-Boer War generals, such as Christiaan de Wet, Koos de la Rey, Manie Maritz, Kemp and Beyers were involved. De la Rey and Beyers were shot dead; others landed in jail and were fined; and yet others, such as Maritz, fled the country. 

Not only were thousands of rebels fined, they had to pay enormous ‘war-debts’ as a result of damage to property and the commandeering of supplies. Most of the rebels were poor and could not afford to pay, and many faced court action to recover what was owed, with the auction of their houses and belongings dangling over their heads like a sword. Fate intervened, however, in the form of an auction of a very different kind. This auction did not take place at the instance of any judgment creditor; quite the opposite, it was a spontaneous, communal attempt by Afrikaners to help each other – a helpmekaar to save many former rebels from financial ruin. 

On Wednesday, 4 August 1915, some 6 000 Afrikaner women marched to the Union Buildings in Pretoria to deliver a petition, signed by 65 000 women across the country, to the Governor-General, Lord Buxton. They marched arm-in-arm, in lines of six, with men on either side to prevent intimidation or molestation, and they demanded the release of rebel officers and the reduction of fines and damages claims. The leader of the protest was Mrs Hendrienna Joubert, widow of Commandant-General Piet Joubert, head of the former Transvaal Republic army under President Paul Kruger at the beginning of the Anglo-Boer War (1899-1902). 

Lord Buxton did not wish to react to the petition without consulting the Prime Minister, General Louis Botha, and the Minister of Justice and War, General Jan Smuts, so the women gave him a day within which to respond.

Next morning the women were addressed by their leaders, in order to keep their spirits strong, and the Helpmekaar Fund, which had been initiated at Reitz in the Free State a short while before, was promoted as a means whereby Afrikaners could help each other financially so that the fines and the damages could be paid.

It was then that the eighty-five-year-old Mrs Joubert, who had lived through the Great Trek as a child, the First Boer War of 1880-1881 as the young wife of General Joubert, and the Anglo-Boer War of 1899-1902 as the mature companion of the Commandant-General, rose to address the gathering. She donated a Voortrekker Rag Doll, clad in typical Voortrekker dress, to be auctioned for the benefit of the Helpmekaar Fund. The highest bid – six pounds and 5 shillings, an enormous sum in those days of poverty and struggle – came from Mrs G W van Heerden, of the farm Beestekraal in Victoria-West.

No response was forthcoming from Lord Buxton, and on top of this Botha and Smuts were angry that these women, who had neither the vote nor any legal standing in the community, had dared to make demands of the government. (The vote was first granted to white women in 1930 by the government of General J M B Hertzog.)

The Helpmekaar Fund became so successful that not only was all the rebel debt fully paid, but the Helpmekaar Study Fund was established for Afrikaner youth, to enable them to further their studies. Professor Christiaan Barnard, the famous heart surgeon, was one of these Helpmekaar students.

Posted in English

Die Rebelle van 1914 en die Voortrekker-lappop

Posted on June 19, 2014 by Cape Rebel

deur Marthinus van Bart

 

In Oktober is dit ’n eeu gelede dat ’n rebellie teen die destydse Suid-Afrikaanse regering uitgebreek het wat die land tot in sy fondamente geskud het. Die gewapende opstand deur meer as 12 000 Afrikaners het einde Oktober 1914 uitgebreek. Teen die Kersfees was dit met groot geweld en lewensverlies onderdruk. Vooraanstaande oud-Boereleiers was betrokke, soos generaals C.R. de Wet, Koos de la Rey, Manie Maritz, J.C.G. Kemp en C.F. Beyers. De la Rey en Beyers is doodgeskiet, terwyl van die ander in die tronk beland het en swaar beboet is. Ander, soos Maritz, het land-uit gevlug.

Duisende rebelle is beboet en boonop moes hulle ’n enorme oorlogskuld weens skade en die opkommandering van voorraad en eiendom delg. Die meeste rebelle was arm, kon nie betaal nie, en eissake het in die howe gevolg. Veilings van huise, huisraad en ander eiendom het landwyd soos ’n swaard oor hul kop gehang.

