In elk geval, só, daar gaan ’n heining daar opgerig word, nou, al langs die grens van die Marico, deur die bos. Doringdraad. ’n Metaaldraad gespan langs die grens. En dit spruit plek plek – soos dit ’n bosveldranker betaam – dorings.
“Nou ’n heining …” het Chris Welman gesê. “Wanneer ek aan ’n heining dink, onthou ek ook ’n gawe buurman wat aan die anderkant staan, en wat sy kop op ’n soort van broederliefderike wyse skud met die sien van wat aan my kant van die heining aan die gang is. En die hele tyd is ek omtrént briesend oor die raad wat hy my gee, hoe om dit beter te doen.
“Soos toe ek op ’n slag my nuwe huis gebou het, wat bedoel was om beskutting aan my vrou en kinders te voorsien. En ’n buurman het gekom, en aan die anderkant van die heining gaan staan, en sy kop op ’n goedhartige manier geskud oor die songedroogte bakstene. Turfklei vir songedroogte bakstene was nie goed nie, het hy vir my gesê, omdat die mure met so ’n soort stal met die eerste reëns ineen sou stort. En ek het nie die geesteskrag gehad om hom die waarheid te vertel nie. Ek bedoel, ek was te skaam om hom te laat weet dat daardie bakstene inderdaad vir my huis bestemd was.
“Toe het ek maar liewer nog ’n stal, wat ek nie nodig gehad het nie, gebou. En dit was slegs lank daarna – toe ’n groot stuk modder, wat hy aan die buitekant opgesmeer het, verkrummel het – dat ek uitgevind het dat my buurman se eie huis, waaroor hy altyd in sulke deftige taal van gepraat het … dat ek agtergekom het dat my buurman se eie huis met niks anders nie, as songedroogte turfkleibakstene, gebou is.”
Ja, het Jurie Steyn gesê, of wanneer jy besig was om ’n prieel op te sit, vir ’n wingerd om oor te rank.
“En dan kom jou buurman daar aan en sê, nee wat man, so ’n wankelrige prieel – dit sal nooit ’n wingerd kan dra nie,” het Jurie Steyn voortgegaan. “En dan sê jy, wel, dis nie vir druiwe bedoel nie, sien jy? Jy is nie so onnosel nie, sê jy. Jy is maar net besig om ’n tralie vir jou vrou te maak. Sy wil ’n ranker met daardie veeragtige soort van blare daaraan, daar laat groei, sê jy.
“En dan sê jou buurman, wel, hy hoop die vere is nie baie swaar nie, want dit sal nie veel gewig vat om die hele ding inmekaar te laat stort nie. Teen daardie tyd voel jy omtrent soos ’n bruin kalander wat kruip oor een van die sylootjies van die wingerd wat jy van plan was om daar te plant. En dis ’n snaakse ding, maar in plaas daarvan, die blou blomme van die ranker wat jy daar gaan plant, staan jou regtig nie aan nie.”
Dit was opvallend, het ons gesê, hoe jy soms ’n stal te siene kry wat heeltemal te goed lyk vir ’n ordinêre bosveldplaas, met vierkante en driehoeke wat in die pleister bokant die deur van die stal gesny is. En met ’n stoep wat, as jy nie geweet het dit was ’n stal nie, wel, jy kon amper mense wat daarop koffie gesit en drink het, sien. En spinnekopagtige drade van rankers wat delikaat, maar ietwat uit plek uit lyk, en wat om soliede steiers met geteerde stutpale groei. En dit lyk asof die plaasboer die pergola so stewig gebou het, sodat die blekerige spinnekopagtige blomme nie sommer net sou wegswewe nie.
En dit kon alles so wees oor die raad van ’n buurman wat op ’n slag aan die anderkant van die draad gestaan het, ewe goedhartig, maar met sy oë op skrefies. Amper asof hy nie kon glo wat hy gesien het nie. En sy een hand het gemaklik op die draad gerus, asof hy enige oomblik reg bo-oor kon spring, en dit waarmee jy besig was, sommer uit jou hande kon neem, en jou wys hoe dit reg gedoen moes word. Sy ander hand sou hy op sy voorkop hou sodat hy beter kon sien. En hy sou sy kop skud, op ’n vriendelike manier, tussen sy aanbevelings.
Dit was wat ’n heining vir ons beteken het, het ons gesê. Jong Vermaak, die skoolmeester, het toe ’n opmerking gemaak.
Dit was die eerste kans, tot dan toe, wat hy gekry het om te praat.
So ver soos wat hy kon sien, het die skoolmeester gesê, sou die uitwerking daarvan – die oprigting van ’n heining tussen die Unie en die Betsjoeanalandse Protektoraat – wees dat dit die Unie en die Protektoraat regte bure sou maak.
Next →
← Previous