Polfynties vir die Proe

Kos en taal kan beskou word as belangrike aspekte van enige volk se kultuur en geskiedenis. Die waarheid van hierdie stelling is duidelik in die geval van C Louis Leipodlt: Nie net was hy 'n digter en kenner van die kookkuns nie, maar ook 'n uitmuntende, traak-my-nie-agtige, anekdotiese, prikkelende kroniekskrywer van die Ou Kaapse kultuur en die destydse Afrikaanse leefwyse. Die vyf-en-vyftig rubrieke wat Polfyntjies vir die Proe uitmaak, is van 1942 tot 1947 onder die skuilnaam K A R Bonadie geskryf, en het in Die Huisgenoot onder die opskrif Kelder en Kombuis verskyn. Leipoldt is sowat drie weke na die verskyning van die laaste rubriek op die ouderdom van 66 jaar oorlede. Die formaat van 'n gereelde tydskrifrubriek het moontlik daartoe bygedra dat Leipoldt sy wye kennis van onder meer kos en wyn op 'n intieme, nonchalante gesprekstoon met sy lesers kon deel.

ISBN 9780620324366



Pin It Fancy

Next

Previous