 Een veiling wat op die dieretuin-terrein van Pretoria gehou is, het egter nie regstreeks met die skuldeisers te doen gehad nie, maar wel met ’n spontane, kragtige helpmekaar om duisende van ondergang te red.

Op Woensdag 4 Augustus 1915 het 6 000 Afrikanervroue na Pretoria opgeruk om ’n petisie, onderteken deur 65 000 vroue vanoor die hele land, aan die goewerneur-generaal, lord Sidney Charles Buxton, by die Uniegebou te oorhandig. Daarin is die vrylating van die rebelle-offisiere en die vermindering van die boetes en eise geëis. Aan die spits van die optog was mev. Hendriena Joubert (85), weduwee van kommandant-generaal Piet Joubert, weermagshoof van die gewese Zuid-Afrikaansche Republiek van president Paul Kruger. Die vroue het in rye van ses by mekaar ingehaak die hoofstraat afgestap, met mans aan die flanke om intimideerders en molesteerders weg te hou. 

Buxton wou nie op die petisie reageer alvorens hy met die eerste minister, generaal Louis Botha, en die minister van justisie en oorlog, generaal Jan Smuts, gekonsulteer het nie. Die vroue het hom ’n dag tyd gegee om te antwoord. 

Die volgende oggend is die vroue by die Dieretuin deur leiers toegespreek om die gemoedere hoog te hou. Die Helpmekaar-fonds, wat kort tevore op Reitz in die Vrystaat gestig is sodat die Afrikaners mekaar geldelik kon bystaan om die boetes en oorlogskuld te betaal, is druk bespreek. Dit is toe dat mev. Joubert, wat die Groot-Trek as kind, die Eerste Vryheidsoorlog van 1980-1881 as jong eggenote van die generaal,  en die Anglo-Boereoorlog van 1899-1902 as bejaarde meegemaak het, die vroue toespreek en ’n Voortrekker-lappop, geklee in die tipiese Voortrekker-kleredrag, ten bate van die Helpmekaar-fonds laat opveil. Die hoogste bod is ingesit deur ’n boerevrou van Victoria-Wes, mev. G.W. van Heerden van die plaas Beestekraal. Sy het 6 pond 5 sjielings aangebied, ’n aardige bedrag vir daardie tye van groot armoede en swaarkry. 

Lord Buxton het die volgende dag geen antwoord vir die vroue gehad nie. Boonop was Botha en Smuts woedend dat hierdie vroue, wat geen stemreg of regstatus in die gemeenskap gehad het nie, dit durf waag het om eise aan die regering te stel. (Stemreg is eers in 1930 deur die toedoen van generaal J.B.M. Hertzog deur wetgewing aan wit vroue toegeken.) 

Die Helpmekaar-fonds was daarna so suksesvol, dat nie net al die skuld betaal kon word nie, maar dat ’n Helpmekaar Studiefonds gestig kon word om Afrikaanse studente geldelik te help om geleerd te kom. Professor Christiaan Barnard, die beroemde hartsjirurg, was een van dié Helpmekaar-studente.

Posted in Afrikaans

Afrikaanse Sosaties

Posted on June 12, 2014 by Cape Rebel

Uit Polfyntjies vir die Proe 
deur Dr. C. Louis Leipoldt

 

 Daar is miskien geen enkele ander gereg wat as meer eg-Afrikaans beskou kan word as sosaties nie. En tog is dit hoegenaamd nie enig aan Suid-Afrika nie, maar ’n gereg wat onder verskillende name alom in die wêreld bekend is. In Rusland kry ’n mens bv. stukkies kalfs-, varkvleis, uie of ingelegde komkommer langs mekaar in ’n stokkie geryg en op die rooster gebraai. Die stukkies vleis word eers in suurmelk gelê, daarna in peper en sout gerol, met ’n huisie knoffel gevryf en dan gebraai. Die smaak is natuurlik glad nie soos dié van sosaties nie, maar die manier van doen daarmee is min or meer dieselfde. In die suide van Frankryk in daardie pragtige Adoerdal waarvandaan ons sommige van ons geregte gekry het, vind ’n mens ’n ander soort sosatie. Die vleis word eers gemaal, dan deurspek en in dermpies gestop. Hierdie worsies word dan in ’n pekel gelê, daarna in ’n houtpennetjie aan mekaar geryg en onder die as of ook op ’n rooster gebraai.

Tant Alie sê: “Dis glad nie sosaties nie; dit is sommer een van die soorte Franse gemors wat ’n mens in hul restaurants kry.” Sy weet daarvan, want toe sy nog jonk genoeg was om met haar manlike tydgenote op te sit, het sy Parys besoek. Volgens haar was dit destyds ’n snaakse Parys, sekerlik nie soos dit vandag is of in my tyd was nie. Ek het ten minste nooit ’n gemors daar geëet nie, hoewel ek saamstem dat ek nooit egte sosaties daar teengekom het nie.

“Nee,” sê tant Alie, “om die waarheid te sê, kind, kry ’n mens nou nie meer sosaties soos oorlede ouma Liesbet gemaak het nie. Dit was vir jou sosaties, hoor!”

Sy het my omslagtig vertel watter soort sosaties dit was. En aangesien ek erken dat ouma Liesbet – ek het haar nooit geken nie, want toe ek gebore is, het sy die aardse vir die hemelse verwissel, en al wat oorgebly het, was die herinnering aan haar ongeëwenaarde kookkuns, veral wat betref die maak van pannas, sult, en Spaansriet-karmenaadjies, waaroor ek miskien later iets sal vertel – dat ouma Liesbet dus buitengewoon ortodoks en volgens reël haar sosaties gemaak het, kan ek niks beter doen as om die leser te vertel hoe sy dit geprakseer het nie. …

13 Junie 1945


Posted in Afrikaans

Afrikaans Sosaties

Posted on June 12, 2014 by Cape Rebel

From Leipoldt’s Food & Wine
by C Louis Leipoldt



There is probably no other dish that can be regarded as more genuinely Afrikaans than 

sosaties. Yet it is by no means unique to South Africa, and it is, broadly speaking, known in many different countries around the world. In Russia, for instance, you’ll find pieces of veal, pork, and onions, or preserved cucumber, skewered together on a stick, and roasted on the grill. The pieces of meat are first soaked in sour milk, then rolled in salt and pepper, rubbed with a clove of garlic, and roasted. The taste, of course, is not like that of sosaties, but the method of preparing them is more or less the same. And in the south of France, in that beautiful Ardour valley where some of our best dishes hail from, you’ll find another kind of sosatie. There the meat is first ground, mixed with bacon, and stuffed into a little gut. The resulting sausages are then pickled, after which they are strung up on wooden pegs and roasted under the ash, or on a grill.

 

Tant Alie says: ‘Those aren’t sosaties – they’re just some of that French rubbish you get in their restaurants.’ She knows all about it because when she was still young enough to go a-courting, she paid a visit to Paris. According to her, it was then a very strange place, certainly not what it is today – or was in my day. I managed to avoid the misfortune of eating any rubbish in Paris, although I must agree that I never encountered any genuine sosaties there.

Nee,’ says Tant Alie, ‘the truth, my child… the truth is that you no longer get sosaties like Ouma Liesbet made them. Now those were real sosaties.’

She went on to explain at great length exactly what kind of sosaties they were. I must say Ouma Liesbet – I never knew her, for by the time I was born she had exchanged her earthly for a heavenly existence, and what remained was the lingering talk of her unrivalled cooking, especially when it came to making pannas, brawn and Spanish-reed chops, about which I may have something to say at a later stage – Ouma Liesbet was exceptionally orthodox and strict about following the rules for making sosaties. I can do no better than tell you how she went about it. …

13 June 1945

 

Posted in English